Kalender 8 Maart

Lloyd Zandberg
Nou aan die gang

» Tapz is 'n meester van die bira en die Wes-Afrikaanse djembe. Dit kan op sy debuutalbum, Awaited Wait, wat in Desember bekend gestel is, gehoor word. Tapz tree vanaand by die Wolfshack saam met Ray en Toivo op. Die album bring hulde aan alle musiekliefhebbers in alle musiekgenres, wat Afro pop, jazz, reggae, hip-hop en Afro beat insluit. Tydens die show sal hy liedjies van sy debuutalbum en ou gunstelinge sing. Toegang is N$40 en die show begin om 19:00. Wolfshack is in Macadamstraat in die suidelike nywerheidsgebied.

» Dis weer tyd vir die gewilde Windhoek City Market wat vandag om 13:00 by die Windhoek Buitekluboord plaasvind. Dis die ideale plek om ná 'n besige week jou skoene uit te skop en 'n goeie kos- en wynmark te geniet. Gryp gou ’n vroeë aandete en ’n yskoue boetiekbier. Die mark bied ’n verskeidenheid kos- en dekorstalletjies, internasionale disse, en plaaslike gunstelinge. Ouers kan deur die stalletjies loop, terwyl die jongspan by die kinderarea vermaak word. Toegang is N$40 vir volwassenes en gratis vir kinders onder 16.

» Môreoggend is die FNB Rock n Run. Daar is hope vermaak vir die jongspan, ’n staproete en Snotkop tree op.

» Silver Spoon Hospitality Academy bied môreoggend om 08:00 ’n broodbakkursus aan. Besoek hul webtuiste vir meer inligting.

» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3, in Klein Windhoek, bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak of plaaslik gekweek.

Maandag

» Showcase Namibia is 'n geleentheid vir toeriste en Namibiërs om tradisionele danse en plaaslike musiek saam te geniet. Dis ’n gereelde instelling by die Warehouse-teater en word elke Dinsdag aangebied. Toeriste word aangemoedig om deel te raak van ’n interaktiewe show van 45 minute. Kaartjies is teen N$170 by die deur beskikbaar. Dit begin om 16:15. Vir meer inligting, besoek die Warehouse-teater se Facebook-blad.



Dinsdag

» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.

» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.

Woensdag

» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare dromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-dromme word voorsien, maar entoesiastiese dromslaners word aangemoedig om hul eie dromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.



Donderdag

»Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!