Kalender 29 September

Lloyd Zandberg
Nou aan die gang

» Die grootste fees wat al ooit op Otjiwarongo plaasgevind het, die Otjifest, skop vandag af. Van die beste plaaslike en Suid-Afrikaanse kunstenaars, ‘n sokkertoernooi, vermaaklikheid vir kinders, uitstallings, kos en ses biertente gaan feesgangers gelukkig hou. Die fees is ‘n eerste vir Otjiwarongo. Tydens die fees gaan 10 bokgevegte plaasvind, waarvan drie nasionale titelgevegte sal wees. Vir meer inligting, besoek www.whatsonnamibia.com/events.

» Barbara Böhlke Art School, in samewerking met die FNCC, bied met trots die Free to Fly-uitstalling aan. Hierdie uitstalling bestaan uit die werke van studente aan dié kunsskool. Meer as 100 kunswerke met die tema Free to Fly is deur die studente geborg. Die kunstenaars se ouderdomme wissel van ses tot 80. Alle kunswerke is te koop terwyl 10 werke deur bekende kunstenaars opgeveil gaan word. Geld wat ingesamel word, gaan aan die Wilderness Therapy-organisasie geskenk word. Belangstellendes kan uitsien na ’n groot verskeidenheid kunswerke in verskillende mediums. Barbara Pirron, Cathy McRoberts, Elisia Nghidishange, Fillipus Sheehama, Frieda Lühl, Helen Harris, Hercules Viljoen, Isabel Katjvivi, Ismael Shivute, Mieke Droomer, Nicky Marais en Barbara Böhlke is van die kunstenaars wie se werke ten toon gestel word. Toegang is gratis en die uitstalling duur tot 19 Oktober.

» Die jaarlikse Reggae-fees is vanaand weer by Zoo-park. Die gaskunstenaar van Jamaika, Pampi Judah, is ’n groot trekpleister by vanjaar se fees, asook Ras Sheehama, Set-son and the Mighty Dreads en Gerry Dread. Omidi de Africa, Word Sound and Power, The Generalz en West Coast Empire is van die plaaslike kunstenaars wat op die verhoog te sien gaan wees. Toegang kos N$150 vir volwassenes. Kaartjies is by www.whatsonnamibia.com beskikbaar.



» Die Windhoek City Market trek vanaand ‘n Asiese jas aan. Alle kos en verversings sal ‘n Asiese tema hê. Hierdie mark bied iets aan almal in die gesin - van lekker kos tot mooi versierings. Met van die land se beste wyne, koeke en nageregte is hierdie mark die beste manier om ná ‘n lang week rustig te verkeer. Toegang vir volwassens is N$40 en kinders onder 15 gaan verniet in. Die mark is van 16:00 tot 21:30.

» Kom geniet môre ’n regstreekse konsert saam met Kaleidoskoop by Oppi-Berg. Geniet ’n intieme piekniekatmosfeer met kaas, ’n glasie goeie wyn en ’n uitsonderlike uitsig oor Windhoek, terwyl die son agter die rante in ’n knipoog verdwyn. Bring kussings en komberse. ’n Handjievol paviljoen- en grasbaalsitplekke sal gratis beskikbaar wees. Piekniekborde, goeie wyn en koffie met kultuur word verkoop. Eie eet en drinkgoed word nie toegelaat nie. Geskik vir alle ouderdomme. Toegang is N$20 vir kinders van 13 jaar en jonger. Alle wins is ten bate van opheffingswerk onder die San-mense van Drimiopsis. Vir verdere navrae, skakel Henning by 081 124 2398, Shaun by 081 226 1806 of die kantoor by 061 227 744.



Maandag

» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.

» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië bied met trots die vierde Bank Windhoek-triënnale aan. Na ’n baie suksesvolle debuut in 2008 het nóg twee in 2011 en 2014 gevolg. Die vierde Bank Windhoek-triënnale is ’n grootskaalse uitstalling. Dit duur tot 28 Oktober.



Dinsdag

» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by Flaunt beskikbaar.

Woensdag

» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar donasies is welkom. Vir meer inligting, besoek “Ongoma trading as Drum Café Namibia” op Facebook, of hul webtuiste, www.ongoma.com, of www.drumcafe.co.za./Namibia.php.

Donderdag

» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Die konserte is oop vir almal.

» Something-Artsy nooi jou vir iets anders as net ‘n gewone aand uit. As jy op soek is na ‘n onvergeetlike aand met lekker gesels en kreatiwiteit, is dié wyn- en skilderaand net vir jou! Binne twee ure sal jy jou eie unieke kunswerk skilder. Jy het geen ondervinding nodig nie. Die prys sluit twee glase wyn en alle kunsbybehore in. Die geleentheid begin om 18:00 by die Cosdef Arts & Craft Centre in Swakopmund. Toegang beloop N$250. Kaartjies is by www.today.com.na/events beskikbaar.



Vrydag

» Elke Vrydag en Saterdag bied die Warehouse-teater Mashura aan - ’n musiekvertoning by die Boiler Room. Mashura begin om 21:00 of ná die vertoning in die hoofteater.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.83 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.18 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.91 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.18 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 381.16/OZ UP +0.05% | Copper US$ 4.46/lb UP +1.10% | Zinc US$ 2 861.10/T UP 1.39% | Brent Crude Oil US$ 86.81/BBP DOWN -0.004 | Platinum US$ 931.72/OZ DOWN -0.0048 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.83 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.18 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.91 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.18 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 381.16/OZ UP +0.05% | Copper US$ 4.46/lb UP +1.10% | Zinc US$ 2 861.10/T UP 1.39% | Brent Crude Oil US$ 86.81/BBP DOWN -0.004 | Platinum US$ 931.72/OZ DOWN -0.0048