Kampioenskap beloof topprestasies
Swem
Die jaarlikse Bank Windhoek nasionale kampioenskap vir 2017 word vanaf vandag tot Sondag by die munisipale swembad in Olympia aangebied.
Sewe klubs met ’n totaal van 136 swemmers gaan die water laat spat. Hulle is Aqua Swimming and Fitness (20 deelnemers), Dolphins (91), Marlins (twee), Namib Swim Academy (elf) en Swakopmund (sewe).
KPS Ostrava, ’n besoekende klub van Ostrava in die Tjeggiese Republiek, is die gaste met vyf swemmers wat die Namibiese waters kom toets.
Die kampioenskap sal van die land se beste talent in die onderskeie ouderdomsgroepe ten toon stel met KPS Ostrava wat ’n internasionale geurtjie aan die geleentheid sal verleen.
Die program:
Vandag, eerste sessie vanaf 17:30. Môre, tweede sessie vanaf 15:30. Saterdag, derde sessie vanaf 09:00 en om 15:00 die vierde sessie. Sondag begin die laaste sessie van die kampioenskap om 09:00.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie