Kablou saai glo sedert 2006 amok

Denver Kisting
Denver Kisting - Die vermeende reeksrower wat Sondag in 'n koeëlreën – glo aan die hand van die polisie – gesterf het, staan reeds vir 12 jaar op minstens 13 strafklagte tereg.

Dié klagte spruit uit verskeie voorvalle van beweerde roof met ­verswarende omstandighede en skermutselings met polisielede waarby die 32-jarige Sakeus (Kablou) Amateta betrek is.

Volgens die streeksbevelvoerder van Khomas, komm. Silvanus Nghishidimbwa, is Amateta as 'n bendeleier beskou wat in en uit die tronk gebly het.

Nghishidimbwa het gister aan Republikein gesê Sondag se voorval, toe 'n Franse gesin glo in Klein Windhoek deur Amateta en twee makkers beroof is, was minstens die dertiende aangetekende strafklag teen Amateta in Khomas alleen. “Daar kan dalk nog meer klagte wees.”

'n Verhoor wat met twee sake van gewapende roof in Desember 2006 verband hou, was vir 5 Julie vanjaar op die streekshof se rol.

In Maart 2012 is daar opnuut drie klagte van gewapende roof teen Amateta in Windhoek ingedien. Tydens een van dié voorvalle het hy glo ook met 'n vuurwapen op lede van die stadspolisie losgebrand.

Later dieselfde jaar, in Augustus, is daar wéér 'n klag van gewapende roof teen die berugte bendeleier aan­hangig gemaak, waartydens hy glo ook onregmatig 'n vuurwapen in 'n munisipale gebied afgevuur het.

'n Saak wat spruit uit 'n beweerde gewelddadige rooftog in 2015, is op 27 Julie 2017 deur die klaer terug­getrek, dui polisierekords aan.

Op 16 Desember 2016 is Amateta daaraan skuldig bevind dat hy polisiebeamptes tydens 'n voorval in 2015 aangerand het. Hy is 'n boete van N$1 000 of vier maande gevange­nisstraf opgelê.

In Januarie 2017 het Amateta N$5 000 se borgtoggeld terug­ontvang omdat 'n dossier oor 'n 2015-voorval nie by die hof was nie.

Hy was voorts op borgtog van N$1 000 weens 'n beweerde huisbraak in November verlede jaar.

In Februarie vanjaar is daar 'n klag van diefstal teen Amateta aan­hangig gemaak.

Nghishidimbwa sê hoewel die Franse pa, ma en seun van die afgelope Sondag se voorval nie liggaamlik beseer is nie, is hulle steeds “ver­skriklik getraumatiseer” deur die rooftog, wat omstreeks 16:00 in die hoofstad plaasgevind het.

Tydens dié voorval is 'n sak met onder meer 200 euro en sonbrille gebuit voordat die drie mans op die vlug geslaan het, sê die senior polisie­beampte.

Toe polisielede 'n verklaring by die gesin afneem, het hulle glo uit die beskrywings afgelei Amateta is een van die verdagtes, omdat hy volgens Nghishidimbwa aan die polisie bekend is. “Hulle was 99% seker dit is hy.”

Die bevelvoerder sê die polisie het dadelik 'n soektog na Amateta van stapel gestuur en hom nog dieselfde middag in 'n kroeg in die buitewyke van die stad aangetref. “Hulle het die verdagte genader en hy het aggressief geraak deur die twee beamptes met 'n mes te dreig. Die uiteinde was 'n skietery en ongelukkig het die verdagte op die toneel gesterf. Ek kan nie erken óf ontken dat hy vier keer in die rug geskiet is nie.”

Geeneen van die polisielede is weens die skietdood in hegtenis geneem nie, hoewel die polisieondersoek in daardie verband voortduur, sê Nghishidimbwa.

Amateta se vermeende roofmakkers was teen gistermiddag nog op vrye voet.

Intussen het 'n broer en 'n suster van Amatetu wat geweier het om hul name te gee óf dat 'n foto van hulle geneem word, laat gistermiddag gesê hulle gaan die polisie dagvaar vir hul broer se dood.

Die broer het tydens Republikein se besoek aan die huis in Freedom Land, Katutura, waar Amateta gewoon het, voet by stuk gehou dat hy tuis was ten tye van die Klein Windhoek-voorval. Buitendien, beweer hulle, die polisiebeampte wat sy dood veroorsaak het, is glo dieselfde een wat verlede jaar op Amateta se Audi geskiet het “om hom dood te skiet”.

Nghishidimbwa het gister gesê hy dra nie kennis van die ­bewering nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Watford 0 vs 0 Hull City | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Watford 0 vs 0 Hull City | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!