u2018Kankerappelsu2019 op wu00eareldverhoog
u2018Kankerappelsu2019 op wu00eareldverhoog

‘Kankerappels’ op wêreldverhoog

Bank Windhoek se Kankerappelprojek is die grootste geldinsameling vir gesondheid in Namibië.
Die Bank Windhoek Kankerappelprojek word tydens vanjaar se Wêreldkankerkongres (WCC) uitgesonder as een van die “globale vernuwende projekte van hoop”.

Die kongres vind vanaf 1 tot 4 Oktober in Kuala Lumpur, Maleisië, plaas.

Die projek, ‘n inisiatief van Bank Windhoek ter ondersteuning van die Kankervereniging van Namibië (CAN), is in 2000 begin met die doel om bewustheid oor die siekte aan te wakker. Bank Windhoek het toe ‘n skenking van N$25 000 aan CAN vir dié doel gemaak.

Agtien jaar later is die projek die grootste geldinsameling vir gesondheid in Namibië en is N$20 miljoen sedert die begin van die projek byeengebring.

Verlede jaar is ‘n rekordbedrag van N$3 miljoen deur die verkoop van appels oral oor Namibië ingesamel.

CAN se uitvoerende beampte, mnr. Rolf Hansen, sal tydens die wêreldkongres ‘n voorlegging doen met die tema ‘’n Appel ‘n dag hou kanker weg’, terwyl die appelprojek ook die kollig sal geniet as deel van die sessie ‘Globale geldsinsameling/Die kollig op vernuwende geldinsamelingsmodelle’.

“Ons gaan die wêreld meer vertel oor ons nasionale uitreikingsprogram. Ons kan by ander lande op hierdie platform leer. Ek gaan op my beurt ander lae-inkomstelande meer leer oor ons beste praktyke, wat ons geleer het, wat werk en wat nie, sodat ons ander lande ook kan bemagtig,” het Hansen gesê.

“Nou is die tyd om in ons gemeenskappe terug te ploeg, strategies, en met kennis en wysheid.”

Die Nasionale Kankeruitreikingsprogram (NCOP) word hoofsaaklik gefinansier deur die appelprojek. Dit het ten doel om onder meer die stigma van kanker af te breek en soveel as moontlik mense in al 14 streke van die land vir die siekte te toets. Die fokus is op vroeë opsporing en gevolglike behandeling om sodoende meer lewens te red.

Sedert 2015 is meer as 20 000 mense landswyd gratis vir kanker getoets. Geld wat deur die appelprojek ingesamel is, is ook gebruik om CAN Erongosentrum op die been te bring. Benewens toetse vir kanker bied die sentrum ook psigo-maatskaplike ondersteuning.

Geld wat in 2015 deur die appelprojek ingesamel is, is ook gebruik om die tydelike tuiste Kinders met Kanker in Namibië (Chica) in 2016 te vestig. Chica fokus op die ondersteuning van kinders met kanker en hul gesinne, en bied huisvesting wanneer jong kankerlyers vir behandeling in Windhoek is.

“Vanjaar is 3 438 vroue deur middel van die uitreikingsprogram vir bors- en servikale kanker getoets. Hiervan het 223 se toetse gelei tot die vroeë opsporing van servikale kanker wat behandel kan word. Dit beteken 223 lewens is gered,” het Hansen gesê.

“Die Bank Windhoek Kankerappelprojek is meer as net die koop van appels vir kanker; dit het ‘n projek van hoop geword,” sê me. Jacquiline Pack, uitvoerende beampte vir bemarking en korporatiewe kommunikasie by Bank Windhoek.

“Deur nou ‘n appel te koop, gee jy aan mense die geleentheid om vir kanker getoets en behandel te word. Jou N$5 gee hoop aan dié wat dit nodig het en help om lewens te red.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!