Kalender 26 April
Nou aan die gang
» Dis vanaand weer tyd vir die immer gewilde Windhoek City Market. Dié keer is die tema “We are Africa” wanneer die mark kragte met Ongoma / Drum Café Namibia saamsnoer. Die mark is die ideale plek waar jy ná 'n besige week jou skoene kan uitskop, goeie kos en goeie wyn kan geniet. Daar’s ’n verskeidenheid kos- en dekorstalletjies, asook ’n kinderarea. Toegang is N$40 vir volwassenes en gratis vir kinders onder 16.
» Die Swakopmund-kunsvereniging bied Something Old, Something New, Something Borrowed, Something Blue by die Woermannhaus-galery aan. Hierdie skeppende uitstalling woeker met herbruikbare voorwerpe en herskepte kunswerke. Sowat 20 verskillende herskepte horlosies word uitgestal. Die uitstalling is tans oop en duur tot 21 Mei. Vir verdere inligting, besoek whatsonnamibia.com.na/events.
» Sluit oormôre by die eerste Lagoon Park-familiemark vir vanjaar aan. Geniet die herfsgees en -vermaak saam met jou gesin. Die mark se hekke maak om 09:00 oop. Onthou jou sonskerm en piekniekkombers. Toegang is gratis. Kos- en ander stalletjies sal beskikbaar wees.
» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3, in Klein Windhoek, bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak of plaaslik gekweek.
Maandag
» Showcase Namibia is 'n geleentheid vir toeriste en Namibiërs om tradisionele danse en plaaslike musiek saam te geniet. Dis ’n gereelde instelling by die Warehouse-teater en word elke Dinsdag aangebied. Toeriste word aangemoedig om deel te raak van ’n interaktiewe show van 45 minute. Kaartjies is teen N$170 by die deur beskikbaar. Dit begin om 16:15. Vir meer inligting, besoek die Warehouse-teater se Facebook-blad.
» Die Kunsvereniging op Swakopmund bied Symphony of Colours aan. Dié groepuitstalling is tans by die Woermannhaus-galery. Ondersteun plaaslike kunstenaars en waardeer hul wonderlike, oorspronklike kuns.
Dinsdag
» Creations is ’n uitstalling van die werk van Namibiese kunstenaars ter viering van 29 jaar van onafhanklikheid. Die projek beoog om kunstenaars uit verskillende agtergronde byeen te bring. Van tradisionele kuns tot moderne werk word uitgestal. Die doel is om ’n wye verskeidenheid dissiplines ’n platform te bied waardeur kunstenaars bande met mekaar kan smee. Creations is tot 3 Mei by die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) te sien.
» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.
» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.
Woensdag
» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare dromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-dromme word voorsien, maar entoesiastiese dromslaners word aangemoedig om hul eie dromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.
Donderdag
» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie