Kalender 13 November
Nou aan die gang
» Being Here is 'n groepuitstalling wat die werke van Fillipus Sheehama, Barbara Böhlke, Nashilongweshipwe Mushaandja, Lynette Diergaardt, Ismael Shivute en Elisia Nghidishange uitstal. Beeldhouwerke, skilderye, tekstiele, uitvoerings en gemengde media is deel van die uitstalling. Being Here bestaan uit kunswerke wat op hul eie manier die kompleksiteit van identiteitsverkenning reflekteer. Die uitstalling open om 18:00 vandag by die StArt @ The Wolfshack. Toegang is gratis.
» Dit is weer tyd vir die jaarlikse Unam- visuele kunstuitstalling. Hierdie uitstalling bestaan uit die werk van die derde- en vierdejaardiplomastudente wat kursusse in bemarking, keramiek, mode, museumstudies en tekstiel voltooi. Hierdie is ‘n geleentheid vir kunsliefhebbers om die werk van Namibië se jong talent te besigtig. Die meesterstukke kan by die FNCC-galery tot 7 Desember bewonder word. Vir meer inligting, besoek die FNCC se Facebook-blad.
» Jaarliks hou die Project Room ’n groepuitstalling met ‘n gesamentlike tema. Die tema vir 2017 is Roots & Wings. Roots & Wings bestaan uit juwele, keramiek, fotografie, beeldhouwerk, skilderye en lewendige optredes, asook die voorlees van gedigte. Altesaam 29 kunstenaars is deel van hierdie merkwaardige uitstalling, wat tot 25 Novemeber besoek kan word. Vir meer inligting, kontak Frieda Luhl by [email protected] of 081 751 3026.
» Die Desert Painters bied met trots die A Year Full Of Life-uitstalling by die Woermanhaus-galery op Swakopmund aan. Die uitstalling duur tot 24 November.
»Aspoestertjie is ‘n verhoogproduksie wat op die bekende sprokiesverhaal gebaseer is. Aspoestertjie is vanaand en môreaand by die Nasionale Teater om 19:00 te sien. Hierdie romantiese komedie is aangepas om volwassenes se belangstelling te prikkel, terwyl die kleinspan betower word deur fantastiese kostuums, danspassies en liedjies. Kaartjies is by Computicket beskikbaar.
» Elke Vrydag en Saterdag bied die Warehouse-teater Mashura aan - ’n musiekvertoning by die Boiler Room. Mashura begin om 21:00 of ná die vertoning in die hoofteater.
» Dinsdag
» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by Flaunt beskikbaar.
» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.
Woensdag
» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe’s Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembetromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar donasies is welkom. Vir meer inligting, besoek “Ongoma trading as Drum Café Namibia” op Facebook, of hul webtuiste, www.ongoma.com, of www.drumcafe.co.za./Namibia.php.
Donderdag
» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Die konserte is oop vir almal.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie