Kanse by klubs in Brittanje wink
Kanse by klubs in Brittanje wink

Kanse by klubs in Brittanje wink

Krieket
Andrew Poolman
Die Britse speler Siphe Mzaidume is vir die volgende week terug in Windhoek om op te volg in sy projek om vir belowende Namibiese krieketspelers geleenthede te reël om klubkrieket in die Verenigde Koninkryk te speel.

“Reise oorsee gee ’n mens blootstelling om volwassenheid te bereik en in krieketterme is dit ook ’n groot voordeel om ondervinding op te doen om op verskillende kolfblaaie en omstandighede te speel,” sê die 28-jarige gebore Suid-Afrikaner.

Mzaidume sê Krieket Namibië het in vorige samesprekings verklaar dat hulle verkies dat plaaslike spelers minstens aan klubs in die Engelse premierliga blootgestel word. Hy beoog dus om sy kontakte te gebruik wat opgebou is toe hy tevore vir agt seisoene klubkrieket in Engeland gespeel het.

Hy sê Krieket Namibië het aangedui dat hulle verkies dat spelers wat in die nasionale oefengroepe (seniors en o.19’s) opgeneem is, eerder op tuisbodem by die plaaslike winterprogram inskakel as om oorsee te gaan. “Spelers buite die nasionale akademie wat belangstel, is egter welkom om my te skakel.”

Spelers en hul ouers word aangemoedig om met Krieket Namibië te kommunikeer en volwaardig vrystelling te kry om in die plaaslike afseisoen klubkrieket in die Verenigde Koninkryk te gaan speel.

Mzaidume reken krieketspelers wat ’n loopbaan in die sport oorweeg, kan hul wintermaande vir sulke besoeke inspan eerder as om hul aandag deur byvoorbeeld rugby of hokkie te laat verdeel.

Mzaidume sê hy is bereid om tydens sy besoek ook die kusstreek te besoek om spelers te ontmoet wat moontlik belang stel om met die seën van Krieket Namibië na oorsese klubs oorgeplaas te word.

Belangstellende spelers van enige ouderdom en ouers kan Mzaidume by 081 300 6260, per e-pos by [email protected] of op Facebook kontak.

• Krieket Namibië se uitvoerende hoof, mnr. Peter Forster, sê die beheerliggaam is gemaklik daarmee om enige speler af te staan om gedurende die afseisoen oorsee te gaan om hul vaardighede te verbreed – solank hulle op die hoogste moontlike vlak meeding om ondervinding op te doen.

“Uiteraard moet dit nie met enige nasionale of klubverpligtinge inmeng nie. Die huidige tydsberekening, met ons seisoen wat pas aan die gang gekom het, kry egter nie heeltemal dieselfde steun nie.

“Krieket Namibië gee nie sy goedkeuring aan enige spesifieke individu of talentjagter, behalwe in die breë algemene terme soos hierbo nie.

“Enige speler is welkom om Krieket Namibië te skakel indien hulle enige navrae het.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!