Kalender vir Valentynsdag

12 February 2021 | Kuns en vermaak
- Vanaf vandag tot Sondag bied die Nedbank Swakop Food Festival spesiale Valentyns-kookklasse vir paartjies by The Food Lab Cooking Studio aan. Paartjies sal met ’n driegang-kersligete bederf word. Dit kos N$750 per persoon of N$1 500 per paartjie. Slegs 5 klasse word aangebied en net vier paartjies word per sessie toegelaat. Vir besprekings, kontak 081 244 4143 of [email protected]

- Vandag om 17:30 word ’n Valentynsdag-konsert met liefdesliedjies van oraloor die wêreld uitgevoer deur Trio Feminale in die Kristall Kellerei op Omaruru aangebied. Kaartjies kos N$110 en is by Marin's Lädchen beskikbaar. Kontak 081 292 9590 vir meer inligting.

- Môre vanaf 17:00 bied Olivia’s Kitchen ’n Valentynsdag-ete met ’n driegang-spyskaart aan teen N$380 per persoon (drankies uitgesluit). Geniet 'n romantiese aand met lewende musiek en 'n kunsuitstalling deur Oscar's Art terwyl julle heerlike kos en goeie wyn geniet! Besprekings is noodsaaklik. Kontak 061 209 0995.

-Die Franse ambassade in Namibië bied môre vanaf 10:00 tot 13:00 ’n Macaron Workshop aan. Maak hartvormige makrolletjies saam met die Franse sjef Augustine en die FNCC-dosent Isabelle. Jy kan alleen of as ’n paartjie die klas bywoon. Inskrywings kos N$600 per persoon of N$1 000 per paartjie. Niemand gaan met leë hande huis toe nie en ontvang ’n sakkie makrolletjies wat jy self gebak het! Voorafbesprekings word aanbeveel. Vir meer inligting, kontak [email protected]

- Die Canvas Club bied môre om 08:00 ’n piekniek en skildersessie by Gecko Ridge op die Swakop River Plots aan. Verken jou kreatiewe kant saam met 'n maat/vriend en deel in die pret. Kaartjies kos N$470 en sluit peuselhappies, 'n glasie wyn en al die verfmateriaal in. Vir meer inligting en besprekings, kontak Adonia by 081 147 2636 of [email protected]

- ’n Valentynskonsert môre om 17:00 by die Am Weinberg-restaurant met 'n optrede van Blvc Rose in die binnehof met aandete onder die sterre. 'n Driegang-ete kos N$420 per persoon, wat 'n gratis verwelkomingsdrankie insluit. Vir besprekings, kontak Claretta Neels by 061 209 0900 of [email protected]

- Môre word ’n Valentynskonsert deur die Trio Feminale by Hotel Thule in Windhoek aangebied. Besprekings is noodsaaklik! Vir meer inligting, kontak 061 371 950.

-Liefde is in die lug hierdie Valentynsnaweek op Droombos. Bederf jou geliefde tussen vandag en Sondag met een van hul spesiale Valentyns-naweekpakkette, waar onder ’n romantiese piekniek en fliekaand, of ’n intieme ete. Kontak [email protected] vir meer inligting. Bespreek vroegtydig om teleurstelling te voorkom.

- Sondag vanaf 16:00 tot 18:00 word die Valentyns Gaan Global-konsert aanlyn aangebied. Bekende kunstenaars soos Ray Dylan, Kurt Darren, Ricus Nel, Demi Lee Moore en Liezel Pieters tree op. Kry jou kaartjies teen N$200 by https://itickets.co.za/reg.../new/451380&referrer=Valentines.

Waar ook al julle gaan, onthou om vooraf te bespreek om enige teleurstelling te voorkom. En moenie van die aandklokreël vergeet nie!

Soortgelyk

 

Namibië se Ontplooiings- en Immuniseringsplan "onder die beste...

1 uur gelede | Gesondheid

Namibië se Ontplooiings- en Immuniseringsplan teen Covid-19 is deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) as "een van die beste in die wêreld" beskryf. Volgens die minister van...

N$583 miljoen vir Namibië se Covid-19 Ontplooiings- en Immuniseringsplan...

1 uur gelede | Gesondheid

Die totale voorgestelde begroting vir Namibië se Ontplooiings- en Immuniseringsplan vir Covid-19-entstowwe is N$583 miljoen waarvan N$484,8 miljoen vir die aankoop van die entstowwe is....

Covid-19-regulasies geld tot 31 Maart

1 uur gelede | Gesondheid

Pres. Hage Geingob het pas by Staatshuis aangekondig die huidige Covid-19-maatreëls geld vir die volgende 36 dae vanaf middernag tot 31 Maart (Onafhanklikheidsdag op 21...

Knopvelsiekte breek in Omaheke uit

2 ure gelede | Landbou

Knopvelsiekte het by Eiseb in die Omahekestreek uitgebreek en die beweging van beeste in dié gebied is tot verdere kennisgewing opgeskort.Volgens dr. Albertina Shilongo, hoof-veeartsenybeampte...

Metro spoils its customers

4 ure gelede | Plaaslik

Metro Namibia celebrated its birthday in style once again by spoiling five lucky customers each to a trailer of their own, stocked with N$5,000-00 worth...

Vrou woon in haar motor by hospitaal

12 ure gelede | Mense

Henriette Lamprecht – 'n Bejaarde vrou van die kus woon die afgelope week in haar motor in die parkeerterrein van 'n staatshospitaal in Windhoek om...

Toekoms van 77 Air Nam-vlieëniers onseker

12 ure gelede | Vervoer

Francoise Steynberg – Altesaam 77 vlieëniers van Air Namibia se toekoms is onseker. Boonop het bykans 75% van die redery se vlieëniers se lisensies verval...

Ses damme voller as 100%

12 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl altesaam sowat ses Namibiese damme tans 100% of meer water bevat, oorstroom die Zambezirivier sy walle, met water wat in die...

Weer vir 24 Februarie

12 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Wydverspreide donderbuie word in Ohangwena, Oshikoto, Otjozondjupa en Omaheke verwag. BINNELAND: Sonnig en warm in die Suide en Weste, andersins gedeeltelik bewolk en baie...