Kalender 17 Augustus

Lloyd Zandberg
Nou aan die gang

» Die Franko-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) bied met trots Art is Beauty. Art is Love. Art is Life aan. Mona Vayda, skilder, fotograaf en skrywer, is ’n selfopgeleide multidissiplinêre kunstenaar wat met ’n wye verskeidenheid mediums werk. Sy ondersoek abstraksie deur gebruik te maak van helder kleure en gedempte palette, elk 'n uitbeelding van iets wat haar na aan die hart lê. Vayda het al in Australië, Switserland, die Verenigde Koninkryk en Namibië gewoon en reise deur Indië, China, Indonesië, Thailand, VSA en Suid-Afrika onderneem. Sy sê dit het alles bygedra tot haar ontwikkeling as individu en kunstenaar. Die uitstalling is tans aan die gang en kan tot 22 Augustus besoek word. Toegang is gratis. Besoek die FNCC se Facebook-blad vir meer inligting.

» Corks en Canvas bied vandag om 19:00 weer ’n verf- en kuiergeleentheid by die opwip- kunskafee by Maerua Mall aan. Kaartjies kos N$280 per persoon en sluit alle skildermateriaal en ’n glas wyn in. Die opbrengs van die kaartjies sal aan die Kankervereniging van Namibië (CAN) geskenk word. Kaartjies is beperk en kan by EventsToday gekoop word.

» Vandag word ’n droomvangerwerkwinkel van 10:00 tot 14:00 by Blohmstraat 34 in Windhoek aangebied. Dit kos N$300 per persoon en sluit alle materiale, asook ’n gesonde peuselhappie in. Kontak Suzi by 081 129 6244 of [email protected] om plek te bespreek.

» Die leuse van vanjaar se DHPS-basaar is "Laat die speletjies begin". Hierdie geleentheid bied iets vir die hele gesin – van speletjies tot heerlike kos en vermaak. Hekke is van 11:00 tot 22:00 oop, en stalletjies van 11:00 tot 17:00. Toegang beloop N$30 vir volwassenes en N$20 vir mense onder 18.

» Die Boiler Room by die Warehouse-teater hou môre om 20:00 ’n reggae-aand. Indien jy ’n reggae-liefhebber is, kan jy nie hierdie geleentheid misloop nie. Die bekende Crucial Selekta sal sy ding op die verhoog doen. Toegang is gratis. Vir meer inligting, besoek die Warehouse-teater se Facebook-blad.

» Namibië se nasionale rugbyspan neem môre aan die Rugby Africa Gold Cup deel om vir die 2019 Wêreldbeker-rugbytoernooi te kwalifiseer. Ondersteun ons nasionale span waar hulle by die Hage Geingob-stadion teen Kenia te staan kom. Die wedstryd skop om 16:00 af en kaartjies vir die toets is by Pick n Pay en www.webtickets.com.na beskikbaar. Toegang vir kinders onder ses is gratis.

» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3, in Klein Windhoek, bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak en plaaslik gekweek.

Maandag

» Vandag skop Suider-Afrika se kunsberaad (ASSA) in Windhoek af. Hierdie vier dag lange beraad word deur Namibië se Nasionale Kunsraad (NACN) aangebied en bring 150 plaaslike en internasionale afgevaardigdes uit die kunswêreld byeen. Toegang is gratis. Die beraad het ten doel om die toekoms van skeppendheid in Suider-Afrika te bespreek en word by die Windhoekse Buitekluboord aangebied. Die amptelike opening is vanaand om 19:00 en verrigtinge duur tot 22:00.

» Die Project Room bied Conversation with a Stranger deur Martina Basson en Marcii Goosen aan wat vanaand om 18:00 open. Hierdie uitstalling bestaan uit skilderye, illustrasies en afdrukke. Albei kunstenaars werk (hoofsaaklik) in swart en wit. Martina se werk behels fyn sketse, en Marcii se skilderye is abstrakte stellings. Tog is daar ’n verband tussen die twee se werke. Die uitstalling duur tot 25 Augustus.

» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied met trots They tried to bury us deur Isabel Tueumuna Katjavivi aan. Dié uitstalling behels verskeie geskiedkundige gebeure wat die kunstenaar in ’n reeks kunswerke omskep het. Dit duur tot 8 September en toegang is gratis. Besoek die NAGN se webtuiste vir meer inligting.

Dinsdag

» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.

» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.

Woensdag

» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.

Donderdag

» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!