Kalender 1 Februarie

01 February 2019 | Kuns en vermaak
Nou aan die gang

» Die plaas Shalom, sowat 10 km buite Swakopmund, bied môre Grow with Shalom aan om Namibiërs meer oor die kweek van groente en vrugte te leer. Shalom produseer verskeie groente- en vrugtesoorte vir die Namibiese mark en behaal groot sukses daarmee. Op die plaas is ook ’n blomplantasie, olyfbome en ’n restaurant. Belangstellendes kan môre om 09:00 ’n draai daar gaan maak vir ’n dag in die natuur, lekker kos en pret vir kinders. Almal is welkom en toegang is gratis. Kontak 081 305 6646 vir meer inligting.

» Vanjaar se Night Under the Stars (NUTS) skop met 'n solo-vertoning deur Ashwyn Mberi af, wat bekend is vir sy boeiende energie en liriese vermoëns. Met nuwe musiek en poësie, asook ou gunstelinge, beloof dit om ’n lekker aand te wees. Die show begin om 19:00 en kaartjies kan by die deur gekoop word.

» Noudat almal Januworry oorleef het, is dit tyd om weer bietjie pret te hê. DJ Soulfood (van Duitsland) en DJ Musketeer is terug met nog hip-hop-sessies. Jy kan van jou gunsteling-hip-hop-treffers vanaand by The Loft, in die Warehouse-teaterkompleks, geniet. Om die jaar behoorlik af te skop, sal Hilifa94 ook deel van die partytjie wees. Die dansvloer open om 20:00 en kaartjies is N$50 by die deur.

» Dis môreoggend weer tyd vir die Boeremark aan die lewendehawekant van Windhoek se skougronde. Vars produkte soos vis, vleis, varsgebak, vars vrugte, eet- en drinkgoed, pragtige handgemaakte produkte, kindervermaak en vele meer is beskikbaar. Kom drink iets kouds en geniet jou ontbyt of middagete in ’n lekker familie-atmosfeer. Toegang is slegs N$5 vir volwassenes en kinders, en toegang vir pensioenarisse is gratis. Hekke maak 08:00 oop.

» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied die RMB Art Come Together-uitstalling aan. Dit bevat werke van werkwinkels wat in die Khomas-, Kavango-Oos-, Oshana- en Hardapstreek gehou is. Dié werkwinkels moedig spanwerk onder die deelnemers aan en bied jong deelnemers die geleentheid om in 'n veilige en bemoedigende omgewing skeppend binne ’n groep te wees. Dit fokus daarop dat ons moet kan saamwerk en vorentoe beweeg om volhoubaarheid, vindingrykheid en uitnemendheid te bereik. Dié projek is deel van die NAGN se strategiese doelwitte. Die uitstalling is tans oop en kan nog vandag en môre besoek word. Toegang is gratis» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3, in Klein Windhoek, bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak of plaaslik gekweek.

Dinsdag

» Showcase Namibia is 'n geleentheid vir toeriste en Namibiërs om tradisionele danse en plaaslike musiek saam te geniet. Dit gaan ’n gereelde instelling by die Warehouse-teater word en elke Dinsdag aangebied word. Toeriste word aangemoedig om deel te raak van ’n interaktiewe show van 45 minute. Kaartjies is teen N$170 by die deur beskikbaar. Dit begin om 16:15. Vir meer inligting, besoek die Warehouse-teater se Facebook-blad.» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.

» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.

Woensdag

» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare dromsessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-dromme word voorsien, maar entoesiastiese dromslaners word aangemoedig om hul eie dromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.

Donderdag

Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

Soortgelyk

 

Okahandja-kleinhoewe oorstroom weer

1 uur gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl die polisie gistermiddag bevestig het ‘n vrou is nog soek nadat die Okahandjarivier haar vroeg gisteroggend meegesleur het, was ‘n kleinhoewe-eienaar...

Geingob stil oor kleiner kabinet

1 uur gelede | Regering

Denver Kisting – Ten spyte van die groot gewag daaroor in sy Oujaarsrede weet Namibiërs nog nie hoe groot pres. Hage Geingob se verkleinde kabinet...

Eerste swartpootwildekat kry nekband

1 uur gelede | Omgewing

Francoise Steynberg - Daar is geskiedenis gemaak toe Namibië se eerste swartpootwildekat vandeesweek met 'n nekband toegerus is. "Om die klein katjies op te spoor,...

Weer vir 27 Februarie 2020

1 uur gelede | Weer

WEERWAAK: Verspreide donderbuie sal oor die noordelike streke en Omaheke- en Khomasstreek voortduur waar kitsvloede verwag word. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik...

Drie stroop glo renoster in Etosha

1 uur gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - Nege verdagtes is verlede week in verband met renosterstropery of -horingsmokkelary in hegtenis geneem. Vanaf 17 tot 23 Februarie is beslag op...

Droogte: Baie boere wurg nog

1 uur gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - Foto’s van vol riviere, opgaardamme waarvan die vlakke styg en panne water langs die pad en in die veld het die afgelope...

PDM, ECN hof toe gesleep

1 uur gelede | Politiek

Denver Kisting – Mnr. Norman Tjombe, die Windhoekse prokureur wat vier ontstoke Popular Democratic Movement (PDM)-lede verteenwoordig, het gister bevestig hulle gaan hof toe.Alle aanduidinge...

Volksmoorduitstalling veroorsaak onmin

1 uur gelede |

Jemima Beukes - Die bekendstelling van ’n Ovaherero- en Nama-volksmoorduitstalling getiteld “Learning from the past” is vir ‘n tweede keer uitgestel te midde van bewerings...

Etosha-heining: ‘Sny middelman uit'

1 uur gelede | Omgewing

Francoise Steynberg - Die ministerie van die omgewing en toerisme gaan baie geld spaar deur die middelman uit te sny met die opgradering van die...