Kalender 11 Oktober

11 October 2019 | Kuns en vermaak
Nou aan die gang

» Die lang verwagte plaaslik vervaardigde rolprent Land of the Brave begin vandag landswyd in rolprentteaters draai. Die intrige volg die lewe van 'n stoere polisieman wat ‘n reeks haatlike moorde ondersoek en uiteindelik ontbloot, Terselfdertyd is daar 'n meedoënlose verslaggewer wat haar diepste, donkerste geheime uit haar verlede onthul. Besoek mydorpie.com vir meer inligting oor die datums en tye.

» Die Project Room bied met trots die uitstalling Limbadungila deur die kunstenaar Tuli Mekondjo aan. Tuli, wat op Swakopmund grootgeword het, is 'n selfopgeleide kunstenaar. Die uitstalling bevat ‘n reeks werke wat onafhanklike vroue in die alledaagse lewe vasvang, en sodoende die swaarkry en moeilike omstandighede van vandag se lewe weerspieël. In die werke dra die vroue almal iets wat baie waarde vir hul het, en skuil misterieus agter 'n deursigtige sluier. Die sluiers is simbolies vir suiwerheid of maagdelikheid, of beskerming. Die uitstalling open vandag om 18:00 by The Project Room en duur tot 26 Oktober.

» #Selfie is 'n solo-uitstalling deur die Namibiese fotograaf en visuele kunstenaar Lukas Amakali, geïnspireer deur die hedendaagse digitale era en die invloed van sosiale media op die mens. Amakali beskou selfies as 'n voorstelling van homself en sy identiteit. Hy gebruik fotografie om sy gevoel oor die digitale era te uiter. Die reeks werke bestaan uit selfies wat deur middel van ‘double exposures’ geneem is. Die uitstalling open vandag om 18:00 by die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) en duur tot 9 Novemeber.

» Die 6de Kuns en Kultuurfees vir kinders vind môre by Zoo Park in die hoofstad plaas. Toegang is gratis en daar is baie vermaak vir die jongspan, asook dansitems en die maak van kunsvlyt. Kom ons kweek al op ‘n jong ouderdom ‘n voorliefde vir die kunste. Die hekke maak 10:00 oop en die pret duur tot 15:00. Vir meer inligting besoek whatsonnamibia.com/events

» Lotus Zen Den bied môreoggend ‘n Mandala-werkswinkel aan. Dit begin om 13:30 en gaan onder meer fokus op die patrone, lyne en struktuur van tradisionele mandala. Dit kos N$350 per persoon en sluit tee/koffie en alle gereedskap in. Dis belangrik om plek te bepreek, weens beperkte spasie. Skakel 081 129 6244 of stuur ‘n e-pos na [email protected] om plek te bespreek.

» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3 in Klein Windhoek bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak of plaaslik gekweek.

Maandag

» Dis Wetenskapweek en die Goethe-instituut en Wetenskaplike Vereniging van Namibië nooi die publiek uit na die vertoning van “Anote’s”. Dié dokkie handel oor die Stille Oseaan-land Kiribate met ‘n bevolking van sowat 100 000. Kiribate is een van die mees afgeleë plekke op die planeet, ver verwyder van die druk van die moderne lewe. Tog is dit een van die eerste lande wat die belangrikste eksistensiële dilemma van ons tyd moet konfronteer: Vernietiging weens die styging van die seevlak. Die vertoning begin om 19:30 by die verening.

Dinsdag

» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.

» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.

» Na die sukses van verlede jaar bied die Swakopmund Kunsvereniging sy tweede weergawe van die Little Big Things-uitstalling aan. Dit bestaan uit werke wat onder meer uit skilderye, collages, afdrukke, juweliersware, tekeninge, pottebakkery, 3D-werke, foto's en draad- of kralewerk insluit, almal 20x20 cm. Dit is by die Woermannhaus-galery te sien.

Woensdag

» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.

Donderdag

» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied met trots die uitstalling Fashion Beyond Trends aan. Die uitstalling is deur die Namibiese mode-ontwerper Cynthia Schimming wat haarself as 'n visuele storieverteller beskou. Die doel van die uitstalling is om naaldwerkers, kleremakers en opkomende ontwerpers te inspireer. Dit duur tot 9 November.

Soortgelyk

 

The rose among the thorns

1 dag gelede | Mense

Justicia Shipena It would be difficult to meet anyone who is as passionate about food and educating people about a vegan diet than 25-year-old...

A peek into the HR world

1 dag gelede | Mense

Julia MushellengaThere are a few initiatives one can use to empower employees, but my main preference is through engagement. It’s important to create engagement platforms...

Fishrot-klankie tref korrupsie-indeks

1 dag gelede | Misdaad

Jo-Maré Duddy - Hoewel die Fishrot-skandaal in die jongste korrupsieverslag van 'n internasionale waghond vermeld word en Namibië vier plekke op 'n wêreldindeks moes inboet,...

Boere betáál vir ‘katkoppe’

1 dag gelede | In beeld

Veilingspryse vir tollies en verse bereik tans nuwe rekordhoogtes, met die hoogste prys van N$47,37 per kg wat vandeesmaand tydens ’n Blaauwberg-veiling op Grootfontein betaal...

Swartlys sy voorland, sê Hatuikulipi

1 dag gelede | Howe

Denver Kisting - Die eertydse uitvoerende hoof van Investec Asset ­Management en een van die sogenaamde Fishrot-beskuldigdes, mnr. James ­Hatuikulipi, sê sy bankrekening is N$150...

Bank Windhoek assigns Muukua with CSI and Stakeholder Engagement...

1 dag gelede | Gemeenskap

Bank Windhoek has appointed Veripura Muukua as its new Communication Practitioner, tasked with Corporate Social Investment (CSI) and Stakeholder Engagement, effective Wednesday, 15 January 2020.In...

Investing in the people

1 dag gelede | Gemeenskap

Mariselle Stofberg“A new decade signals a time for reflection and focus on new opportunities that lie untapped before us. A decade passed teaches of victories,...

Commit to be fit

1 dag gelede | Mense

Mariselle Stofberg It takes exceptional perseverance and determination to continue to chase your dreams despite adversity and complications that may arise. Jonathan Mweneni Mwafangeo has...

The value of the journey

1 dag gelede | Mense

Mariselle Stofberg“So many times I focused on what I wanted to become, neglecting the process required to get there. As I matured, I realised the...