Kalender 6 Desember

06 December 2019 | Kuns en vermaak
Nou aan die gang

» Die Swakopmund KIA Makietie beloof om 'n ongelooflike geleentheid te wees. Swakopmund is onlangs as Kwêla se Dorp van die Jaar 2019 bekroon. Inwoners gaan die titel tydens die Makietie vier saam met almal wat vir Swakopmund gestem het. Dit word by die Vineta-sportterrein gehou met wonderlike plaaslike en internasionale kunstenaars, kosstalletjies, 'n lewenstyltent, kindervermaak en vele ander lekkertes. Moenie die grootste partytjie in Namibië misloop nie. Vandag tree onder andere Wynand & Cheree, Joharetha Nel, Half Jack, George Longane, Fatman, Juanita du Plessis en Die Campbells op. Môre duur die fees voort met ‘n damesoggend saam met Hannes van Wyk, gevolg deur Lollos, die Swakopmund Jeugkoor, Swakopmund Mannekoor, EES, Dirk van der Westhuizen, Jezelle, Willem Botha, Leah en Emo Adams. Besoek www.swakopevents.com vir kaartjies. Vir meer inligting, kontak Oliver by [email protected]

» Van môre tot Sondag 15 Desember hou die Swakopmund Wetenskaplike Vereniging 'n veiling met 'n versameling artefakte van Afrika-kuns in die Swakopmund Museum. Daar is 'n verskeidenheid oorspronklike skilderye deur kunstenaars van onder meer Malawi, Zambië en Mosambiek. Die artefakte bevat oorspronklike musiekinstrumente uit Ghana en Namibië, 'n gekerfde Malawiese stoel, 'n trommel uit die Kavango, 'n geweefde mandjie uit Noord-Namibië, groot houtlepels, stokke en ornamente, gekerfde houtmaskers, beelde van hout en seepsteen, bakkies en borde. 'n Minimum bodbedrag word aan elke item toegedeel. Die bieër met die hoogste bod koop die item. Die verrigtinge begin stiptelik elke dag om 10:00.

» Die Cat Protection Society of Namibia (CPSN) bied vandag ‘n aannemingsgeleentheid by Ferreiras Garden Centre in Windhoek aan. Dit kos N$650 vir een katjie en N$1 200 vir twee. Vir meer inligting besoek www.facebook.com/CPSWindhoek/

» Neem môreaand deel aan 'n prettige speletjie-aand en interaktiewe kunsklas by die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) saam met een van ons plaaslike visuele kunstenaars. Die kaartjies kos N$20, wat twee gratis drankies insluit. Die speletjie-aand begin om 17:00.

» Die eerste Namibiese konjak- en skemerkelkie-fiësta vind oormôre by die Safari Hotel plaas. Hierdie geleentheid is op konjak-en-skemerkelkie-entoesiaste gemik. Die bekende jazz-kunstenaar Suxy Eises sal tydens die geleentheid optree. Kaartjies kan by die deure teen N$400 gekoop word, en sluit 'n proeglas en 10 koopbewyse in. Die deure maak 16:00 oop.

» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3 in Klein Windhoek bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak of plaaslik gekweek.

Maandag

» Daar vind vanaand ‘n gratis meditasieklas by The Village in Windhoek plaas. Die klas gaan veral op asemhaling, stresvlakke en energie fokus. Neem jou eie kombers of jogamat, ‘n warm ding en jou ontvanklike hart saam. Die geleentheid begin om 18:00. Vir meer inligting besoek whatsonnamibia.com.na/events

» Na die sukses van verlede jaar bied die Swakopmund Kunsvereniging sy tweede weergawe van die Little Big Things-uitstalling aan. Dit bestaan uit werke wat onder meer uit skilderye, collages, afdrukke, juweliersware, tekeninge, pottebakkery, 3D-werke, foto's en draad- of kralewerk insluit, almal 20x20 cm. Dit is by die Woermannhaus-galery te sien. Die uistalling is tot Vrydag oop.

Dinsdag

» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.

Woensdag

» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.

Donderdag

» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

Soortgelyk

 

Meer as 1 000 aansoeke vir registrasie as noodsaaklike...

11 ure gelede | Ministeries

Die adjunk uitvoerende direkteur in die ministerie van industrialisasie en handel, me. Ndiita Nghipondoka-Robiati sê 1 100 aansoeke vir registrasie as noodsaaklike dienste is reeds...

Gevalle van geslagsgweld styg sedert begin van inperkingstyd

12 ure gelede | Ministeries

Die adjunk uitvoerende direkteur in die ministerie van geslagsgelykheid, armoedeverligting en maatskaplike welsyn, me. Martha Mbombo sê die aantal gevalle van geslagsgeweld het gestyg sedert...

Chinese vissersbote laat gaan

1 dag gelede | Visserye

Leandrea Louw - Die ses Chinese vissersbote waarop die Namibiese vloot beslag gelê het na hulle naby Hentiesbaai hul ankers laat sak het, is laat...

Gratis aanlyn jogaklasse vir almal

1 dag gelede | Gesondheid

Tanja Bause – Die Indiese hoëkommissariaat in Windhoek het gratis aanlyn jogaklasse bekend gestel. Die klasse sal vanaf Maandae tot Vrydae tussen 17:00 en 18:00...

Kos vir hongeres

1 dag gelede | Plaaslik

Tanja Bause – Me. Tracy Vermeulen (32) geleentheidsbestuurder van die Wanderers-sportklub, vrou en ma van drie dogters, sê geen gebaar is te groot of te...

Meatco se fabriek heropen Woensdag

1 dag gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - Meatco het in die lig van die staatsproklamasie wat die landbouwaardeketting as ’n noodsaaklike diens verklaar en ná gesprekke met die ministers...

Sardarov skenk beskermingsdrag vir gesondheidswerkers

1 dag gelede | Gesondheid

Die Russiese miljardêr en Namibiese grondbaron mnr. Rashid Sardarov gaan beskermende drag soos gesigmaskers, mediese brille, handskoene, persoonlike beskermende toerusting (PPE) en ander noodsaaklikhede ter...

Lufthansa: Nóg vlugte vir repatriëring

1 dag gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer - Benewens die vyf spesiale vlugte waarmee 1 200 Europeërs tussen Sondag en Woensdag uit Namibië na Frankfurt en München in Duitsland teruggekeer...

Virus knip kruistog kort

1 dag gelede | Plaaslik

Tanja Bause – Mnr. Martin Esterhuizen (58) het 10 km buite Windhoek terug na sy huis in Otjomuise gestap. Dít met ’n houtkruis. “Ek het...