Kalender 23 Junie
Nou aan die gang
» Pak vandag ’n piekniekmandjie en raak deel van die eerste WINE ON TAP by die MegaCentre in Windhoek. Daar gaan onbeperkte wyn, kosstalletjies, kinderhoekies en ander vermaaklikhede wees. Kaartjies vir hierdie feestelikheid is by die volgende handelaars beskikbaar: Cajaka Furniture, Downtown Bliss, Mommy Wellness Namibia, TeigHaus Frozen Dough en Leonora's Décor en kos N$100.
» Die Nasionale kunsgalery van Namibië bied met trots die foto-uitstalling Inspiration through the lens – Home is where the heart belongs aan. Die uistalling open vandag. Ndasuunye Papa Shikongeni is ’n Namibiese kunstenaar wat internasionaal bekend is vir sy drukwerk, musiek en beeldhouwerk. In die hierdie uitstalling, wat Shikongeni se eerste solo foto-uitstalling is, kan belangstellendes die bekroonde fotograaf Tony Figueria, wat vroeër vanjaar gesterf het, se invloed op Shikongeni se werk sien. Toegang is gratis. Vir meer inligting, besoek die NAGN se webtuiste.
» Wêreldmusiekdag word môre by die FNCC gevier. Verskeie bekende kunstenaars sal gratis optree. Daar gaan ook stalletjies wees wat die lekkerste kos en kunsvlyt aanbied. Verskeie aktiwiteite vir die hele gesin sal ook beskikbaar wees. Die vieringe begin om 10:00 en duur tot 17:00. Wêreldmusiekdag word met trots deur Bank Windhoek en Total Namibië aangebied. Besoek die FNCC se webtuiste vir meer inligting.
» Dit is môre weer tyd vir die Nedbank Fun Run and Walk. Vir diegene wat topfiks is, is daar die 10 km Citi Dash met ’n 50 minute-afsnytyd. Die res kan lekker loop en gesels in die 5 km-pretloop. N$60 000 se pryse is op die spel. Besoek www.whatson.com vir meer inligting oor hierdie wedren.
Maandag
» Fotografiedosent Djunior Svane bied slypskole in digitale fotografie vir beginners en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.
Dinsdag
» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou aan tot laataand. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by Flaunt, die nuwe restaurant by die Warehouse, beskikbaar.
» Chronicles of her: fantasies and realities, ’n uitstalling deur Shammah Phiri, open vandag by die FNCC. Die kunstenaar ontbloot haar siel met ’n versameling foto’s wat sy tydens die soeke na haarself geneem het. Hierdie is nie net ’n uitstalling nie, dis ’n liefdesverhaal.
Woensdag
» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word verskaf, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar donasies is welkom. Vir meer inligting, besoek “Ongoma trading as Drum Café Namibia” op Facebook of hul webtuiste, www.ongoma.com, of www.drumcafe.co.za./Namibia.php.
Donderdag
» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Die konserte is oop vir almal.
Vrydag
» Elke Vrydag en Saterdag bied die Warehouse-teater Mashura aan - ’n musiekvertoning by die Boiler Room. Mashura begin om 21:00 of ná die vertoning in die hoofteater.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie