Kalender 7 Desember

07 December 2018 | Kuns en vermaak
Nou aan die gang

» Die Rock Square Colour Festival vind môre om 10:00 by die Omulunga-stadion op Grootfontein plaas. Die fees bied ’n wye verskeidenheid vermaak vir oud en jonk. Kunstenaars sluit in DJ Alba Nalo, DJ Wat Wat, DJ Kenny en Stiggahouse. Kos- en drankstalletjies is beskikbaar en toegang vir kinders onder ses is gratis. Die helfte van die opbrengs deur kaartjieverkope sal aan die Pashukeni Charity-ouetehuis geskenk word vir hul Kersete. Kaartjies is by Pick n Pay en by webtickets.com.na beskikbaar.

» Die Swakopmund-modeweek skop vandag op dié kusdorp af. Plaaslike ontwerpers gaan hul uitrustings op die loopplank vertoon. Die geleentheid vind by die Mondesa Multipurpose-sentrum plaas en toegang beloop N$40 per modesessie. Vir meer inligting, besoek whatsonnamibia.com.na.

» Die jaarlikse Windhoek Pop Up Festival is vandag en môre by die United-sportgronde. Die tema vir vanjaar se fees is “Coachella". Dié opwipfees het ten doel om uitstallers die geleentheid te gee om nuwe markte te betree en handelsmerkbewustheid te bevorder. Kaartjies kan teen N$60 by die hekke gekoop word. Vir meer inligting, besoek whatsonnamibia.com.na/events.

» Die Tannery, net buite Windhoek naby Elisenheim, bied môre weer hul gewilde mark en wedloop aan. Die mark begin om 08:00 en kan tot 14:00 besoek word. Van die lekkerste plaaslike kos en drankies is beskikbaar. Doen solank jou Kersinkopies!

» Hekelwoorde van my Hart deur Tania Smit word vandag by The Taste Academy bekend gestel. Dit behels ’n aand van voorlesing en lekker kuier. Toegang is gratis. Heerlike kos en drankies van The Taste Academy sal te koop wees. Kontak Rhona Strauss by 081 295 3705 om plek te bespreek.

» Vanaand is ’n Salsa-aand by Cramer Ice Cream. Die aand sal met ’n 30 minute lange beginnersklas afskop. Geniet ’n aand van dans, Kubaanse drankies en eksotiese kos! Dit begin om 19:00 en hou tot laat aan! Skakel 081 129 6233 om ’n tafel te bespreek. Toegang is gratis, onthou net jou dansskoene en sit jou beste voet voor!

» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3, in Klein Windhoek, bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak of plaaslik gekweek.

Maandag

» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied met trots Unam se Beeldende Kunste-uitstalling vir 2018 aan. Dié uitstalling is tans in die NAGN se hoofgalery te sien. Die uitstalling weerspieël studente se toewyding en skeppendheid die afgelope akademiese jaar, en kan tot 19 Januarie besoek word.

Dinsdag

» Showcase Namibia is 'n geleentheid vir toeriste en Namibiërs om tradisionele danse en musiek saam te geniet. Dié geleentheid gaan ’n gereelde instelling by die Warehouse-teater word en vind vandag vir die eerste keer plaas. Showcase Namibia stel ons unieke plaaslike kultuur ten toon. Toeriste word aangemoedig om deel te raak van die interaktiewe vertoning van 45 minute. Kaartjies kan teen N$170 by die deur gekoop word. Vir meer inligting, besoek die Warehouse-teater se Facebook-blad. Die geleentheid begin om 15:00.

» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.

» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.

Woensdag

» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.



Donderdag

Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

Soortgelyk

 

NSFAF sluit ooreenkoms met Bank Windhoek

1 dag gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) en Bank Windhoek het vandag ʼn ooreenkoms aangegaan vir ʼn nuwe stelsel waardeur geld aan kwalifiserende studente gestuur...

Chinees Dinsdag in hof ná werker se skietdood

1 dag gelede | Misdaad

Die man wat gister na bewering deur sy Chinese werknemer in die Andara-nedersetting doodgeskiet is, is as mnr. Andreas Hausiku (32) geïdentifiseer.Hausiku was ‘n inwoner...

Twintig jaar tronkstraf vir verkragter

1 dag gelede | Howe

‘n 34-jarige man van Otjiwarongo is gister 20 jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n minderjarige. Die dogter was...

Taking charge

1 dag gelede | Mense

Mariselle Stofberg Anthea van Heerden decided to take a leap of faith to start her own company in Windhoek.She is the managing director and...

Moontlike deurbraak

1 dag gelede | Misdaad

Denver KistingDie man wat gisteroggend weens Maandag se bloedbad op Arandis aangekeer is, het glo vir etlike ure geweier om met die polisie saam te...

Só staan sake in die Namibiese huis

1 dag gelede | Regering

Denver KistingPres. Hage Geingob het gistermiddag gesê sy boodskap van “welvaart vir almal” moenie verkeerd verstaan word nie.Volgens hom was die bedoeling nooit om oordaad...

Kabajani blossoms at GIPF

1 dag gelede | Mense

Michelline Nawatises Annette Likeleli Kabajani is a holder of a bachelor’s degree from the University of Namibia (Unam). She has also attained several management and...

Baking a name for herself!

1 dag gelede | Mense

Ester Kamati At the age of 28, Alma Tangi Nakanduungileh is climbing the entrepreneurial ladder and adding sweetness to her clients’ lives. A qualified...

A passion to unlock potential

1 dag gelede | Mense

Ester KamatiJustina Mulokoshi is a chartered accountant (CA) at PwC who has big dreams and is constantly on the lookout for new ways to improve...