Kahimise sal Windhoek lei
Augetto Graig - Na 'n soektog van byna twee jaar, sal mnr. Robert Kahimise, huidige hoof uitvoerende beampte van Erongo RED, in Februarie as die uitvoerende hoof van Windhoek se munisipaliteit aangestel word.
Uiteindelik sal die hoofstad ''n nuwe leier kry nadat mnr. Niilo Taapopi in 2014 bedank het.
Die nuus is deur die stad se woordvoerder, mnr. Joshua Amukugo, bekend gemaak wat Maandag ''n mediakonferensie gelei het oor die nuutste besluite van die Windhoekse stadsraad. Die aankondiging is terloops laat glip en niks daarvan verskyn in die mediavrystelling wat by die geleentheid uitgereik is nie.
Kahimise het ''n meestersgraad in sake-administrasie (MBA) verwerf, asook ''n nasionale diploma van die voormalige Politegnikum van Namibië, en ''n sertifikaat van die Universiteit van Loughborough in die Verenigde Koninkryk. Voor Erongo RED het Kahimise vir die Elektrisiteitsbeheerraad (ECB) gewerk.
Tans is meer inligting oor Kahimise beperk omdat die Windhoekse munisipaliteit geen besonderhede oor die volgende leier van die hoofstad wil deel nie. Kahimise was gister betrokke in ''n dag lange bestuursvergadering by die kragverskaffer op Walvisbaai en dus nie vir kommentaar beskikbaar nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie