Kai Rust laat vaar derde borgtogpoging
Jana-Mari Smith - 'n Derde borgtogaansoek sou gister in die streekhof in Windhoek aangehoor word in die saak van moordbeskuldigde Kai Rust, wat al meer as 'n jaar in aanhouding is ná die dood van 'n vermeende wilddief op sy plaas in die Okahandja-distrik.
Rust se regsverteenwoordiger het egter besluit om nie die derde borgtogaansoek in te dien nie en om eerder op 'n datum vir die pleit en verhoor van die saak ooreen te kom.
“Ons is van mening dat die vroeë datums wat die staat gewillig was om aan ons toe te staan, sake waarskynlik sal bespoedig,” het mnr. Jan Wessels, Rust se prokureur, gesê.
Die aanhoor van Rust se pleit is uitgestel en die verhoor sal op 30 en 31 Mei begin.
Rust (44) is reeds sedert Januarie 2016 in aanhouding.
Vroeër hierdie jaar het Wessels 'n landdros op Okahandja meegedeel dat die polisiebeampte in beheer van die ondersoek aangedui het dat hy sy aanvanklike beswaar teen die toestaan van borgtog sou onttrek.
Rust het sy eerste onsuksesvolle borgtogaansoek in Februarie 2016 ingedien. 'n Appèl in Windhoek se hoërhof is ook later daardie jaar van die hand gewys.
Die landdros op Okahandja, Masule Kwizi, het die borgtogaansoek geweier, en verklaar dat Rust 'n vlugrisiko daarstel omdat hy familie in Duitsland het. Ander redes vir die weiering was dat Rust met die staat se getuies sou inmeng of selfmoord sou pleeg.
'n Tweede borgtogaansoek is by die Okahandja-landdroshof ingedien ná die mislukte appèl, gebaseer op die agteruitgang van Rust se gesondheid in aanhouding.
Dié aansoek is in November verlede jaar afgekeur.
Rust is reeds 'n paar maande lank in aanhouding in Windhoek Sentrale Gevangenis se hospitaaleenheid ná hy vanweë gesondheidsprobleme daarheen oorgeplaas is van Okahandja se aanhoudingselle af.
Rust staan tereg op een klag van moord en drie van poging tot moord.
Aanvanklik is hy ook aangekla van die onwettige besit van 'n vuurwapen en ammunisie, maar hierdie klagte is vroeër vanjaar teruggetrek.
Rust het onskuldig op al die klagte teen hom gepleit.
Die klagte het betrekking op die noodlottige skiet van 'n vermeende stroper, Andreas Ukandanga, op Rust se familieplaas noord-oos van Okahandja.
Die klagte van poging tot moord spruit uit die bewerings dat Rust op ander vermeende stropers geskiet het terwyl hulle van die toneel gevlug het.
Hy is in hegtenis geneem ná hy die polisie gebel het en die skietvoorval aangemeld het.
Gedurende sy getuienis in sy vroeëre borgtogaansoek het Rust beweer dat hy nie op Ukandanga gemik het nie, maar dat hy op 'n hond gevuur het toe hy 'n geblaf gehoor het en vermoed het dat dit 'n stroopvoorval was.
Hy beweer dat hy nie enige mense gesien het toe hy die hond genader het en begin skiet het nie.
Hy beweer ook hy het Ukandanga gevind waar hy agter 'n rots op die toneel gelê het, en dat daar 'n gedeeltelik geslagte koedoe, valstrikke, 'n panga, 'n mes en 'n sak mieliemeel by hom was.
Aanklaer Filemon Nyau tree namens die staat voor landdros Alexis Diergaardt op.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie