Kahimise op die vingers getik
Kahimise op die vingers getik

Kahimise op die vingers getik

‘n Komitee wat ondersoek moes instel na ouditeursverslae van die Stad Windhoek, het die instansie se hoof uitvoerende beampte op sy verpligtinge gewys.
Jana-Mari Smith
Jana-Mari Smith - ‘n Parlementêre portefeuljekomitee van die Nasionale Raad (NR) het die redes van die Stad Windhoek se hoof uitvoerende beampte oor hoekom hy nie opgedaag het vir ‘n openbare verhoor oor die stad se 2013 ouditeur-generaalverslag nie verwerp.

Dit het ook bevind mnr. Robert Kahinuse se optrede is ‘n skending van die wet op plaaslike owerhede.

Kahimise het homself verskoon in ‘n brief wat aan die komitee voorgelê is. Hy het die komitee ingelig dat hy “nie rekenskap van kwessies kan gee wat in die verslag geopper word nie” omdat hy vir net meer as drie maande in die pos dien.

Ná kort samesprekings het die komitee belas met openbare rekeninge en ekonomie die verhoor opgeskort en Kahimise opdrag gegee om tydens die volgende verhoor teenwoordig te wees.

Die komitee het benadruk dat as die huidige verantwoordelike beampte op die Windhoek-stadsraad, dit Kahimise se aanspreeklikheid is om rekenskap van die finansiële sake te gee en hy verplig is om teenwoordig te wees, ondanks sy kort dienstyd.

GEEN REDE VIR AFWESIGHEID

“Daar is vir die komitee geen voldoende redes om te glo dat ‘n hoof uitvoerende beampte van hierdie sittings verskoon kan word nie,” het die voorsitter van die komitee, mnr. Phillip Shikongo, gesê.

Een van die sleutelbevindinge van die ouditeur-generaal se verslag vir die boekjaar wat op 30 Junie 2013 geëindig het, en waaroor Kahimise en sy span uitgevra sou word, is die stad se lewensvatbaarheid as ‘n lopende bedryf en die bedreiging van kommersiële insolvensie.

“Die stad is tans kommersieel nie lewensvatbaar nie en indien dit toegelaat word om aan te gaan, sal die operasionele tekorte uiteindelik die kontantbasis erodeer en lei tot die stad se bankrotskap,” lui die verslag.

Shikongo het die twee verteenwoordigers van die stad, wat deur Kahimise gestuur is om namens hom vrae te beantwoord, daarop gewys dat ingevolge die wet die huidige hoof uitvoerende beampte van die instansie die verantwoordelikheid het om om te sien na al die geld wat die stadsraad ontvang en al die betalings wat gedoen word. Hy moet ook persoonlik rekenskap gee en op alle navrae reageer wat aan die plaaslike owerheid gerig word.

Shikongo sê die raad se besluit om die verhoor uit te stel, is gegrond op die veronderstelling dat “wanneer ‘n hoof uitvoerende beampte sy pligte aanvaar, ‘n behoorlike oorhandiging gedoen is. So, ek dink hy het al die goeie en slegte dinge van die instansie geërf en daarom is hy veronderstel om hier te wees."

Hy het bygevoeg dat van Kahimise verwag word om in persoon te verskyn en nie deur ander verteenwoordig kon word nie.

Die twee verteenwoordigers van die stad wat wel teenwoordig was, was die menslike hulpbronbestuurder, mnr. Fillemon Hambuda, en die strategiese uitvoerende hoof vir finansies, mnr. George Esterhuizen.

ONBEANTWOORDE VRAE

‘n Aantal vrae is voorberei waarop die komitee wou gehad het die hoof uitvoerende beampte moet reageer.

In die ouditeursverslag word gemeld dat voorsiening vir swak skuld van N$150 miljoen in 2012 in 2013 met digby N$160 miljoen verhoog het. Die bedrag vir “twyfelagtige skuld” is ook met ‘n bedrag van meer as N$800 000 verhoog.

Daar was ook ‘n verskil van N$3 173 540 in die salarisrekening-rekonsiliasie waaroor Kahimise en sy span terugvoering moes gee.

Die ouditeur-generaal het ook bevind dat die rekonsiliasie van die beheerrekening vir belasting op toegevoegde waarde ‘n verskil van N$2 162 175 toon.

In die verslag word ook daarop gewys vir die jaar wat op 30 Junie 2013 geëindig het, het die stadsraad se laste die bates oorskry.

“Hierdie toestande dui op die bestaan van wesenlike materiële onsekerheid wat twyfel laat ontstaan oor die stad se vermoë om voort te gaan as ‘n lopende bedryf. Dit word versterk deur die groeiende, geakkumuleerde begrotingstekort van N$1,257 miljard, wat daarop dui dat verliese oor ‘n tyd opgebou het.

Van die sleutelbevindinge dui ook aan dat die voorsiening vir personeel se verlof in die betrokke jaar meer as N$93 miljoen was, maar dat geen aanpassings gedurende die jaar gedoen is nie, alhoewel beleid oor personeel se verlof in 2012 verander het.

Volgens die ouditeur-generaal is die finansiële state ook nie binne die voorgeskrewe drie maande ná die einde van die boekjaar by sy kantoor ingedien nie. ‘n Gebrek aan stawende en bykomende dokumentasie het ook probleme vir die ouditeurspan meegebring.

Die ouditeure kon nie inligting oor voertuigskedules, die lys van voertuie, die waardes en brandstofverbruik bevestig nie omdat daar ‘n gebrek aan bykomende rekords was.

Stad Windhoek word ook aangeraai om ondersoek in te stel na miljoene dollar se verliese, hoofsaaklik in die departement van die Stadspolisie asook verliese van meer as N$179 miljoen in die vervoerafdeling ten einde ‘n ernstige impak op die stad te kontantvloei te voorkom.

Hierdie kwessies en ander sal tydens die volgende sitting van die portefeuljekomitee beantwoord moet word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.46 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.22 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 380.60/OZ UP +0.03% | Copper US$ 4.45/lb UP +0.87% | Zinc US$ 2 860.40/T UP 1.37% | Brent Crude Oil US$ 86.85/BBP DOWN -0.0036 | Platinum US$ 929.85/OZ DOWN -0.0068 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.46 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.22 | USD to ZMW 25.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 380.60/OZ UP +0.03% | Copper US$ 4.45/lb UP +0.87% | Zinc US$ 2 860.40/T UP 1.37% | Brent Crude Oil US$ 86.85/BBP DOWN -0.0036 | Platinum US$ 929.85/OZ DOWN -0.0068