Kabinet keur vanjaar se jagseisoen goed
Ronelle Rademeyer - Die kabinet het verlede week die 2019 jagseisoen ingevolge die Natuurbewaringsordonnansie van 1975 goedgekeur.
In geregistreerde bewaringsgebiede en op kommersiële plase van 1 000 ha en groter wat wildwerend omhein is, kan daar van 1 Mei tot 31 Augustus met permitte gejag word. Op plase met ‘n gewone omheining, kan vanaf 1 Junie tot 31 Julie gejag word.
Jagpermitte sal uitsluitlik aan plaaseienaars-, huurders en die komitees van goedgekeurde en geregistreerde bewaringsgebiede uitgereik word en nie aan die jagter self nie. Versuim om aan die jagregulasies gehoor te gee is 'n strafbare oortreding en mag ook lei tot ministeriële weiering om verdere permitte aan die betrokke party uit te reik.
Jagpermitte mag nie gebruik word om trofeë oor die landsgrense te neem nie. Dié uitvoer mag slegs met die vooraf goedgekeuring van die ministerie van die omgewing en toerisme plaasvind.
Die limiet vir jagbare wild vir 'n enkele jagter is drie groot wildsoorte of twee groot wildsoorte en vier klein wildsoorte of een groot wildsoort en agt klein wildsoorte of twaalf klein wildsoorte.
Grootwildsoorte is koedoes en gemsbokke terwyl springbokke en vlakvarke as klein wildsoorte geklassifiseer word.
Die invoer van jaggewere vir jagbare wild en haelgewere vir jagbare voëls sal slegs toegelaat word met bewys van die geskrewe uitnodiging van die instansie waar die jag sal plaasvind.
Dit is die verantwoordelikheid van die plaaseienaar, -huurder of komitee om die uitnodiging aan die besoekende jagter te besorg via die pos of per faks. Geen permit sal direk aan die jagter uitgereik word nie.
Geen outomatiese wapen of handwapen mag deur besoekende jagters ingevoer word nie en sulke wapens mag ook nie vir jagdoeleindes gebruik word nie.
'n Volledige uiteensetting van jagbare voëls met die betrokke jagdatums en limiete kan by die direktoraat van parke en wildlewebestuur of die permitkantoor van die ministerie afgehaal word.
Vir verdere navrae kan die kantoor van die direkteur van parke by 061 284 2518 of die permitkantoor by 061 284 2541/284 2820 gekontak word. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie