Kabeljoutog was van korte duur
Des Erasmus - Die kabeljoutog na die broeivelde van Sandvishawe het gister net so skielik geëindig as wat dit Donderdag onverwags begin het.
Maandag al was vangste van groot kabeljou beperk tot 'n klein kolletjie by die Eerste Paal suid van Walvisbaai. Gister was dit daar ook stil.
Die kabeljoutog uit die noorde was dié seisoen vroeg. Donderdag het die eerste groot kabeljoue by die Paaltjies uitgeslaan. Die viswet is gewysig om die kabeljoubron te beskerm met die gebied tussen Pelikaanpunt en Sandvishawe wat van 1 Januarie tot 31 Maart gesluit gaan wees. Toe kom die groot skole vroeg en geld die ou viswet van tien visse per hengelaar steeds, waaronder net twee kabeljoue van langer as 70 sentimeter mog wees.
Dit was kwotas wat van Donderdag tot Sondag maklik gehaal kon word, maar 'n algemene waarneming was dat hengelaars hulle by die bepalinge van die bestaande viswet gehou het. Die grootste kabeljou wat in die drie dae van die kabeljoutog gevang is, was een van 23,2 kg. In vangste was heelwat kabeljoue van 16 tot 18 kg. Dié keer was die inspektoraat gereed met inspekteurs wat die vanggebied gepatrolleer het en die toerusting en vangste van hengelaars nagegaan het.
Maandag het Olaf Coetzee 'n kabeljou van 16 kg by die Eerste Paal gevang. Hy was 'n deelnemer aan die Bonanza, maar weens die swaar verkeer en 'n gesukkel met parkeerplek het hy vier minute ná die sluiting van die skaal in die Bonanzatent daar aangekom. Sy vis sou hom vir een van die kategoriepryse vir kabeljou in aanmerking laat kom.
Hoewel 'n paar groot kabeljoue Maandag steeds uitgekom het, was dit gister stil in die helder water waarvan kabeljoue nie hou nie. In die betrokke gebied tussen Walvisbaai en Sandvishawe was daar steeds 'n horde hengelaars.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie