Kanime hoor toe nié
Die lot van die baas van die Windhoekse stadspolisie is steeds onbekend.
Denver Kisting – Die geskorste hoof van die stadspolisie, mnr. Abraham Kanime, weet steeds nie of hy in sy pos heraangestel sal word nie.
Dít kom ondanks ’n onderneming deur Windhoek se uitvoerende hoof, mnr. Robert Kahimise, dat Kanime verlede week sy lot sou hoor.
Toe Republikein gister vir Kahimise vra of ’n besluit oor Kanime se toekoms al geneem is, het hy gesê hy benodig ’n verdere twee weke.
“Nog nie. Gee ons twee weke. (Ons het) ’n paar konsultasies dié week.”
Volgens hom is ’n dokument wat hy verlede Vrydag van die ouditfirma PricewaterhouseCoopers (PwC) ontvang het, net ’n konsepverslag.
Dié ouditfirma is deur Kahimise gelas om ’n ondersoek na beweerde ongerymdhede teen Kanime van stapel te stuur.
Kanime het verlede week gesê hy het nog geen woord van die stadsvaders sedert sy skorsing vroeër vanjaar gehoor nie.
Hy is drie maande gelede deur Kahimise geskors, maar ontvang steeds sy salaris.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie