Kabinet red RCC

'Padwerkers se toekoms verseker'

13 September 2017 | Ministeries
Augetto Graig - Werknemers van die Paaiekontrakteursmaatskappy (RCC) sug van verligting ná die minister van werke en vervoer, mnr. Alpheus !Naruseb, Maandag aangekondig het hul toekoms is verseker.

“Noudat die kabinetskomitee besluit het op die redding en voortgang van die RCC, behoort die werkers verseker van hul toekoms te wees. Die werkers moet nou fokus daarop om produktief wees sodat hulle kan voortgaan om vir hul families te sorg,” het hy gesê.

Die RCC gaan al 'n geruime tyd gebuk onder onsekerheid oor sy voortbestaan. Die maatskappy se versuim om salarisse te betaal het werknemers die strate laat invaar. Die minister het terugvoering gegee ná die kabinetskomitee se besluit om die RCC onder geregtelike bestuur te plaas.

!Naruseb sê: “Dié besluit is geneem ter ondersteuning van die voortbestaan en normalisering van die besigheidsbedrywighede van die RCC, en nie die likwidasie van die RCC nie.”

Volgens die minister sal geregtelike bestuur die RCC die geleentheid gun om sy balansstaat onder toesig te herstruktureer. !Naruseb sê die direksie en alle belanghebbers moet dringend die RCC betrek om 'n sukses van die maatskappy te maak.

Dié vyfjaarplan is volgens hom ­ekonomies uitvoerbaar weens die land se winsgewende boubedryf en weens Namibië se behoefte aan infrastruktuur, behuising, paaie, spoordienste en ander ontwikkelings­dienste.

Volgens hom sit die voorgestelde Vyfde Nasionale Ontwikkelingsplan (NDP5) N$163 miljard opsy vir nasionale ontwikkeling binne die volgende vyf jaar.

“Die huidige finansiële krisis is nie deur die huidige direksie veroorsaak nie. Dit is 'n verergering van die situasie in die verlede,” sê !Naruseb.

Om die situasie by RCC te herstel sal tyd neem, sê hy. Hy verwag dié proses sal tussen drie en vyf jaar neem.

“Hoe vroeër dit kan gebeur, hoe beter,” sê hy.

Soortgelyk

 

Trump laat Amerika bloos oor 'Nambia"

8 ure gelede | Internasionaal

Pres. Donald Trump van Amerika het gister tydens ‘n vergadering met Afrikaleiers in New York na Namibië as “Nambia” verwys.Tydens die ontmoeting het Trump gesê:...

Ysterertsmyn dalk op Windhoek se voorstoep

18 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Gemeenskapsvergaderings word vandag by Neudamm en in Windhoek gehou vir insette oor die impak wat die beplande ysterertsmyn 50 km oos van...

Droogtenood in Suide al groter

18 ure gelede | Omgewing

Ronelle Rademeyer 'n Projek, onder aanvoering van die Keetmanshoop Streekslandbou-unie (SLU), is tans werksaam om dringend voer vir vee op meer as 50 plase in...

wenfoto by Hakos gekiek

18 ure gelede | Omgewing

Die wenner van die Insight Sterrekunde Fotograaf van die Jaar-kompetisie het sy foto in Namibië geneem. Die Rus Artem Mironov is vanjaar se algehele wenner­...

Nuwe stelsel veroorsaak chaos by lughawe

18 ure gelede | Plaaslik

Catherine Sasman Die ministerie van binnelandse sake en immigrasie sê dit het 'n korttermyn­oplossing gevind om die chaotiese­ vertragings by die Internasio­nale Lughawe Hosea Kutako...

Weer vir 21 September

18 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm. Winderige toestande word in die Noorde en oor die sentrale hoëgrond verwag. KUS: Gedeeltelik bewolk en matig...

'Noord-Amerikaners wil Namibië besoek'

18 ure gelede | Toerisme

Namibië is 'n toeristebestemming wat Noord-Amerikaners graag wil besoek.Só sê die besturende direkteur van Namibia Wildlife Resorts (NWR), me. Zelna Hengari, wat saam met die...

Tienermeisie steek baba glo in tas weg

18 ure gelede | Misdaad

Twee vroue, van wie een 'n skoolmeisie is, is Dinsdag in verband met die verberging van 'n geboorte in hegtenis geneem.OMUTELEVolgens die Namibiese polisie se...

Goeie nuus vir sekuriteitswagte

18 ure gelede | Arbeid

Augetto Graig - Die ministerie van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping het aangekondig sekuriteitswagte in Namibië moet van verlede Vrydag (15 September) af ten minste N$8,75...