Kalender 31 Mei

31 May 2019 | Kuns en vermaak
Nou aan die gang

» Is jy ’n boekwurm? Raak jy verlore in die wêreld van fiktiewe karakters? Indien wel, is hierdie geleentheid vir jou. Die Namibiese Wetenskaplike Vereniging bied tans ’n groot boekverkoping aan. Die verkoping vind daagliks van 08:00 tot 16:30 by die Namibiese Wetenskaplike Vereniging plaas en duur tot môre voort. Vir meer inligting, besoek die vereniging se webtuiste.

» Die kunsvereniging op Swakopmund bied die uitstalling Nature at its best aan. Die vereniging se privaat versameling is deel van die uitstalling, en spesiale, unieke kunswerke word ook vertoon. Nature at its best is by die Woermannhaus-galery te sien en is oop tot 20 Julie 2019. Die galery is Maandae tot Vrydae van 10:00 tot 12:00 en 15:00 tot 17:00 oop. Saterdae kan dit van 10:00 tot 12:00 en Sondae van 10:00 tot 12:00 besoek word.

» ?Outdoor Events Logistics bied vandag om 10:00 ’n fondsinsameling vir droogtehulp aan. Fondse wat ingesamel word, sal aan die Dare to Care-projek geskenk word om boere te help om voer vir hul diere te koop. Die volgende kunstenaars sal by die geleentheid optree: Aleit Swanepoel, Andriette Norman, Johan Yssel en Marelize Horn. Dit vind by De Kayak in Windhoek plaas. Kaartjies kos N$500 per persoon en sluit kos en drankies in. Vir meer inigting en kaartjies, besoek www.today.com.na/events.

» Dit is weer tyd vir die jaarlikse Kasi Vibe-fees. “Kasi" verwys na die plek waar jy gebore is en wat vir jou “huis” is. Die fees streef daarna om ’n toeganklike platform vir jong entrepreneurs te skep om hul oorspronklike produkte te vertoon. Die fees duur tot Sondag en vind by die Sam Nujoma-stadion plaas. Hekke maak om 10:00 oop en kaartjies kos N$50 per persoon.

» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3, in Klein Windhoek, bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak of plaaslik gekweek.

Maandag

» Showcase Namibia is 'n geleentheid vir toeriste en Namibiërs om tradisionele danse en plaaslike musiek saam te geniet. Dis ’n gereelde instelling by die Warehouse-teater en word elke Dinsdag aangebied. Toeriste word aangemoedig om deel te raak van ’n interaktiewe show van 45 minute. Kaartjies is teen N$170 by die deur beskikbaar. Dit begin om 16:15. Vir meer inligting, besoek die Warehouse-teater se Facebook-blad.

» Die Kunsvereniging op Swakopmund bied Symphony of Colours aan. Dié groepuitstalling is tans by die Woermannhaus-galery. Ondersteun plaaslike kunstenaars en waardeer hul wonderlike, oorspronklike kuns.

Dinsdag

» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.

» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.

» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) nooi alle kunsliefhebbers uit om vanaand die solo-uitstalling Metaphor, deur die Namibiese beeldende kunstenaar Alfeus Mvula, te besoek. “Mvula se kuns word deur sy persoonlike lewe en vroeë ervarings in Namibië beïnvloed,” sê dr. Meredith Palumbo in die inleiding vir sy katalogus genaamd Identity. Sy voer verder aan: “Die onderwerp van sy kuns verwys na sy landelike wortels en sluit uitbeeldings van beeste, tradisionele voorwerpe, Afrikarokke en die landskappe van die Noorde in.” Die uitstalling het ’n kragtige metafoor vir Namibiërs geword. Mvula sê: “Die kop is deel van die liggaam; die kop is iemand in beheer van ’n groep; kop is die plek van ons verstand en verstandelike vermoëns”. Metaphor is tot 22 Junie by die NAGN te sien.



Woensdag

» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare dromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-dromme word voorsien, maar entoesiastiese dromslaners word aangemoedig om hul eie dromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.

» Die Goëthe-Institut bied The Power of Emotions – Macht der Gefühle aan, wat vanaand om 18:00 open. Die uitstalling beeld die Duitse gemeenskap se reaksie op die hantering van meganismes van maatskaplie en politieke verandering oor die afgelope 100 jaar uit. Die versameling foto’s en tekste bekyk hoe emosies beide maatskaplike en politieke aangeleenthede beïnvloed. Die uitstalling sal ook na Tsumeb, Otjiwarongo en Swakopmund reis.

Donderdag

» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

Soortgelyk

 

Hardap-sluise nóg groter getrek

2 dae gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Die Hardapdam se sluise is om 10:30 nóg groter oopgetrek sodat dit nou 300 m³ water per sekonde uitlaat – ‘n aanpassing...

La Niña skop dalk nóú in

2 dae gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl die weerkantoor ‘n weerwaak vir vandag vir wydverspreide donderbuie oor die westelike helfte van die binneland uitgereik het, meen ‘n weerkenner...

Selfdegeslaghuwelike ly neerlaag … vir nou

2 dae gelede | Howe

Jana-Mari Smith – Drie hoërhofregters het hulle gister sterk ten gunste van die wetlike erkenning van selfdegeslaghuwelike in Namibië uitgespreek, maar het nietemin die aansoeke...

Elisenheimrivier sleep motors weg

2 dae gelede | Weer

Augetto Graig – Die Elisenheimrivier het Woensdagaand motorvoertuie saamgesleep toe dit verby die Farmers Kitchen restaurant by Gastefarm Elisenheim oorstroom het. Me. Rentia van der...

Hardap loop gou vol

2 dae gelede | Weer

Elvira Hattingh – Die Hardapdam sou na verwagting laat gisteraand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sou oopgetrek moes word....

kykNET se ‘Wat Dit Vat’: Hier’s die kunstenaars

2 dae gelede | Byvoegsels

Dit was pret, dit was plesier en dit was ’n malligheid op note. Toe die briljante musikant en musiekvervaardiger Loki Rothman gesê het hy gaan...

Fees van klassieke musiek ten bate van kanker

2 dae gelede | Byvoegsels

Een van die mees begaafde pianiste in Namibië, Johann van der Merwe, bied môre (22 Januarie) 'n uitvoering aan om geld in te samel om...

Working with high standards of technology

2 dae gelede | Mense

Wetumwene Shikage Not expecting to find a smooth and easy way of work, Romario Arnat describes his working experience as an eye-opener as to how...

Taking steady growing curves

2 dae gelede | Mense

Wetumwene Shikage Timothy Olivier’s passion and dedication has been a key driver in his success not only within Old Mutual, but throughout his...