Kabinet keur jagkonsessies op staatsgrond goed
Die kabinet het goedkeuring verleen dat jagkonsensies op staatsgrond wat buite bewaringsgebiede geleë is, vir die tydperk van 2018-2022 uitgereik kan word.
Dit sal deur die ministerie van die omgewing en toerisme opgeveil of op tender uitgesit word.
Verder het die kabinet toestemming verleen dat aansporings vir swart ekonomiese bemagtiging verskaf word.
Trofeejaginstansies wat nie vorige betalingsooreenkomste vir jagkonsensies eerbiedig het nie, mag nie tydens die nuwe ronde in aanmerking kom nie.
Voorts moet die inkomste wat hieruit verdien word, in die Wildproduktefonds oorbetaal word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie