Kalender

17 July 2020 | Kuns en vermaak
(Vir Kollig)

Tans aan die gang:

• Die Namibiese kunstenaar Elisia Nghidishange se derde solo-uitstalling, The Insight of Intrusive Women, by die Nasionale Galery kom more (18 Julie) tot ’n einde.

• Die groepsuitstalling While In Quarantine kan tot 30 Julie by die galery van die Namibiese Kunsvereniging besigtig word. Die galery is Maandae tot Vrydae tussen 10:00 en 13:00 en weer van 14:00 tot 16:00 oop. Die galery is geleë in die Old Grüner Kranz-kompleks. Kontak 061 302 261, 081 774 3832 of stuur ’n e-pos na [email protected] vir meer inligting.

• Barbara Böhlke se nuutste versameling kan besigtig word by die Project Room-galery. (Lees meer op bl. 1)

Elke week:

• The Village Farmer’s Market in Liliencronstraat vind elke Saterdag tussen 08:00 en 12:00 plaas. Koop vars, plaaslike produkte en neem deel aan gesonde aktiwiteite soos joga en meditasie. Toegang is gratis.

• Die Inspirasiemark by die Ou Kragstasie vind elke Saterdag van 08:30 tot 15:00 plaas. Tuisgemaakte produkte en heerlike happies, asook hope vermaak is besoekers te wagte. Volwassenes betaal N$20 by die ingang, en toegang vir kinders en pensioenarisse is gratis.

• Die weeklikse Bio-Markt / Green Market by die Stephanus-kerk (Dr. Kenneth Kaundastraat 3) vind elke Saterdag tussen 08:00 en 12:00 plaas. Toegang is gratis.

Vrydag 17 Julie

• 18:00 Live Music Night deur Jacques Vermaak by die Vintage Coffee Shop. Heerlike kos en hope spesiale aanbiedinge is deel van dié aand. Besprekings is noodsaaklik, aangesien spasie beperk is. Kaartjies kos N$25 by die deur.

Saterdag 18 Julie

• 08:00 Die 12de jaarlikse Namibgrens bergfietsresies, waar jy die hele naweek op die gasteplaas kan geniet. Die resies sluit drie uitdagende, prettige roetes in: 13 km, 38 km en 70 km in ’n kombinasie van bergagtige areas en savannas.

• 11:00 Pro-keuse protes in Windhoek oor voortplantingsreg. Die beginpunt is die veld langs die Katutura Hospitaal. Die eindpunt is Zoo Park in Onafhanklikheidslaan.

• 14:00 Is jy ’n entrepreneur? Die proses kan straf en eensaam wees. In hierdie tyd waarin dinge onseker is, is dit belangrik om te weet dat jy op die regte pad is met jou besigheid. Sluit aan by Launch Namibia en Future Females Swakopmund vir ’n aanlyn-kursus. Kaartjies is beskikbaar op Webtickets en kos N$65.

• 19:00 Sluit aan by ’n 67-minuut-regstreekse uitsending deur die Suid-Afrikaanse Ndlovu-jeugkoor, wat naam gemaak het op America’s Got Talent. Kaartjies kos tussen N$60 en N$80 op Webtickets.

Sondag 19 Julie

• 07:00 NamibRe Windhoek City Run (42, 21 & 10 km) begin by Zoo Park. Vir meer inligting, skakel Charles by 081 124 9471 of stuur ’n e-pos na [email protected]

Saterdag 25 Julie

• 07:00 Avis Xtrail (7 & 16km) by die Avisdam / Eagle’s Nest. Skakel Yvonne by 081 142 9966 of stuur ’n e-pos na [email protected]

• 08:00 Sunrise Walk for Cancer begin by die DTS-sportveld in Olympia. Toegang is N$20 per persoon, waarvoor jy ’n kleurvolle lint en ’n bottel water bykry. Kry jou kaartjies by die CAN-hoofkantoor (kontak [email protected] of 061 237740) of van 07:30 voor die stapsessie begin.

• 08:00 Okahandja Running Club bied die Friendship Run by Rock Lodge aan. Die opsies is 15 km, 10 km of 5 km. E-pos [email protected] vir meer inligting.

• 08:00 “Offroad duathlon” by Elisenheim (5 km draf, 20 km fietsrit, 2.5 km draf). Skryf in as ’n span of individueel. Inskrywings beloop N$120. Besoek www.believeshopnam.com om in te skryf.

• 14:15 Legacy of Love bied ’n gesinspretdag by Heja Game Lodge aan. ’n MTB fietsrit (30, 20 en 10 km) en ’n stap/drafroete (10, 5 of 3 km) en pret vir die hele gesin is ingesluit. Talle pryse is op die spel. Volwassenes betaal N$120 om in te skryf, kinders onder 15 N$50 en toegang vir kinders onder 6 is gratis. Verversings is ingesluit. Vir meer inligting, skakel Ronel by 081 366 6456 of stuur ’n e-pos na [email protected] of besoek legacyoflove.co.

• 18:00 Twee vertonings deur Riaan Smit by die Desert Tavern in Swakopmund (maksimum 50 mense vir twee vertonings). Onthou om vooraf te bespreek by 081 301 8429.

Donderdag 30 Julie

• 18:00 Die volgende Future Females Windhoek vind plaas by die Vintage Coffee Shop. Die tema is “Manage your Mindset & Money Through Covid-19”. Skakel Adel Oosthuizen by 081 124 5301 of stuur ’n e-pos na [email protected] vir verdere navrae. Kaartjies is op Webtickets beskikbaar vir tussen N$65 en N$110.

Vrydag 31 Julie

• 20:00 Riaan Smit & The ShadowKatz en die Vaughn Ahrens Band tree op by die Wolfshack in Windhoek. Kaartjies kos N$100 op Webtickets en N$150 by die deur.

Saterdag 1 Augustus

• 08:00 Boeremark by die Windhoek Skougronde tot 13:00. Toegang is N$5, of gratis vir kinders en pensioenarisse.

• 09:00 Die Swakop Beach Volleyball-kamp vind by die kus plaas tot die 2de. Die kamp is gemik op vlugbalspelers, amateurs en gevorderde vlak. Dit bestaan uit ongeveer 10 ure van afrigting deur James Verrinder. Inskrywings is N$600 per persoon.

• 11:00 Die Ultimate Vibe Festival by die TransNamib sportterrein (Gammams) is ’n SME-uitstalling met die doel om Namibiërs van verskillende bedrywe byeen te bring terwyl hulle hul produkte bemark en verkoop.

• 20:00 Throwback Theatre by die Desert Tavern in Swakopmund. ’n Kombinasie van dans en akrobatiek, tesame met grensverskuiwende tegnologie, visuele effekte en topklas-toerusting bied hipnotiese vertonings, visuele beelde, grafiese ontwerpe en ligeffekte verweef met musiek en choreografie. Kaartjies beloop N$100. Vir inligting en besprekings, kontak 081 301 8429.

Soortgelyk

 

Covid-19: Verkiesings ‘kompleks, intens’

1 uur gelede | Politiek

Denver Kisting en Kristien Kruger – Die hoofkiesbeampte van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN), mnr. Theo Mujoro, sê om die plaaslike owerheid- en streekraadsverkiesings later...

Eina, jou doring

1 uur gelede | In beeld

Kristien Kruger het die foto van die geelvink wat op ’n doringdraad hardloop in haar tuin in Klein Windhoek geneem.

‘Kommerwekkende styging’ in Windhoek-gevalle

1 uur gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die aantal Covid-19-gevalle in Windhoek is besig om vinnig te styg, ‘n situasie wat deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste,...

Sluit van howe in openbare belang- Dausab

1 uur gelede | Howe

Denver Kisting – Me. Yvonne Dausab, die minister van justisie, sê hoewel hofdienste, wat ’n integrale deel van geregtigheid vorm, beperk sal wees vanweë beskikbaarheid...

Weer vir 12 Augustus 2020

1 uur gelede | Weer

WEERWAAK: Koue toestande sal in die Suide voorkom. BINNELAND: Sonnig en matig in die Suide. Elders sal dit sonnig en warm tot baie warm wees....

Uitlewerings op ys weens virus

1 uur gelede | Misdaad

“Daar is individue van belang, wat vermoedelik in ons buurlande is; sommige is opgespoor en (ons) wag op die afhandeling van die vereiste administratiewe prosesse.”...

Eros se aanloopbaan opgeknap

1 uur gelede | Vervoer

Ronelle RademeyerOfskoon daar nie geld is vir omvattende rehabilitasie van die aanloopbaan by die ­Eros-lughawe in Windhoek, gaan tussentydse herstelwerk oor die volgende drie maande...

Trane loop nog steeds oor Frieda Ndatipo

1 uur gelede | Mense

Jana-Mari SmithSes jaar nadat die ­ongewapende protesteerder me. Frieda Ndatipo gedurende 'n geveg tussen die Swapo-strydkinders en die Namibiese polisie voor Swapo se hoofkantoor doodgeskiet...

Lesersfoto's 12 Augustus 2020

1 uur gelede | Lesersfoto's

Gelukkige varkie: “Dit is soos dit hoort,” sê Björn Basler. Familie: AK van Donkerhoek het die foto van die wilde perde by Aus geneem. Mooi:...