Kampvegter vir kinders vereer
Kampvegter vir kinders vereer

Kampvegter vir kinders vereer

'n Beskeie man se droom van beter onderwys sorg dat honderde minderbevoorregte kinders ondersteun word.
Tanja Bause
Tanja Bause



'n Instandhoudingswerker van Swakopmund gaan in die Namibian­ Business Hall of Fame (NBHF) ingehuldig word.

“Toe ek hoor ek is genomineer, was ek verstom. Ek het dit glad nie verwag nie. Ek is baie bly en verbaas. Dit spoor my net aan om nóg harder te werk en meer te doen,” sê mnr. Gideon Itewa (68).

Vorige ontvangers van dié groot eer sluit gesoute sakemanne in onder wie mnre. Frans Indongo, Tom Alweendo, en Sidney Martin, dr. Leake Hangala en wyle Werner List en Harold Pupkewitz. Vroue wat vereer is, is onder meer die presidentsvrou, me. Monica Geingos, mee. Gwen Lister, Hilda Basson-­Namundjebo, Martha Namunjebo-­Tilahun, dr. Helena Ndume en Anne Gebhardt.

Itewa se passie vir onderwys en veral minderbevoorregte kinders het in 2008 tot die stigting van sy Erongo Education Fund gelei.

“Ek het die eerste N$100 vir die fonds uit my eie sak gegee. Jy kan nie verwag mense moet geld gee as jy self nie bereid is om ook by te dra nie,” sê Itewa.

Die fonds is gestig om minderbevoorregte kinders te ondersteun wat hard werk op skool en goed presteer.

Hy het skoolhoofde en onderwysers genader en gevra om N$1 per leerling en N$2 per onderwyser aan die fonds te skenk. Die fonds het stadig gegroei en is in 2013 amptelik bekend gestel, met stigterspresident Sam Nujoma wat as die beskermheer daarvan aangewys is.

“Ons het N$360 000 ingesamel en toe Nujoma die beskermheer word, het die fonds verdubbel. Tans staan dit op meer as N$900 000.”

Volgens Itewa is onderwys die enigste oplossing vir die probleme wat die land tans in die gesig staar.

Self is hy nie 'n ryk man nie en kan gereeld in sy blou oorpak gesien word waar hy instandhoudingswerk by verskeie besighede en huise in ­Libertina Amathila-straat op Swakopmund doen - vir al langer as 30 jaar.

Meer as 200 kinders is tot dusver deur die fonds ondersteun. Sommige het ook hulp ontvang om ná skool hul studies voort te sit. “Ek en my raad ontvang die nominasies en besluit saam watter kind ondersteun word. Die kinders wat hard werk en goed doen, kry voorkeur.”

Itewa bestuur self die fonds en kan rekenskap van elke sent gee.

“Dit is nie my geld nie en ek moet sê waarheen elke sent gegaan het. My laaste kind maak dié jaar klaar met skool en nie een van my vyf kinders het by die fonds gebaat nie. Ek sorg self vir my kinders; die fonds is vir die arm kinders van die Erongostreek.”

Volgens Itewa studeer hy self ook en bestee elke sent wat hy oor het, op boeke. “Ek koop graag boeke, want mens kan nooit genoeg weet of leer nie.”

In 2016 is hy as 'n ereminister van onderwys deur die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Hirmarwa, aangewys vir sy toegewyde pogings om onderwys in die Erongostreek te verbeter.

Itwea sal op 17 November in die helde­saal van Namibiese sakereuse ingehuldig word.

Sy nominasie spruit uit sy vindingrykheid en omvangryke bydrae tot die Namibiese ekonomie, sy omgee vir sy gemeenskap en omdat hy die waardes van onderwys en ­entrepreneurskap nastreef en handhaaf.

Die NBHF, saam met die Global Entre­preneurship Network (GEN) en die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid (NCCI), vereer sedert 2004 dienslewering en opkomende entrepreneurs.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!