Kanime sleep CoW hof toe
Kanime sleep CoW hof toe

Kanime sleep CoW hof toe

Die tafel is gedek vir ’n bloedige hofstryd tussen die stadspolisie se geskorste hoof en die Windhoekse stadsraad.
Denver Kisting
Denver Kisting – Die geskorste hoof van die stadspolisie, mnr. Abraham Kanime, en die Windhoekse stadsvaders sal waarskynlik vandeesweek swaarde in die hof kruis.

Só het Kanime se regsverteenwoordiger, mnr. Sisa Namandje, gistermiddag aan Republikein gesê.

Kanime is gister deur die uitvoerende hoof van die Windhoekse munisipaliteit (CoW), mnr. Robert Kahimise, ingelig hulle beplan om hom formeel aan te kla nadat ’n ondersoek deur PricewaterhouseCoopers (PwC) na beweerde ongerymdhede afgehandel is.

Kanime en sy prokureur het besluit daar sal niks kom van dié plan van die stadsvaders nie.

“Hul saak het geen meriete nie,” het Namandje gesê.

Hulle is tans besig om stukke saam te stel vir ’n dringende aansoek in die hoërhof in Windhoek om Kanime heraangestel te kry, het Namandje gesê.

In ’n WhatsApp-boodskap oor Kanime se toekoms het Kahimise gister aan Republikein gesê: “Ons sal vandeesweek ’n nuusverklaring uitreik.”

Op ’n vraag of Kanime kennis dra van die inhoud van dié verklaring het hy gesê: “Hy is ingelig.”

Kanime het gister alle navrae aan Namandje gerig.

“Ons het ooreengekom dat my prokureur die navrae vir doeleindes van konsekwentheid hanteer.”

Kanime is drie maande gelede geskors, maar ontvang steeds sy salaris.

Dít kom nadat hy dieselfde aand van sy skorsing die stad oortuig het om ’n besluit om te keer waarvolgens hy nie betaal sou word in die tyd wat hy geskors is nie.

Vrydag is berig die huidige CoW-begroting, met ’n bedryfsverlies van N$650 miljoen, toon die stadspolisie kos jaarliks N$338 miljoen.

Gister se wending kom nadat daar reeds twee keer dadels gekom het van ’n openbare onderneming deur Kahimise dat die dissiplinêre proses teen Kanime binne twee maande afgehandel sou word.

Trouens, het Kanime die afgelope maande deurgaans by navraag gesê, hy het sedert sy skorsing geen woord oor die klagtes teen hom gehoor nie.

’n Vete tussen Kanime en Kahimise is einde Maart vanjaar met Kanime se skorsing op die spits gedryf.

Kanime het ten tye van die aankondiging gesê die aantygings teen hom is niks anders as oëverblindery nie.

Volgens hom het Kahimise lankal sy mes in vir hom.

Hy sê Kahimise het sélf die betaling gemagtig waarvoor hy, wat Kanime is, nou in die pekel is.

Kanime sê die “ongemagtigde besteding van openbare fondse” wat nou voor sy deur gegooi word, hou verband met die regsonkoste van ’n geding wat hy teen die kantoor van die uitvoerende hoof aanhangig gemaak het.

Volgens hom meng Kahimise en sy kantoor met polisie-aangeleenthede in en knou die stadspolisie af.

Daarnaas vee die uitvoerende kantoor hom aan veiligheids- en polisiëringsbeginsels af, het Kanime toe aan Republikein gesê.

Op die stadsvaders se aandrang het Kanime voorwaardelik die geding oor sy griewe met die beweerde inmenging en geboelie laat vaar, sê hy.

Toe die faktuur van nagenoeg N$75 000 vir regskostes opdaag, het Kanime dit aan Kahimise se kantoor gerig waarna dit verwerk en uitbetaal is.







‘Geen beslissende bewyse’

Tydens ’n nuuskonferensie in Maart het Kahimise ook toegegee daar bestaan “geen beslissende bewyse” teen Kanime nie.

Die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement (PDM), het gister by monde van mnr. Nico Smit gesê misdaad in die hoofstad neem toe ondanks die miljoene wat aan die stadspolisie toegeken word.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.84 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 219.21/OZ UP +1.30% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.07% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.59/BBP UP +1.39% | Platinum US$ 907.33/OZ UP +1.39% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.84 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 219.21/OZ UP +1.30% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.07% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.59/BBP UP +1.39% | Platinum US$ 907.33/OZ UP +1.39%