Kalender 2 Augustus

02 August 2019 | Kuns en vermaak
Nou aan die gang

» Die Project Room bied Urte Remmert se solo-uitstalling Tars & Ashes aan. In 2015 het ’n motorongeluk Urte Remmert se lewe verander. Sy het die ongeluk oorleef, maar haar man, wat haar eerlikste kritikus was, het nie. Urte het haar stryd, pyn en hartseer begin dokumenteer om die gebeure te verwerk. Haar aanvanklike gedagtes het sy in sketse, krabbels, gedigte, artikels, woedende uitstortings en klein collages vervat, wat alles in ’n joernaal aangeteken is. “Die neerskryf en sorteer, lees en mediteer het my nie net gehelp om my wonde te genees nie, maar het ook gelei tot vier woedende houtskooltekeninge en 18 collages – sommige kleurvol, sommige in monochromatiese toon.” Vir Urte is kuns ’n genesingsproses “waarby my hele wese betrokke is, wat die menslike toestand bevraagteken en waarin my verstand uiteindelik bevryding en verlossing vind”. Tars & Ashes duur tot 18 Augustus. Besoek The Project Room se webtuiste vir meer inligting.

» El Barrio Tapas Bar and Restaurant bied weer hul gewilde straatmark aan. Wees deel van die derde mark met die tema Blues on the Street. Oner andere sal die bekende Sean K by die mark optree. Dit begin om 16: 00 en duur tot ounag. Hou hul Facebook-blad vir meer inligting dop.

» Die Nasionale Teater van Namibië (NTN) bied vanaand en môreaand die musiekblyspel Every Woman aan. Die stuk vertel die storie van Grace wat ’n kombuistee vir haar vriendin Amelia aanbied en al haar hegte vriendinne oornooi. Ook by die tee is Amelia se pedantiese suster Amanda en Grace se baas, Victoria. Die vroue bespreek moederskap, mans, huwelike en alles tussenin. Later, tydens ’n drinkspeletjie, word geheime en wrokke uitgelap, wat dreig om die susters uitmekaar te skeur en selfs die troue te laat ontspoor. Die show begin om 19:00 en kaartjies is by Computicket beskikbaar.

» Die Gereformeerde Kerk in Windhoek bied môreoggend om 08:00 ‘n basaar aan.

Daar sal heerlike pannekoek, Kalahari-burgers en worsrolle wees en pragtige items om te koop. Jy kan selfs heerlike vars groente en wildsmaalvleis van die plaas af kry. Daar sal ’n springkasteel en lekkernye vir die kinders wees.



» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3, in Klein Windhoek, bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak of plaaslik gekweek.

Maandag

» Showcase Namibia is 'n geleentheid vir toeriste en Namibiërs om tradisionele danse en plaaslike musiek saam te geniet. Dis ’n gereelde instelling by die Warehouse-teater en word elke Dinsdag aangebied. Toeriste word aangemoedig om deel te raak van ’n interaktiewe show van 45 minute. Kaartjies is teen N$170 by die deur beskikbaar. Dit begin om 16:15. Vir meer inligting, besoek die Warehouse-teater se Facebook-blad.

» Wat as die lug groen was, of jy was ’n vrou en ’n man, of jy het vlerke gehad, of jy kon deur jou oë praat of kinders kon reëls maak, en die woestyn kon huil of Windhoek was die poort na Mars? Wat as jy ’n ander werklikheid vir die wêreld kan skep? Hoe sal dit lyk en voel? Vir jou en vir ander? WHAT IF is ’n kunstuitstalling wat Maandag by die Namibian Arts Association Gallery open. Hierdie uitstalling duur tot 12 Augustus en behels ’n spektrum van apokaliptiese en utopiese visioene. Die uitstalling is oop vir mense van alle ouderdomme en agtergronde. Skoolgroepe en studente is welkom. Kontak [email protected] of 081 714 3832 vir meer inligting.

Dinsdag

» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.

» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.

Woensdag

» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare dromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-dromme word voorsien, maar entoesiastiese dromslaners word aangemoedig om hul eie dromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.

Donderdag

» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

Soortgelyk

 

Chasing your dream

11 ure gelede | Mense

Ester Kamati Aina Johannes completed her matric at Windhoek High School in 2015 and is currently pursuing her studies in marketing management at the International...

Kinderverkragter: ‘Ek is skuldig’

11 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - Die 50-jarige Jeremia van Wyk het gister skuldig gepleit op die verkragting en ontvoering van ’n vyfjarige meisie. Pas nadat Van Wyk gisteroggend van...

/Khomani wil verskeie Khomas-plase onteien

11 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - Die /Khomani-gemeenskap eis nie net die onteiening van plekke soos Dordabis, Aub en Omitara omdat dit aan hul voorvaders behoort het nie,...

Windhoekers kniediep in die skuld

11 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse stadsraad (CoW) het gister by monde van sy woordvoerder, mnr. Harold Akwenye, bevestig hul debiteure skuld hulle bykans N$900 miljoen...

Weer vir 6 Augustus 2019

11 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Noordooste. Elders sal dit sonnig en baie warm wees, maar matig tot warm in die Suide. Dit...

Maltas Club reaches out

11 ure gelede | Onderwys

Ester KamatiIn conjunction with First National Bank (FNB) Namibia, the University Centre for Studies in Namibia (Tucsin) and Dinapama Manufacturing and Supplies, the Maltas Club...

Making science easier

11 ure gelede | Onderwys

Justicia Shipena B2Gold Namibia, in collaboration with the education ministry, officially launched the flagship Little Shop of Physics (LSOP) teacher programme on 2 August...

Embracing differences

11 ure gelede |

Justicia Shipena As a way of bringing together and uniting the different cultural groups within the International University of Management (IUM) community,...

Peer-to-peer conversations

11 ure gelede | Skole

Ndakondja Uusiku Motivations will host the first-ever Purposeful Camp for teenagers aged between 15 and 19 from 28 November to 4 December 2019 at the...