Kalender 13 Julie

Lloyd Zandberg
Nou aan die gang

» Anin Namibia bied tans ’n uitstalling in die Omba-galery aan. Hierdie keer het hulle groepsborduurprojekte en maatskappye genooi om deel te neem. Die uitstalling is getitled Handborduurwerk in Namibië en is ’n viering van die handewerk en vaardighede wat dié pragtige handgemaakte goedere verg. 'n Verskeidenheid tradisionele en kontemporêre produkte van vervaardigers soos Anin, Ikhoba, Penduka, Inami, Myeisha en ander sal uitgestal word. Vir meer inligting, skakel Anabel Loubser by (061) 256 410.

» Die Franko-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) bied ’n uitstalling deur Annie Olivier aan. Annie is 'n plaasmeisie van die Kalahari en het haar kunsopleiding by Katutura Community Art-sentrum voltooi. Later het sy haar diploma in beeldende kunste aan die Ruth Prowse-kunsskool in Kaapstad voltooi. Sy maak gebruik van ultravioletlig in haar werk, wat die kyker ’n gevoel van ruimte gee. Die uitstalling is tans aan die gang en duur tot 7 Augustus. Toegang is gratis. Vir meer inligting, besoek die FNCC se Facebook-blad.

» Geniet ’n markomgewing môre by die Ou Brouery. Daar sal plaaslike musikante, heerlike kos en drankies wees. Urban Bitez sal die mae vol hou en die Tchitulas Band, Miss H en Vaughn Aherns sal jou vermaak. Toegang is gratis. Die mark begin om 14:00 en duur tot 20:30. Vir meer inligting, besoek whatsonnamibia.com.

» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3, in Klein Windhoek, bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak en plaaslik gekweek.

Maandag

» Die Nasionale Kunsgalery (NAGN) bied Made, Unmade aan. Hierdie uitstalling bestaan uit kunswerke van die Britse kunstenaar Julie Brook en is tot 28 Julie in die NAGN se laer galery te sien. Julie het 25 jaar lank tussen onbewoonde en afgeleë landskappe in Noordwes-Skotland rondgetrek, geleef en geskep. Julie studeer aan Oxford-universiteit se Ruskin-skool vir teken en kuns. Baie van haar werk is tydelik en gemaak uit dit waaruit die landskap bestaan. Julie maak gebruik van film en fotografie. In September 2017 het sy 'n navorsings- en ontwikkelingstoekenning van Creative Scotland ontvang. Vir meer inligting, besoek:www.juliebrook.com.

» Die FNCC wil jou help om jouself te beskerm. Bemagtig jouself en jou gemeenskap deur te leer hoe om te alle tye veilig te wees. Sensei Bruno, wat ’n swart belt karate het, gaan jou teoretiese en praktiese selfverdedigingstegnieke leer. Wees ’n oorlewende, nie 'n slagoffer nie. Dié selfverdedigingsklas word vandag om 19:30 aangebied en toegang is gratis.

Dinsdag

» Sakeus Nghitungumbala, 'n menslike hulpbronnebestuurstudent aan die Universiteit van Namibië (Unam), gebruik sy insig oor die mensdom om illustrasies van "swartmeisiemagies" met Adobe Photoshop te doen. Sy werk verteenwoordig "jong, swart meisies" en hy betoon daardeur eer aan dié vroue. Die uitstalling open vandag om 17:30 by die FNCC en toegang is gratis.

» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.

» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.

Woensdag



» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.

Donderdag

» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!