Kalender 14 September

Lloyd Zandberg
Nou aan die gang

» Gerald Clarke en Guy Collins tree vanaand om 19:00 by Desert Tavern op Swakopmund op. Beleef hierdie legendes regstreeks by een van die kus se lekkerste uithangplekke. Kaartjies is by die deur teen N$60 beskikbaar. Moet dit nie misloop nie. Vir meer inligting, besoek whatsonnamibia.com.na/events.

» Is jy snaaks, skeppend en hou jy daarvan om mense te laat glimlag? Clowns ohne Grenzen (Hansworse sonder Grense Duitsland) bied môre van 08:30 tot 12:30 ’n basiese werkwinkel aan oor hoe om ’n nar te wees. Deelnemers ontvang ná die tyd ’n sertifikaat van bywoning en sal vir deelname aan Namibië se eerste span professionele hospitaalhansworse oorweeg word. Vir meer inligting, kontak Jana Marie by [email protected] of 081 382 5712.

» Die Nasionale Kankerstaptog 2018 vind vandag op verskeie dorpe in die land plaas. Sluit by die Kankervereniging van Namibië (CAN) en Radiowave aan vir ’n pretloop met sonsopkoms. Besoek whatsonnamibia.com.na/events vir wegspringtye. Geld wat ingesamel word, sal aan CAN oorhandig word.

» Môre vind ’n Lentefees op Elisenheim plaas. Die fees sal onder meer ’n potjiekoskompetisie, verskeie stalletjies, vermaak vir die hele gesin en eet- en drinkgoed bied. ’n Regstreekse optrede met van die gewildste langarmtreffers deur Joggie van Schalkwyk is ’n hoogtepunt. Die fees skop om 10:00 af. Vir meer inligting, kontak Johan Roux by 081 217 8833 of Yolandi van Taak by 081 454 9265.

» Die Quinton-Steele Botes Cancer Fund bied môreoggend van 08:00 to 11:00 ’n kankeronbyt by Windhoek se Buitekluboord aan. Die program behels gassprekers (kankerspesialiste) en getuienis van kankerpasiënte wat daarvan genees is. ’n Gaskunstenaar uit Suid-Afrika sal topvermaak verskaf. Motivering, emosionele ondersteuning en liefde is van kardinale belang vir mense wat deur kanker geraak word. Vir meer inligting, stuur ’n e-pos aan [email protected] of besoek allevents.in/Windhoek. Kaartjies beloop N$400 per persoon en sluit ontbyt in.

» Die tweede Trail Fun-geleentheid vind môre by die Daan Viljoen-wildreservaat plaas. Die wedloop bestaan uit twee afstande: 6 km of 9 km. Elke deelnemer wat die wedloop binne die bepaalde tyd voltooi, sal ’n medalje ontvang. Talle ander pryse sal ook uitgedeel word, en kos en drankies sal te koop wees. Die wedloop skop om 06:00 af.

» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3, in Klein Windhoek, bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak en plaaslik gekweek.

Maandag

» Erfenisweek 2018 skop vandag by die Franko-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) af. Namibië se belangrikste erfenisinstellings het saamgespan om dié geleentheid moontlik te maak. Vanjaar se tema is "Turuganeni Kumwe", wat beteken "Laat ons saamwerk" in Rukwangali. Geniet 'n aand van regstreekse kultuurvieringe en tradisionele Namibiese disse wat deur die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) verskaf word. Die geleentheid begin om 17:30 en toegang is gratis.

» Textures & Textiles is ’n groepuitstalling wat die Amerikaanse kunstenaar Carol Marshner-Malone se werk tans by die Woermannhaus-galery op Swakopmund vertoon. Dit word met trots deur Swakopmund se kunsvereniging aangebied. Besoek die galery Maandag tot Vrydag tussen 10:00 en 12:00, of 15:00 en 17:00, en Saterdag tussen 10:00 en 12.00. Toegang is gratis.

» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied met trots They tried to bury us, deur Isabel Tueumuna Katjavivi, aan. Dié uitstalling behels verskeie geskiedkundige gebeure wat die kunstenaar in ’n reeks kunswerke omskep het. Dit duur tot 8 September en toegang is gratis. Besoek die NAGN se webtuiste vir meer inligting.

Dinsdag

» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.

» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.

Woensdag

» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.



Donderdag

» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

» Silver Spoon Hospitality Academy bied vandag om 17:00 ’n kos-en-wyn-passing aan. Geniet heerlike kos en wyn deur student voorberei, terwyl jy gesellig met vriende en familie om ’n tafel verkeer. Kaartjies kos N$550 per persoon. Besoek Silver Spoon se Facebook-blad vir verdere inligting.

» Vandag vind Free Your Mind, Living Room sessions by die FNCC plaas. Hierdie stand up-komedie geleentheid kan jou wange én maag laat pyn van die lag. Die tema van vandeesweek se optrede is “My Comfort Zone” en handel oor hoe komediante in hul natuurlike omgewings beweeg en wat hulle waarneem. Kaartjies beloop N$70 en kan by die deur gekoop word. Die show begin 19:00. Vir meer inligting, besoek die FNCC se Facebook-blad.

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.13 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.34 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.13 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29667.71 Up +0.91% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 372.83/OZ UP +0.21% | Copper US$ 4.39/lb UP +1.64% | Zinc US$ 2 808.90/T DOWN -0.43% | Brent Crude Oil US$ 87.20/BBP DOWN -0.0058 | Platinum US$ 942.38/OZ UP +0.25% Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.13 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.34 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.13 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29667.71 Up +0.91% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 372.83/OZ UP +0.21% | Copper US$ 4.39/lb UP +1.64% | Zinc US$ 2 808.90/T DOWN -0.43% | Brent Crude Oil US$ 87.20/BBP DOWN -0.0058 | Platinum US$ 942.38/OZ UP +0.25%