Kablou: Polisie rig waarskuwing
Kablou: Polisie rig waarskuwing

Kablou: Polisie rig waarskuwing

Die Namibiese polisie het ná die skietdood van 'n bendeleier in die hoofstad sy mandaat benadruk.
Denver Kisting
Denver Kisting – Die polisie sê by monde van sy woordvoerder, adj.komm. Edwin Kanguatjivi, hy duld geen dreigemente nie.

Volgens Kanguatjivi is hulle bewus van dreigboodskappe wat op sosialemediaplatforms die ronde doen ná die dood van die bendeleier Sakeus (Kablou) Amateta.

In die eerste plek, sê Kanguatjivi, is dit die polisie se grondwetlike mandaat om wet en orde te handhaaf, die veiligheid van die land te verseker, oortredings te ondersoek en verdagtes aan te keer.

Om seker te maak Namibiërs is veilig, moet lewens en eiendom beskerm word, sê hy. “Daar moet egter kennis geneem word dat die neem van lewens nie deel van die polisie se mandaat is nie. Ons mandaat is om lewens te beskerm – selfs dié van verdagtes in strafsake. Dit moet egter duidelik verstaan word dat ’n beampte maksimum of dodelike krag mag gebruik wanneer sy of haar lewe of dié van ’n derde party in gedrang kom.”

Só ’n besluit om oor lewe en dood te beslis, moet volgens Kanguatjivi in ’n oogwink geneem word en bly die diskresie van ’n beampte.

Voorts, sê Kanguatjivi, beteken ’n inhegtenisneming nie iemand is skuldig aan ’n misdaad nie en derhalwe word verwag dat dit vreedsaam geskied. “Dit beteken dat samewerking verleen en professionaliteit gehandhaaf moet word, en weerstand en geweld vermy word. Die publiek word aan dié feit herinner om te verseker die polisie tree in vrede op.”

Amateta se lewe kon verlede Sondag gespaar gewees het as hy sy samewerking gegee het, sê Kanguatjivi.

Die bendeleier is doodgeskiet tydens ’n skermutseling met die polisie by ’n kroeg in Katutura nadat hy glo twee beamptes met ’n mes wou steek.

Hulle was op sy spoor nadat hy as een van die verdagtes geïdentifiseer is wat glo ’n Franse gesin vroeër dié dag beroof het.

Kanguatjivi sê die polisie ondersoek ’n moordsaak teen sy lid wat Amateta noodlottig gewond het.

Maar, waarsku hy, onnodige dreigemente deur die publiek word ontmoedig. “Die polisie sal nie die veiligheid van Namibiërs en polisielede in gedrang laat kom nie.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!