Kalender 3 Mei

03 May 2019 | Kuns en vermaak
Nou aan die gang

» Sluit aan by ’n treinreis van Windhoek se hoofstasie af na Okapuka Ranch op die Starline Express-trein. Okapuka is die perfekte plek vir ’n piekniek en ‘n groot piekniekbuffet-ete sal bedien word. ’n Kroeg sal vir die middag oop wees. Die trein vertrek 11:00 van Windhoek se hoofstasie af en keer weer omtreeks 16:00 terug na Windhoek. Die tema vir die dag is wit en belangstellendes word vriendelik versoek om in wit op te daag. Kaartjies is by www.eventstoday.com.na beskikbaar. Toegang vir volwassenes beloop N$320 en N$250 vir kinders onder 12. Vir meer inligting, besoek whatsonnamibia.com.na/events

» ?Namibië vier vanjaar die Outjo Wildsfees se 16de bestaansjaar. Dit vind vandag en môre

by Sophienhof Lodge, 10 km buite Outjo op die Khorixas-pad plaas. Dit beloof om weer ? fees te wees wat jy nie gaan vergeet nie, en die belangrikste van alles is dit bly steed die lekkerste fees in Namibië. Maak 'n naweek daarvan, bring die hele gesin, laai vir Ouma en Oupa op, nooi jou beste vriende of jou hele familie en kom deel in alles wat Outjo se gasvryheid jou kan bied. Bly oor op Sophienhof of die Tentedorp en Overlander Camp op die feesterrein, of bespreek jou slaapplek betyds by enige van Outjo en omgewing se vele lodges, kampplekke, hotelle of gastehuise. Stalletjies open soggens om 8:30 met ? verskeidenheid produkte, voertuie, inligting, speletjies, heerlike kossoorte om aan te smul en verfrissende drankies om jou met nuwe moed te vul. Daar is twee vermaaktente om van te kies, naamlik die hooftent en die Glaskas (in die OK Proe-en-Kuier-tent) en vanjaar word nog meer vertonings aangebied. Die baie suksesvolle jaarlikse wildsveiling word in samewerking met die Otjikondo Boerevereniging en Du Preez Wild aangebied. Topgehalte genetika van veral die Bastergemsbok bly ’n groot aantrekking vir wildtelers. Hierdie katalogusveiling vind môre om 12:00 plaas. Kaartjies is by Computicket, OK Foods Outjo of op die feesterrein self te koop. Die volledige program is op Facebook beskikbaar.

» Creations is ’n uitstalling van die werk van Namibiese kunstenaars ter viering van 29 jaar van onafhanklikheid. Die projek beoog om kunstenaars uit verskillende agtergronde byeen te bring. Van tradisionele kuns tot moderne werk word uitgestal. Die doel is om ’n wye verskeidenheid dissiplines ’n platform te bied waardeur kunstenaars bande met mekaar kan smee. Creations is nog net vandag by die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) te sien.

» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3, in Klein Windhoek, bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak of plaaslik gekweek.

Maandag

» Showcase Namibia is 'n geleentheid vir toeriste en Namibiërs om tradisionele danse en plaaslike musiek saam te geniet. Dis ’n gereelde instelling by die Warehouse-teater en word elke Dinsdag aangebied. Toeriste word aangemoedig om deel te raak van ’n interaktiewe show van 45 minute. Kaartjies is teen N$170 by die deur beskikbaar. Dit begin om 16:15. Vir meer inligting, besoek die Warehouse-teater se Facebook-blad.

» Die Kunsvereniging op Swakopmund bied Symphony of Colours aan. Dié groepuitstalling is tans by die Woermannhaus-galery. Ondersteun plaaslike kunstenaars en waardeer hul wonderlike, oorspronklike kuns.

Dinsdag

» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.

» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.

Woensdag

» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare dromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-dromme word voorsien, maar entoesiastiese dromslaners word aangemoedig om hul eie dromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.



Donderdag

» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

Soortgelyk

 

Regering staan bakhand vir 2% van Namibiërs se jáárlikse...

14 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die verwarring oor of die regering Namibiërs vra om 2% van een maand of een jaar se basiese salaris te skenk, is...

Making employees feel at home at Plastic Packaging

1 dag gelede | Mense

JONELL MALAN Human resource management is a function in organisations designed to maximise employee performance in the service of an employer’s strategic objectives. One empowers...

Duisende registreer vir e-taks

1 dag gelede | Ministeries

Elvira Hattingh - Altesaam 192 225 belastingopgawes is teen Dinsdag via die ministerie van finansies se nuwe aanlyn belastingdiens, die geïntegreerde belastingadministrasiestelsel (Itas), ontvang.Mnr. Tonateni...

Apollo 11-euforie só onthou

1 dag gelede | Tegnologie

Ronelle Rademeyer - Namibië se eie ruimteman, dr. Japie van Zyl, sê ’n getekende foto van die drie Apollo 11-ruimtevaarders, Neil Armstrong, Buzz Aldrin en...

Kalender 12 Julie

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Bottomless Coffee Band is ’n instrumentele, alternatiewe duo wat bestaan uit die getroude paartjie Lourens en Esté Rabé van Kaapstad, Suid-Afrika....

Weer vir 19 Julie 2019

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm in die Noorde.KUS: Sonnig en matig tot warm.GETYE BY WALVISBAAI: H 04:47 L 10:41...

Nuwe begin vir vier wildehonde

1 dag gelede | Omgewing

Francoise Steynberg - Ná die tragiese skietvoorval in Februarie waarin drie wildehonde van die N/a’an ku sê-stigting en -wildreservaat glo deur personeel van die...

Just a click away

1 dag gelede | Gesondheid

Michelline Nawatises Organic Box is an online grocery shop specialising in selling organic vegetables, meat and dairy products, farm produce, and speciality homemade products.It was...

Rundu surveys new extensions

1 dag gelede | Plaaslik

The Rundu town council plans to survey two new extensions in the Tuhingireni informal settlement for N$ 1 million, according to the head of town...