Kabinet su00ea ja vir Chinese tabakplaas
Kabinet su00ea ja vir Chinese tabakplaas

Kabinet sê ja vir Chinese tabakplaas

'n Staatswoud met beskermde boomspesies gaan skoongemaak word om landerye vir 'n Chinese tabakmaatskappy in die Zambezistreek aan te lê.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer



Die kabinet het die groen lig aan die Chinese tabakverbouer- en verspreider Namibia Oriental Tobacco gegee om 10 000 ha grond in 'n staatswoud met beskermde boomspesies in 'n tabakplantasie, mielie- en voerlanderye te omskep.

Die huurkontrak en die terme en voorwaardes van dié projek naby Katima Mulilo in die Zambezistreek kan ingevolge die goedkeuring deur die kabinetskomitee vir handel en ekonomiese samewerking gefinaliseer word, het die ministerie van inligting en kommunikasietegnologie gister bekend gemaak.

Hierdie goedkeuring kom in weerwil daarvan dat omgewingskonsultante vroeër gewaarsku het Namibië loop die risiko om strydig met vyf landswette, vyf VN-konvensies en 'n SADC-protokol op te tree of dit te verbreek indien die gebied in landerye omskep word.

Dit sluit in die Grondwet, die bosbouwet, die wet op die beheer van tabakprodukte, die wet op grondbewaring, die SADC-protokol op Bosbou, die VN se konvensie op klimaatsverandering, asook die konvensies op biodiversiteit en die bekamping van verwoestyning asook die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se konvensie op tabakbeheer.

Die gebied is in 'n staatswoud geleë waar verskeie van die 58 boomsoorte beskermde spesies is. Twee van hierdie spesies staan op die rand van uitwissing en is op die Internasionale Unie vir Natuurbewaring (IUCN) se rooilys.

Dr. André Faul, biowetenskaplike verbonde aan Geo Pollution Technologies, het gister by navraag gesê hoewel hulle 'n volledige omgewingsimpakstudie (EIA) aanbeveel met spesialisstudies oor spesifieke aspekte, het hulle nooit enige dokument of verslag gesien om te bepaal of dit wel gedoen is nie.

Geo Pollution Technologies het in 2013 in sy omgewingsomvangsbepaling in opdrag van Namibia Oriental Tobacco gewaarsku die genoemde kwelpunte laat rooiligte flikker en dieptestudies daaroor móét gedoen word.

“Ons het verneem die volledige EIA is gedoen en 'n omgewingsklaringsertifikaat is uitgereik, maar ons is nooit toegang daartoe gegee vir hersiening en kommentaar nie. Sover ons weet, het die ander belanghebbendes en geraakte partye ook nie die dokument gesien nie. Dit is strydig met artikel 23 van die regulasies van die omgewingsbestuurswet wat bepaal alle geraakte partye en belangstellendes moet insae hê,” sê hy.

Geo Pollution Technologies het in sy verslag gesê dit is belangrik om deur dieptestudies te bepaal presies wat die impak van die ontbossing op die omgewing gaan wees, tot watter mate insekdoders en kunsmis die grond en grondwater kan besoedel en les bes wat die wetlike implikasies gaan wees.



KOMITEE SÊ JA

Mnr. Percy Misika, uitvoerende direkteur van landbou, water en bosbou, sê 'n tegniese komitee wat deur die kabinet aangestel is om die aansoek te ondersoek, het bevind die Chinese maatskappy voldoen aan al die vereistes.

“Die komitee het aanbeveel die projek kan voortgaan,” was sy antwoord toe Republikein hom gevra het oor die aanbevelings dat verskeie dieptestudies deur kundiges eers gedoen moet word.

Volgens Misika gaan die Chinese op 7 500 ha van die 10 000 ha tabak, mielies en veevoer op 'n rotasiebasis verbou. Op die ander 2 500 ha gaan infrastruktuur soos verwerkingsaanlegte, paaie en selfs skole opgerig word. Natuurlike boomlanings sal die gewasse teen wind beskerm, sê hy.

Namibia Oriental Tobacco is die alleenagent van die Hongyunhonghe Tobacco Group of Companies wat aan die Chinese regering behoort. Dit is die vyfde grootste tabakmaatskappy in die wêreld.

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.52 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.24 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.25 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 319.23/OZ DOWN -0.0018 | Copper US$ 4.45/lb UP +1.02% | Zinc US$ 2 827.10/T UP 0.9% | Brent Crude Oil US$ 88.13/BBP DOWN -0.0023 | Platinum US$ 907.32/OZ DOWN -0.0028 Sport results: Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.52 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.24 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.25 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 319.23/OZ DOWN -0.0018 | Copper US$ 4.45/lb UP +1.02% | Zinc US$ 2 827.10/T UP 0.9% | Brent Crude Oil US$ 88.13/BBP DOWN -0.0023 | Platinum US$ 907.32/OZ DOWN -0.0028