Kalender 12 Julie

Lloyd Zandberg
Nou aan die gang

» The Project Room bied die solo-uitstlalling Wonderful Women deur Kudzanai Katerere aan. Kudzanai, wat in Zimbabwe gebore is, het op 'n jong ouderdom begin skets en sy talent is gou ontdek. In 2006 was hy onder die toptien jong beeldhouer-finaliste in die African Millennium Foundation-kompetisie. Dis twee jaar sedert Kudzanai se laaste solo-uitstalling by The Project Room. By hierdie uitstalling in 2017 het hy besef dit is hoofsaaklik vroue wat hom in sy loopbaan as kunstenaar ondersteun. Sy nuwe werke beeld dus belangrike vroue in sy lewe uit. "Vroue is wonderlik gemaak, hulle dra kinders, hul liefde is onoorwinbaar, hul haarstyle is wonderlik, hul individuele skoonheid moet erken word. Ek laat klippe hieroor praat.” Die uitstalling begin vandag om 18:00 by The Project Room in Windhoek. Besoek die galery Dinsdae tot Vrydae van 9:00 tot 19:00 en Saterdae van 10:00 tot 19:00.

» Gerrie Pretorius & Caroline Grace toer vir die eerste keer saam en is Julie in Namibië te sien. Maak seker jy loop nie hul vertoning op jou dorp mis nie. Hulle toer skop vanaand by Wanderers-sportklub in Windhoek af. Kaartjies beloop slegs N$200 per persoon en N$180 vir pensioenarisse. Dit alles ten bate van die Namibië Boere-droogtehulpfonds. Die show begin om 18:00 vir 18:30. Kontak 081 288 2886 om kaartjies te bespreek.

» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3, in Klein Windhoek, bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak of plaaslik gekweek.

Maandag

» Showcase Namibia is 'n geleentheid vir toeriste en Namibiërs om tradisionele danse en plaaslike musiek saam te geniet. Dis ’n gereelde instelling by die Warehouse-teater en word elke Dinsdag aangebied. Toeriste word aangemoedig om deel te raak van ’n interaktiewe show van 45 minute. Kaartjies is teen N$170 by die deur beskikbaar. Dit begin om 16:15. Vir meer inligting, besoek die Warehouse-teater se Facebook-blad.

» Wat as die lug groen was, of jy was ’n vrou en ’n man, of jy het vlerke gehad, of jy kon deur jou oë praat of kinders kon reëls maak, en die woestyn kon huil of Windhoek was die poort na Mars? Wat as jy ’n ander werklikheid vir die wêreld kan skep? Hoe sal dit lyk en voel? Vir jou en vir ander? WHAT IF is ’n kunstuitstalling wat Maandag by die Namibian Arts Association Gallery open. Hierdie uitstalling duur tot 12 Augustus en behels ’n spektrum van apokaliptiese en utopiese visioene. Die uitstalling is oop vir mense van alle ouderdomme en agtergronde. Skoolgroepe en studente is welkom. Kontak [email protected] of 081 714 3832 vir meer inligting.

Dinsdag

» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.

» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.



Woensdag

» Namibian Identity Through Textiles is ’n solo-uitstalling deur die Namibiese kunstenaar Lynette Diergaardt, wat tans by die Nasionale Kunsgalery (NAGN) te sien is. Die uitstalling behels ’n versameling afdrukke wat die soeke na ’n Namibiese identiteit uitdruk deur patrone, herhaling, kleur en tekstuur te gebruik. “So lank as wat ek ’n student en kunsonderwyser was, was daar ’n soektog na Namibiese identiteit, veral ná apartheid, en dalk ook weens internasionale invloede,” sê Lynette. Die kunstenaar is die afgelope vier jaar op ’n ontdekkingsreis oor Namibiese identiteit. Namibian Identity Through Textiles is tot 6 Julie oop vir die publiek. Vir ander uitstallings wat by die NAGN plaasvind, besoek hul webtuiste of Facebook-blad.

» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare dromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-dromme word voorsien, maar entoesiastiese dromslaners word aangemoedig om hul eie dromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.

» Die Goëthe-Institut bied The Power of Emotions – Macht der Gefühle aan, wat tans vir die publiek oop is. Die uitstalling beeld die Duitse gemeenskap se reaksie op die hantering van maatskaplike en politieke verandering oor die afgelope 100 jaar uit. Die versameling foto’s en tekste bekyk hoe emosies beide maatskaplike en politieke aangeleenthede beïnvloed. Die uitstalling sal ook na Tsumeb, Otjiwarongo en Swakopmund reis.

Donderdag

» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!