Kalahariwoestyn Internasionale Strafhof toe gesleep

Kalahariwoestyn onder skoot

09 September 2019 | Misdaad
Denver Kisting – Die People’s Litigation Centre (PLC), ’n plaaslike regsdrukgroep, het ’n klag van misdade teen die mensdom by die Internasionale Strafhof in Den Haag in Nederland ingedien.

Die PLC het die klag die afgelope Vrydag teen die Namibiese weermag (NDF), die polisie, korrektiewe dienste en die stadspolisie aanhangig gemaak.

Dít kom nadat ’n gesamentlike teenmisdaadveldtog verlede week ’n tweede lewe geëis het.

Mnr. Benesius Kalola (32) is Donderdag omstreeks 10:45 glo deur lede van die operasie geskiet terwyl hulle na wat verneem word besig was om ’n dwelmklopjag uit te voer.

Mnr. Trevor Brockerhoff, ’n Windhoekse prokureur, het ook opnuut teen die veldtog uitgevaar.

Hy het die afgelope naweek in die sosiale media geskryf: “Operasie Kalahari slaan weer toe. Soos ek vantevore aangedui het: Dié bloedbad sal nie ophou solank die weermag op ons strate is nie. Hoeveel meer lewens moet verloor word voor dit by die owerhede insink die militarisering van ons strate sal nie die gewenste uitwerking hê nie?”

‘Beduidende hoeveelheid dagga’

Hoofinsp. Kauna Shikwambi, polisiewoordvoerder, sê die owerhede het tydens die klopjag op “’n beduidende hoeveelheid dagga” beslag gelê en drie verdagtes aangekeer.

Shikwambi het vroeër bevestig Kalola het later dieselfde dag in die Katutura-staatshospitaal aan sy wonde beswyk. “Op dié tydstip is dit nie bekend wat tot die skietery aanleiding gegee het nie, omdat die polisieondersoek nog in ’n vroeë stadium is,” het sy Vrydagnamiddag gesê.

Die woordvoerder het bevestig ’n beampte is intussen op aanklag van moord in hegtenis geneem en sal na verwagting vandag in die Windhoek-landdroshof in Katutura verskyn.

Sy sê die owerhede betreur Kalola se dood, maar die gereg moet toegelaat word om sy loop te neem.

Polisie gooi wal

Shikwambi sê mediaberigte waarin aangevoer word Kalola was op geen misdaadsending nie, is onwaar.

Trouens, sê sy, ’n voorlopige ondersoek het onthul twee hangende strafsake het hom in die gesig gestaar – een van roof met verswarende omstandighede in 2015 en een van gewapende roof wat uit ’n beweerde voorval vroeër vanjaar spruit.

Vroeër vanjaar is ’n 22-jarige Zimbabwiese taxibestuurder, mnr. Fambauone (Charlie) Black, tydens die eerste been van Operasie Kalahariwoestyn doodgeskiet – na bewering deur kpl. Gerson Nakale, ’n NDF-lid.

Dit het pres. Hage Geingob genoop om Zimbabwiërs tydens sy eweknie, pres. Emmerson Mnangagwa, se onlangse besoek uit die buurland vir Black se dood om verskoning te vra.

[email protected]

Soortgelyk

 

Moenie polisie-, weermaglede verfilm nie

1 uur gelede | Regering

Die ministerie van verdediging het lede van die publiek gewaarsku om nie foto’s of videos van lede van die Namibiese polisie of die weermag (NDF)...

Teko-trio vrygespreek

6 ure gelede | Howe

Ronelle Rademeyer - Die sakevrou, me. Teckla Lameck, en haar twee vennote, mnre. Yang Fan en Jeroboam (Kongo) Mokaxwa, is vanoggend in die hoërhof in...

Dokters wis nie van voorskrifte

16 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht Geen amptelike kennisgewing is aan lede van die twee grootste verenigings vir dokters in die land uitgestuur oor die herske­dulering van medikasie, insluitende...

Regering kry skuld vir SOE-gemors

16 ure gelede | Regering

Denver Kisting Die regering is 'n swak aandeelhouer.Só het die adjunk- uitvoerende direkteur van staatsdiensondernemings, me. Louise Shixwameni, gister op die ontbytprogram Good Morning Namibia...

Teenstropery: 280 polisielede veg saam

16 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg Altesaam 280 polisielede van oraloor die land word in teenstropingseenhede op 'n driemaandelikse roteringsbasis in die Palmwagkonsessie en die Etosha en Bwabwata Nasionale...

Meer as N$350 000 se goedere kry voete

16 ure gelede | Misdaad

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het skelms Woensdag om 14:00 die venster van 'n voertuig in Windhoek se noordelike nywerheidsgebied stukkend geslaan. Die insittende...

Weer vir 18 September

16 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Baie warm toestande sal oor die binneland voortduur.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Suide, andersins sonnig en baie tot bloedig warm.KUS: Bewolk...

Konferensie fokus op gehalte-onderrig

16 ure gelede | Onderwys

Die Nasionale Raad vir Hoër Onderrig het, in vennootskap met die Namibiese Kwalifikasie-owerheid en die Universiteit van Namibië (Unam), die Universiteit van Wetenskap en Tegnologie...

'n Kolwyntjie vir Nadine

16 ure gelede | Plaaslik

Tanja Bause'n Elfjarige meisie van Windhoek het verlede jaar tydens die Internasionale Dansfees in Suid-Afrika stof in ander deelnemers sê oë geskop, en is hard...