• Tuisblad
  • Politiek
  • Kantoor van eerste dame kry hulp van FLAC om weerloses te help
Kantoor van eerste dame kry hulp van FLAC om weerloses te help
Kantoor van eerste dame kry hulp van FLAC om weerloses te help

Kantoor van eerste dame kry hulp van FLAC om weerloses te help

Daadwerklike pogings word deur die kantoor van die eerste dame aangewend om maatskaplike euwels in die land die hoof te bied en oplossings daarvoor te vind.
Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn

Die tyd het aangebreek dat Namibië erken dat die land ‘n post-konflik gemeenskap het, wat aanleiding tot vele maatskaplike euwels soos geslagsgegronde geweld gee.

So sê die gade van die president, me. Monica Geingos, wat gister die lede van die eerste dame se raadgewende komitee (Flac) bekend gestel het. Die komitee sal haar kantoor bystaan om kwessies soos geslagsgegronde geweld (GBV) en MIV/vigs te bekamp en te verseker dat die werk wat hulle doen relevant bly en nie net Windhoek teiken nie, maar al die streke van die land.

Van die lede van die komitee is die voormalige eerste dame, me. Penehupifu Pohamba, adv. Bience Gawanas, me. Vicky ya Toivo, pastoor Willem Hanse en me. Bernadette Harases.

By ‘n geleentheid by Staatshuis het Geingos gesê GBV raak byna elke huishouding in die land en dat dit noodsaaklik is om die strukturele redes vir die voorkoms hiervan vas te stel.

Sy wys daarop dat te veel Namibiërs deur die psigo-maatskaplike veiligheidsnet val en sê die land moet dit in sy ontwikkelingsplanne in ag neem.

Sy het ook vertel van haar kantoor se werk met die direktoraat korrektiewe dienste en kontak wat met oortreders gemaak is om vas te stel waar dinge in hul lewens skeef geloop het. ‘n Samewerkingsooreenkoms tussen die direktoraat en die kantoor van die eerste dame is ook by die geleentheid onderteken.

Geingos se span was die afgelope naweek by Club London in Windhoek, waar hulle berading gedoen en aktiewe interaksie met jongmense gehad het om hulle op die gevare van drank- en dwelmmisbruik en die euwels wat daaruit kan voortvloei soos “date rape” en ander onbeheerste gedrag, gewys het. ‘n Tent waar sielkundige beraders byderhand was om bystand aan getraumatiseerde jeugdiges te verleen, was naby die klub opgeslaan.

‘n Jong jeugmisdadiger wat maar in graad 9 was toe hy deel van ‘n groep was wat ‘n meisie verkrag het, en nou gevangenisstraf uitdien, het klubgangers toegespreek oor hoe hy op die verkeerde paaie beland het en wat die gevolge van sy dade was.

“Ons het baie pyn en seerkry in ons samelewing. Namibië besef nie dat ons ‘n post-konflik samelewing is nie, maar ons is inderdaad,” het Geingos gesê.

Sy het ook op die belangrikheid daarvan gewys dat kinders openlik met hulle ouers moet kan praat oor wat hulle op die hart het en dat ouers moet luister en volwasse raad moet gee. “Dit help nie ‘n 16-jarige vra ‘n ander 16-jarige vir raad nie,” het sy gesê.

Die kantoor van die eerste dame werk nou saam met verskeie instansies waaronder die regshulpsentrum, nieregeringsinstansies en instellings van die Verenigde Nasies soos onder meer Unicef en UNAids ten einde ‘n geslag vry van MIV/vigs te verseker.

“Ons wil dit verder neem tot ‘n ‘wees vry’ beweging: nie net vry van MIV/vigs nie, maar vry om veilig te kom en te gaan soos ‘n mens wil, vry van portuurgroepdruk, vry van mishandeling en teistering en vry van alles wat mense weerloos maak,” het Geingos verduidelik.

Die kantoor van die eerste dame werk ook nou saam met die ministeries van veiligheid en sekuriteit; onderwys, kuns en kultuur; geslagsgelykheid en kinderwelsyn en gesondheid en maatskaplike dienste om hierdie sosiale probleme die hoof te bied.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.99 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.13 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 208.86/OZ UP +0.83% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0028 | Zinc US$ 2 445.40/T DOWN -0.45% | Brent Crude Oil US$ 87.07/BBP UP +0.79% | Platinum US$ 896.85/OZ UP +0.22% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.99 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.13 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 208.86/OZ UP +0.83% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0028 | Zinc US$ 2 445.40/T DOWN -0.45% | Brent Crude Oil US$ 87.07/BBP UP +0.79% | Platinum US$ 896.85/OZ UP +0.22%