Kalender 30 Augustus

Lloyd Zandberg
Nou aan die gang

» Die jaarlikse Katutura Ekspo word vandag en môre gehou. Die ekspo bied aan nuwe en opkomende ondernemings ‘n platform vir die nodige bloodstelling waar plaaslike sake-eienaars aan verskillende diensverskaffers voorgestel word. Dit sluit bemarking, menslike hulpbronne, finansiële dienste, mobiele telekommunikasie, kleinsake en verwante kommersiële ondernemings in. Die ekspo is die eerste van sy soort en word in die hart van Katutura by die Sam Nujoma-stadion aangebied. Die hekke maak vandag om 08:00 oop en môre om 08:30. Kaartjies is by today.com.na/events beskikbaar.

» ‘n Fotografie-uitstalling getiteld Sister Tribe deur die bekende, plaaslike fotograaaf Karin Retief is tans by Woermannhaus-galery op Swakopmund te sien. Met haar aangrypende werk neem Retief jou op ‘n reis wat handel oor die vroue van Afrika, volgens haar die ruggraat van die vasteland. Die uitstalling duur tot 22 September en toegang is gratis.

» Vanaand is die gewilde Windhoek City Market weer in die hoofstad. Geniet ’n onbeperkte vonkelwynproe van verskeie wynkelders uit Suid-Afrika. Dié mark is die ideale plek waar jy jou skoene ná ’n besige week kan uitskop en lekker kos en wyn onder die Namibiese sterre kan geniet. Dit bied ’n verskeidenheid kos- en dekorstalletjies. Daar is ook ’n kinderarea, en stalletjies met plaaslike en ingevoerde juwele, leerprodukte, klere, skoene en dekor. Toegang is N$40 vir volwassenes en gratis vir kinders onder 16. Die hekke maak om 16:00 oop.

» Early B tree môreaand by die Dejavu Club op Rehoboth op. Liedjies waarvoor Early B bekend is, sluit in "Leka djy" en "Ben Ten". Kunstenaars soos Rush, DJ Knuckles en DJ Cell gaan saam met hom optree. Vir meer inligting oor Early B se besoek aan Rehoboth, kontak gerus vir Franscio van Wyk by 085 374 6486.

» Hartlief Shop en Bistro het onlangs groot opknappings ondergaan, en maak môre om 11:00 sy deure amptelik vir die publiek oop. Gaan vier saam die nuwe en verbeterde Hartlief Shop & Bistro wanneer die bekende Hannes Kaufmann en Wouter de Bruyn vanaf 11:00 die publiek met hulle musiek vermaak. Moenie die spesiale aanbiedinge misloop nie. Vir meer inligting besoek Hartlief se webtuiste of Facebook-blad.

» Die gewilde Boeremark word weer môre by die Windhoekse Skouterrein gehou. Die Boeremark bied tuisgebak, vleis en allerlei lekkernye aan. Daar is iets vir almal besikbaar. Die hekke maak om 08:00 oop en belangstellendes kan tot 13:00 tussen die stalletjies snuffel. Toegang is N$5 per persoon. Moet dit nie misloop nie.

» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3 in Klein Windhoek bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak of plaaslik gekweek.

Maandag

» Die Pottebakkersvereniging van Namibië (PAN) se negende keramiekbiënnale word eersdaags by die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) aangebied. Die geleentheid is die hoogtepunt op die PAN-kalender en lok jaarliks talle inskrywings en pottebakkery-entoesiaste. Die biënnale is tans oop en sal tot 20 September duur. Bank Windhoek het die geleentheid, saam met verskeie ander ondernemings in Namibië en Suid-Afrika, ruim geborg. PAN bied vanjaar kontantpryse in ’n verskeidenheid kategorieë aan. Dit sluit onder meer wielwerk, handbeeldhouwerk, nuwe werke en nuweling van die jaar in. Die nuweling van die jaar word deur die publiek aangewys. Vir meer inligting, besoek www.pan.iway.org of stuur ’n e-pos na [email protected]

» Showcase Namibia is ’n geleentheid vir toeriste en Namibiërs om tradisionele danse en plaaslike musiek saam te geniet. Dis ’n gereelde instelling by die Warehouse-teater en word elke Dinsdag aangebied. Toeriste word aangemoedig om deel te raak van ’n interaktiewe show van 45 minute. Kaartjies is teen N$170 by die deur beskikbaar. Dit begin om 16:15. Vir meer inligting, besoek die Warehouse-teater se Facebook-blad.

Dinsdag

» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.

» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.



Woensdag

» Disruption in Time is ‘n uitstalling van visuele kunswerke wat deur meer as een kunstenaar vervaardig is, maar nie tegelyk of in dieselfde ruimte nie. Dit open vandag by die Goethe-instituut. Die uitstalling is deur Jaimee-Lee Diergaardt gekoördineer en ondersoek die tema en konsep van hoe herinneringe ‘n persoon se kuns en persoonlike identiteit beïnvloed. Die uistalling is tot 20 September oop vir die publiek. Toegang is gratis.

» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.

Donderdag

» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!