Kamushinda van vuilspel beskuldig
Kamushinda van vuilspel beskuldig

Kamushinda van vuilspel beskuldig

Die voormalige nie-uitvoerende direkteur van die SME-bank word daarvan beskuldig dat hy doelbewus probeer om ondersoeke te verhoed na die miljoene wat uit die bank se koffers verdwyn het.
Catherine Sasman
Catherine Sasman - Namibië se hooggeregshof het verlede Dinsdag uitspraak voorbehou in die saak waarin Zimbabwe se Metropolitan Bank en World Eagle Investment (Pty) Ltd probeer om ’n stokkie voor ’n hooggeregshofbevel te steek.

Volgens dié bevel sal die SME-bank gelikwideer word.

In sy antwoordende beëdigde verklaring op die appèl het die voorlopige likwidateur, mnr. Ian McLaren, gesê die likwidateurs en krediteure van die SME-bank sal ernstig benadeel word indien die hooggeregshof in dié twee Zimbabwiese entiteite se guns beslis.

McLaren het gesê sedert hy en mnr. David Bruni as voorlopige likwidateurs aangestel is, het hulle verskeie stappe gedoen om die likwidasie te finaliseer.

Dít sluit in erkenning van die Suid-Afrikaanse hooggeregshof in Junie om as buitelandse likwidateurs te kan optree.

Toestemming is ook aan Bruni en McLaren verleen om insolvensie-ondersoeke in die buurland te doen.

Hulle het ook toestemming gekry om hier 'n kommissie van ondersoek in te stel, wat in die geheim gehou is en waardevolle inligting opgelewer het oor geld wat op onverklaarbare wyse by die SME-bank verdwyn het.

McLaren het gesê hulle kon ook daarin slaag om twee Suid-Afrikaanse bankrekeninge te vries.

Dié rekeninge hou verband met onderskeidelik N$40,5 miljoen en N$12 miljoen wat in ’n Suid-Afrikaanse trust belê is.

Dagvaardings is namens die likwidateurs uitgereik vir onderskeidelik N$79 miljoen en N$12 miljoen, waarvan McLaren gesê het die vooruitsigte op sukses goed is.

Hy het gesê hulle is tans besig om 'n ondersoek in Dubai op die been te bring, waarheen N$69 miljoen oorgedra is.

“Ons sal die bedrag uit Dubai terugkry,” het McLaren gesê.

Hy het gesê indien MetBank en World Eagle se aansoek om appèl suksesvol sou wees, sal alle opdragte om rekeninge te vries waarskynlik ongedaan gemaak moet word en die geld sal terugbesorg moet word aan diegene wat gebaat het by onwettige optrede.

McLaren het ook die direkteur van MetBank en World Eagle, mnr. Enoch Kamushinda, daarvan beskuldig dat hy alles in sy vermoë gedoen het om die likwidateurs te keer om die geld te verhaal wat uit Namibië geneem is.

Hy het gesê dit is vreemd dat Kamushinda, 'n aandeelhouer van die SME-bank, regstappe gedoen het om die Suid-Afrikaanse hofbevel ter syde te stel waarvolgens die insolvensie-ondersoek uitgevoer sou word.

Kamushinda het ook regsaksie in die Namibiese hooggeregshof ingestel om 'n bevel ter syde te stel wat die likwidateurs die goedkeuring gee het om met die likwidasie voort te gaan.

Kamushinda het in hierdie saak geslaag en dié uitspraak is onderworpe aan 'n aansoek om verlof tot appèl wat op 7 November in die Namibiese hooggeregshof aangehoor sal word.

Kamushinda het ook 'n ander hooggeregshofaansoek ingedien om die aanstelling van die likwidateurs ter syde te stel, wat volgens McLaren ingedien is toe hulle tydens die Suid-Afrikaanse ondersoek bewyse ontvang het dat N$64 miljoen in kontant aan 'n adres in Johannesburg afgelewer is.

"Die diewe het vir die kontant geteken en die geld is afgelewer met verwysing na die SME-bank se geld," het McLaren gesê.

Die afleweringsnotas verwys na "SME 10.10" en die likwidateurs het verklarings voorberei wat hulle in sekere omstandighede bekend sal stel, wat insluit "bedekte dreigemente" wat aan hulle gemaak is.

Crown Finance Corporation

Bruni het op 4 Oktober in sy antwoordende beëdigde verklaring voor die Gautengse hooggeregshof gesê ene Stickling het in sy beëdigde verklaring aan dié hof gesê sowat N$64 miljoen is in kontant aan 'n sekere mnr. George Markides afgelewer.

Stickling het aangedui een van sy gereelde kliënte wat kontant van sy besigheid ontvang het, was Kamushinda se maatskappy, Crown Finance Corporation.

Bruni het gesê in die tyd wat die kontant afgelewer is, is nie minder nie as 77 foonoproepe tussen Kamushinda en Markides gemaak.

Bruni het ook gesê hoewel Kamushinda nie gemagtig was om MetBank of World Eagle te verteenwoordig nie, het hy steeds 'n aantal stappe gedoen om die likwidateurs se pligte te belemmer.

Kamushinda het na bewering ook probeer om mnr. Mauwane Kotane, Mamepe Capital se direkteur, te beskerm, waarin N$196 miljoen van die SME-bank se geld glo belê is.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Watford 0 vs 0 Hull City | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Watford 0 vs 0 Hull City | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!