Kalender 31 Augustus

Nou aan die gang

» Die Omaruru Kunstefees is goed op dreef. Met die beste vermaak, drink- en eetgoed, kunsuitstallings en ander lekkertes, is Omaruru dié naweek die plek om te wees. Die feesprogram bestaan uit onder andere Suid-Afrikaanse kunstenaars soos Corlea Botha, Joseph Clark en Altus Theart, asook plaaslike talent. Vir meer inligting, besoek Omaruru Kunstefees se Facebook-blad.

» Die Sound for Sight-musiekfees vind vanaand by SKW in Windhoek plaas. Die fees strek oor twee dae, met die uitsluitlike doel om die lewens van gesiggestremde Namibiërs te verbeter. Met regstreekse shows deur van jou gunsteling- Namibiese én Suid-Afrikaanse kunstenaars is dit iets om nie mis te loop nie. Just Jinjer, Akkedis en Crimson House sal onder andere optree. Kaartjies is by Computicket beskikbaar en die fees skop om 16:00 af.

» Die stigter van Song Night, Lize Ehlers, en die Song Night-ambassadeur vir 2018, Chris B, is vanaand op die Warehouse-teater se verhoog te sien. Hulle gaan onder meer klassieke treffers van The Beatles, The Rolling Stones, Elton John, Queen, Abba en vele meer sing. Kaartjies is by die deur teen N$150 beskikbaar en die show begin om 19:00. Vir meer inligting, besoek die Warehouse-teater se Facebook-blad.

» Die alombekende Boeremark vind môreoggend by Windhoek se skougronde plaas. Die mark is van 08:00 tot 13:00 oop. Ondersteun ons plaaslike produsente en smul aan die lekkerste kosse. Toegang is N$5 vir volwassenes en gratis vir kinders. Moenie te laat gaan nie, want al die lekkernye verkoop soos die spreekwoordelike soetkoek.

» Die Nedbank-lentefees skop môre in die hoofstad af. Die fees bestaan uit twee staproetes, wat ’n 5 km-pretloop en ’n 10 km-wedloop insluit. Besoek today.com.na/events vir wegspringtye.

» Christine Ferreira, spreker en redakteur van die tydskrif Lééf, bied môreoggend ’n praatjie vir vroue by die Arebbusch-hotel en -konferensiesentrum aan. Die tema is God se liefde vir vroue. Tydens die praatjie sal heerlike ontbyt en onder meer klere- en juwelestalletjies beskikbaar wees. Kaartjies vir die damesontbyt beloop N$300 en is by The Bible Shop in Onafhanklikheidsrylaan 428, Windhoek, en by die NG Kerk Windhoek-Wes se kerkkantoor beskikbaar. Vir meer inligting, besoek whatsonnamibia.com.na.

» African Vocals hou môre ’n fondsinsamelingskonsert vir hul toer Duitsland toe in Mei volgende jaar. Die konsert vind om 19:00 by Laerskool Namib se aula plaas. Die groep gaan die verhoog met die Swakopmunder-mannekoor, die Mondesa-jeug se marimba-groep en Elemotho, een van Namibië se gewildste kunstenaars, deel. ’n Kontantkroeg en vingerhappies is tydens die geleentheid beskikbaar. Kaartjies is by Laerskool Namib se aula teen N$80 te koop.

» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3, in Klein Windhoek, bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak en plaaslik gekweek.

Maandag

» Textures & Textiles is ’n groepuitstalling wat die Amerikaanse kunstenaar Carol Marshner-Malone se werk tans by die Woermannhaus-galery op Swakopmund vertoon. Dit word met trots deur Swakopmund se kunsvereniging aangebied. Besoek die galery Maandag tot Vrydag tussen 10:00 en 12:00, of 15:00 en 17:00, en Saterdag tussen 10:00 en 12.00. Toegang is gratis.

» Namibië se Kunsvereniging hou vanaand om 17:30 hul tweede jaarlikse algemene vergadering by die ou Grüner Kranz-kompleks. Hierdie vereniging het ten doel om plaaslike kunstenaars en hul kuns te bevorder. Raak deel van dié aktiewe kunsgemeenskap.

» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied met trots They tried to bury us, deur Isabel Tueumuna Katjavivi, aan. Dié uitstalling behels verskeie geskiedkundige gebeure wat die kunstenaar in ’n reeks kunswerke omskep het. Dit duur tot 8 September en toegang is gratis. Besoek die NAGN se webtuiste vir meer inligting.

Dinsdag

» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.

» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.

Woensdag

» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.



Donderdag

» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.99 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.13 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 208.86/OZ UP +0.83% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0028 | Zinc US$ 2 445.40/T DOWN -0.45% | Brent Crude Oil US$ 87.07/BBP UP +0.79% | Platinum US$ 896.85/OZ UP +0.22% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.99 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.13 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 208.86/OZ UP +0.83% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0028 | Zinc US$ 2 445.40/T DOWN -0.45% | Brent Crude Oil US$ 87.07/BBP UP +0.79% | Platinum US$ 896.85/OZ UP +0.22%