Kalender 12 Julie

Lloyd Zandberg
Nou aan die gang

» Bottomless Coffee Band is ’n instrumentele, alternatiewe duo wat bestaan uit die getroude paartjie Lourens en Esté Rabé van Kaapstad, Suid-Afrika. Dié twee is op pad Namibië toe vir die bekendstelling van hul album Anthelia en hul session-sitkamermusiek, ’n konsep wat in die loop van twee jaar in hul sitkamer ontwikkel het. Hulle sing ook bekende liedjies van ander kunstenaars wat hulle inspireer. Die groep is gestig toe Lourens en Esté studente aan die Universiteit Stellenbosch was. Hulle het nie net musiek in gemeen gehad nie, maar uiteindelik ook ’n liefdesverhaal wat vandag steeds voortknetter. Die Bottomless Coffee Band tree vanaand en môreaand by die Warehouse-teater op. Kaartjies kos N$190 per sitplek in die middelblok en N$150 per sitplek aan die kante. Alle kaartjies vir die Warehouse-teater is by Webtickets beskikbaar, of by Deon Blaauw by 081 128 5050.

» Vanaand is die immer gewilde Windhoek City Market weer in die hoofstad. Geniet ’n vonkelwynproe van verskeie wynkelders uit Suid-Afrika. Dié mark is die ideale plek waar jy jou skoene ná ’n besige week kan uitskop en lekker kos en wyn onder die Namibiese sterre kan geniet. Dit bied ’n verskeidenheid kos- en dekorstalletjies. Daar is ook ’n kinderarea. Stalletjies met plaaslike en ingevoerde juwele, leerprodukte, klere, skoene en dekor is beskikbaar. Toegang is N$40 vir volwassenes, en gratis vir kinders onder 16.

» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3, in Klein Windhoek, bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak of plaaslik gekweek.

Maandag

» Showcase Namibia is 'n geleentheid vir toeriste en Namibiërs om tradisionele danse en plaaslike musiek saam te geniet. Dis ’n gereelde instelling by die Warehouse-teater en word elke Dinsdag aangebied. Toeriste word aangemoedig om deel te raak van ’n interaktiewe show van 45 minute. Kaartjies is teen N$170 by die deur beskikbaar. Dit begin om 16:15. Vir meer inligting, besoek die Warehouse-teater se Facebook-blad.

» Wat as die lug groen was, of jy was ’n vrou en ’n man, of jy het vlerke gehad, of jy kon deur jou oë praat of kinders kon reëls maak, en die woestyn kon huil of Windhoek was die poort na Mars? Wat as jy ’n ander werklikheid vir die wêreld kan skep? Hoe sal dit lyk en voel? Vir jou en vir ander? WHAT IF is ’n kunstuitstalling wat Maandag by die Namibian Arts Association Gallery open. Hierdie uitstalling duur tot 12 Augustus en behels ’n spektrum van apokaliptiese en utopiese visioene. Die uitstalling is oop vir mense van alle ouderdomme en agtergronde. Skoolgroepe en studente is welkom. Kontak [email protected] of 081 714 3832 vir meer inligting.

Dinsdag

» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.

» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.

» The Project Room bied die solo-uitstlalling Wonderful Women deur Kudzanai Katerere aan. Kudzanai, wat in Zimbabwe gebore is, het op 'n jong ouderdom begin skets en sy talent is gou ontdek. In 2006 was hy onder die toptien jong beeldhouer-finaliste in die African Millennium Foundation-kompetisie. Dis twee jaar sedert Kudzanai se laaste solo-uitstalling by The Project Room. By hierdie uitstalling in 2017 het hy besef dit is hoofsaaklik vroue wat hom in sy loopbaan as kunstenaar ondersteun. Sy nuwe werke beeld dus belangrike vroue in sy lewe uit. "Vroue is wonderlik gemaak, hulle dra kinders, hul liefde is onoorwinbaar, hul haarstyle is wonderlik, hul individuele skoonheid moet erken word. Ek laat klippe hieroor praat.” Die uitstalling begin vandag om 18:00 by The Project Room in Windhoek. Besoek die galery Dinsdae tot Vrydae van 9:00 tot 19:00 en Saterdae van 10:00 tot 19:00



Woensdag

» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare dromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-dromme word voorsien, maar entoesiastiese dromslaners word aangemoedig om hul eie dromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.

» Die Goëthe-Institut bied The Power of Emotions – Macht der Gefühle aan, wat tans vir die publiek oop is. Die uitstalling beeld die Duitse gemeenskap se reaksie op die hantering van maatskaplike en politieke verandering oor die afgelope 100 jaar uit. Die versameling foto’s en tekste bekyk hoe emosies beide maatskaplike en politieke aangeleenthede beïnvloed. Die uitstalling sal ook na Tsumeb, Otjiwarongo en Swakopmund reis.

Donderdag

» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!