Kanse op La Niña verdubbel
Elvira Hattingh – Die Australiese Buro vir Meteorologie het vandeesweek sy Enso-uitkykstatus na 'n La Niña-wag verander, wat beteken daar bestaan nou 'n 50% kans dat 'n La Niña-weerverskynsel vanjaar nog sal ontwikkel.
Dit is ongeveer dubbel die normale waarskynlikheid, het hulle in hul jongste vooruitskouing Dinsdag gesê. Dit stem ooreen met vooruitskouings vroeër vandeesmaand deur die landbouweerkundige-konsultant, mnr. Johan van den Berg.
“Die El Niño- Suidelike Ossillasie (Enso) is tans neutraal. Gebaseer op die vooruitsigte van weermodelle asook die feit dat die tropiese Stille Oseaan onlangs verder afgekoel het, sê Australiese weerkundiges nou die kans op die vorming van 'n La Niña-weerverskynsel het vanjaar nog verder vergroot.
“Die meeste oseaniese en atmosferiese aanwysers van Enso is steeds neutraal, maar seeoppervlaktemperature in die sentrale tropiese Stille Oseaan het oor die afgelope twee maande afgekoel.
“Dit word gerugsteun deur water wat koeler as normaal onder die seeoppervlak is.
“Klimaatmodelle dui aan die afkoeling sal oor die volgende maande voortduur, met drie uit sewe modelle wat voorspel dat dit La Niña-vlakke sal bereik, terwyl twee ander meen weerstoestande sal La Niña-drempels vir 'n kort tyd bereik.”
La Niña-verskynsels verhoog die kanse op 'n goeie reënseisoen vir Suider-Afrika.
Die negatiewe Indiese Oseaan-dipool (IOD) het verswak tot marginale negatiewe waardes, maar sal na verwagting steeds 'n positiewe invloed op weerstelsels hê.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie