Kalender 15 Maart

15 March 2019 | Kuns en vermaak
Nou aan die gang

» Die Goethe-Institut vertoon vanaand om 19:00 die fliek Rafiki. Dis die storie van Kena en Ziki in hul soeke na iets meer in die lewe. Ten spyte van die politiekery tussen hul gesinne bly die meisies goeie vriende, en ondersteun hulle mekaar om hul drome in 'n konserwatiewe samelewing te bewaarheid. Wanneer liefde tussen hulle blom, is die twee gedwing om tussen geluk en veiligheid te kies. Dié vertoning is deel van die jaarlikse German Week. Toegang is gratis. Besoek die Goethe-Institut se webtuiste vir meer inligting.

» Dis weer tyd vir die jaarlikse NAPSO Privaatskole Atletiek-naweek wat vandag en môre by Onafhanklikheidstadion plaasvind. Die Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP) is die gasheerskool vir dié geleentheid. Die volledige program is by die hek beskikbaar, of besoek WAP se webtuiste vir meer inligting.

» Vanjaar se Nasionale Spray-A-Thon vind vandag by die Kankervereniging van Namibië (CAN) plaas om Namibiese kinders met kanker te ondersteun. Die opbrengs hiervan is ten bate van CAN se CHICA-program (Children with Cancer in Namibia). Kontak MJ of Suann by (061) 237 740 of [email protected] vir meer inligting of om skenkings te maak.

» DHPS bied môreaand om 19:00 ’n musiekervaring soos nooit tevore aan. Die Duitse musikante Clemens Kröger (op klavier) en Daniel Sorour (op tjello) beskou hulself as 'n moderne duo. Dié gedugte span skryf musiek en ander produksies saam. Hul musiek bevat dialoog en beeld verskillende karakters uit. Vir meer inligting, besoek the-modern-cello-piano-duo.com

» Môre is daar ’n interaktiewe wildernisavontuur vir die jongspan by die Avisdam. Hierdie drie uur lange avontuur bied kinders die geleentheid om in kontak met die natuur en die aarde te kom. Die avontuur behels verskillende speletjies, uitdagings en demonstrasies om die jeug basiese oorlewingsvaardighede te leer. Skakel 081 277 9636 vir meer inligting of om ‘n plek te bespreek.

» Die Kunsvereniging op Swakopmund bied Symphony of Colours aan. Dié groepuitstalling open môreoggend by die Woermannhaus-galery. Ondersteun plaaslike kunstenaars en waardeer hul wonderlike, oorspronklike kuns.

» Die Reggaelution in Windhoek gaan môreaand voort met ’n gesamentlike produksie tussen die Warehouse-teater en Crucial Productions. Reggae-genres soos Rocksteady, RootsRock, Loversrock, NewAgeReggae en Dancehall sal van die hoogtepunte van die aand wees. Die kuier begin om 20:00. Toegang is gratis.

» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3, in Klein Windhoek, bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak of plaaslik gekweek.

Maandag

» Showcase Namibia is 'n geleentheid vir toeriste en Namibiërs om tradisionele danse en plaaslike musiek saam te geniet. Dis ’n gereelde instelling by die Warehouse-teater en word elke Dinsdag aangebied. Toeriste word aangemoedig om deel te raak van ’n interaktiewe show van 45 minute. Kaartjies is teen N$170 by die deur beskikbaar. Dit begin om 16:15. Vir meer inligting, besoek die Warehouse-teater se Facebook-blad.



Dinsdag

» Creations is 'n uitstalling van werke deur Namibiese kunstenaars om 29 jaar van Namibië se onafhanklikheid te vier. Die projek beoog om kunstenaars uit verskillende agtergronde byeen te bring. Van die meer tradisionele kunsvorms tot hedendaagse kuns word uitgestal. Die doel is om 'n wye verskeidenheid dissiplines ’n platform te bied waardeur kunstenaars met mekaar in verbinding kan kom. Creations open vandag om 18:00 by die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) en duur tot 3 Mei.

» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.

» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.

Woensdag



» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare dromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-dromme word voorsien, maar entoesiastiese dromslaners word aangemoedig om hul eie dromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.



Donderdag

Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

Soortgelyk

 

Noa verduidelik ACC-prosesse

3 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Nadat ’n bewering oor ’n goewerneur se beweerde korrupte optrede in die openbare ruimte beland het, was die Teenkorrupsiekommissie (ACC) genoop om...

Psemas stop uitbetalings

3 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht – Die administrateur van die staat se mediese fonds (Psemas) het opgehou om eise vir betaling te verwerk. Dít nadat die laaste betaling...

Dis nou maar wors!

3 ure gelede | Gebeure

Lesers wat in aanmerking wil kom vir die N$15 000 se inkopiebewyse in Shoprite Checkers se “Dis braaityd!”-kompetisie, moet gou speel met hul kiekies. Koop...

Kalender 15 Maart

3 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Die Goethe-Institut vertoon vanaand om 19:00 die fliek Rafiki. Dis die storie van Kena en Ziki in hul soeke na iets...

Weer vir 15 Maart 2019

3 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm tot bloedig warm met enkele donderbuie in die noordweste.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm met miskolle aanvanklik.GETYE...

Hepatitis E slaan kloue op Walvisbaai in

3 ure gelede | Gesondheid

Otis Finck – Die munisipaliteit van Walvisbaai het inwoners van dié dorp gevra om kalm te bly ná ’n uitbreking van hepatitis E bevestig is...

Dié mans staan pa vir hul kinders

3 ure gelede | Kuns en vermaak

Tanja Bause - Foto’s van Namibiese pa’s wat vir hul kinders sorg, word tot Sondag by die Okuryangava-sentrum vir gestremdes uitgestal. Dié uitstalling is moontlik...

Hou houtgerus oor papierwerk

3 ure gelede | Omgewing

Catherine Sasman - Ingeligte bronne sê die onwettige kap van skaars en beskermde bome duur in die verre noordooste van die land voort ondanks die...

Namibië maak stem dik

3 ure gelede | Kuns en vermaak

Eerskomende Saterdag sal die Windhoek Buitekluboord en Kasino die finale ronde van Voice of Namibia aanbied. Die kompetisie skep 'n platform vir jong, opkomende sangers...