Kalender 9 November

09 November 2018 | Kuns en vermaak
Nou aan die gang

» Die bekende sangduo BLEND tree vanaand en môreaand om 19:00 by die Wolfshack in Windhoek op. BLEND is gewild vir hul akoestiese weergawes van bekende en verskeie oorspronklike liedjies. Die duo het ook onlangs hul vollengte album, In Transit, vrygestel, wat tydens die show te koop sal wees. Vir meer inligting oor BLEND of Wolfschack, besoek hul onderskeie Facebook-blaaie.

» Sluit om 10:00 by Midgard Country Estate aan vir 'n prettige uitstappie met die gesin. Braaivleis en slaai sal beskikbaar wees. Kinderaktiwiteite sluit 'n splinternuwe avontuureiland-kasteel, mini-gholf, kunsklasse en ’n Kersmark in. Toegang beloop N$50 by die hek.

» Side by Side behels uitvoerings deur Orkes 1 van Hemholtz Musikgimnasium, Karlsruhe, en Namibië se Jeugorkes (Yona). Hulle bied môre verskeie uitvoerings onder leiding van Hans-Jochen Stiefel by Windoek Hoërskool aan. Môre kan jy die jong kinders van Yona en 'n groep entoesiastiese hoërskoolmusikante uit Duitsland ontmoet. Om 18:00 vind ’n gesamentlike konsert plaas, waartydens Namibiese en Duitse kinders verskeie items saam uitvoer. Die Hemholtz Musikgimnasium-orkes sal op hul eie, meer gevorderde werke fokus, en uiteindelik sal Yona vir die laaste item by hulle aansluit. Die geleentheid beoog om jongmense aan te spoor om klassieke musiek te maak en te waardeer, en ook om brûe tussen verskillende kulture te bou. Toegang is gratis, maar skenkings is welkom.

» Vier St. Joe's Day by Joe’s Beerhouse met shows deur Just Jack en ander bands. As jy iets in geel aantrek, kan jy ’n prys wen. Dit begin 11:00 en geselekteerde biere word teen spesiale pryse verkoop.

» Wêreldmusiekdag 2018: Die legendes Ras Lando & The Internationals bied jou die geleentheid om die diepste wortels van Namibiese kultuur deur reggae te ervaar. Die geleentheid word om 19:30 by die Franko-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) aangebied. Kaartjies kos N$70 en kan by die deur gekoop word. Vir meer inligting, besoek die FNCC se Facebook-blad.

»

»

»

» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3, in Klein Windhoek, bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak en plaaslik gekweek.

Maandag

» Textures & Textiles is ’n groepuitstalling wat die Amerikaanse kunstenaar Carol Marshner-Malone se werk tans by die Woermannhaus-galery op Swakopmund vertoon. Dit word met trots deur Swakopmund se kunsvereniging aangebied. Besoek die galery Maandag tot Vrydag tussen 10:00 en 12:00, of 15:00 en 17:00, en Saterdag tussen 10:00 en 12.00. Toegang is gratis.

Dinsdag

» Jo Black tree vanaand om 18:30 by SKW op. Die show is ten bate van kankerbewusmaking. Kaartjies is by die deur teen N$280 beskikbaar. Moenie Jo se eerste optrede ooit in Namibië misloop nie.

» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.

» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.

Woensdag

» Twee jong Namibiese kunstenaars werk saam aan 'n multimedia-uitstalling, wat die dubbelsinnigheid van monumente in ’n koloniale Windhoek ondersoek en politieke kompleksiteite aanspreek. MA NDILI open vandag om 18:30 by die Goethe-Institut. Die uitstalling duur tot 30 November voort.

» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.



Donderdag

» ’n Galadinee om fondse vir Mej. Namibië 2018 se sosiale program en haar deelname aan Mej. Wêreld 2018 in te samel, vind by die Roman Parish Hall in Windhoek plaas. Die gasspreker is Sam Shivute en topvermaak sal aangebied word. Kaartjies is by Pick n Pay en aanlyn by webtickets.com.na beskikbaar.

» Die wenner van die Kaapse Fringe Fresh Performer-toekenning en die Kaapse Fringe Fresh Creative-toekenning, Billy Langa, is vanaand in Tswalo op die Warehouse-teater se verhoog te sien. Tswalo behels gedigte wat deur middel van stem en beweging aan die gehoor oorgedra word, en temas soos chaos en skoonheid, bloed en geboorte, en liefde en oorlog aanspreek. Kaartjies is by die deur beskikbaar en die show begin om 19:00.

Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

Soortgelyk

 

Hepatitis E woed landswyd voort

15 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Kort duskant ‘n jaar ná ‘n uitbreking van hepatitis E amptelik in Desember 2017 in Windhoek verklaar is, is byna 4...

Nuwe plan teen misdaad onthul

15 ure gelede | Misdaad

Denver KistingRooftogte, veral gewapende rooftogte, het in die afgelope ses jaar met 44% die hoogte in geskiet.Dié syfer is vervat in misdaadstatistieke van die afgelope...

Hittegolf rý Namibië

15 ure gelede | Weer

Ondangwa is vandag die heel warmste plek met ‘n verwagte maksimum temperatuur van 41°C. Boonop word geen verligting van snikhete temperature hierdie naweek verwag nie....

SOE’s: Direksies moet vir mislukkings pa staan

15 ure gelede | Ministeries

Ronelle Rademeyer - Voor staatsondernemings (SOE’s) nie prestasiegedrewe volgens goeie korporatiewe beginsels bestuur word nie, sal die ekonomie nie beter vaar nie.Daarom sal die vergoeding...

Weer, Vrydag 16 November 2018

15 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en bloedig warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en bloedig wees. Enkele donerbuie word in Otjozondjupa, Khomas en Omaheke verwag.KUS:...

Kalender 16 November

15 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied met trots die 2018 Unam Visuele Kunste-uitstalling aan, wat tans in die hoofgalery van...

Die misterie van poësie

15 ure gelede | Kuns en vermaak

Lloyd Zandberg Terwyl die meerderheid van die mensdom soggens teen die wekker stoei, kinders vir skool aantrek, die hewige verkeer aandurf en uiteindelik laat vir...

Ons is nie teen gays, sê Sioka

15 ure gelede | Ministeries

Denver Kisting – Die minister van geslagsgelykheid en kinderwelsyn, me. Doreen Sioka, sê die regering het niks teen gay mense nie.Sý veral diskrimineer nie teen...

Mense oor miltsiekte gewaarsku ná 2 uitbrekings

15 ure gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer - ’n Bewegingsverbod vir diere is by Sesfontein en die Bwabwata Nasionale Park ingestel nadat uitbrekings van miltsiekte op 1 November in dié...