Kaaronda looi landsleiers

Die politieke tafel is gedek vir hoogdrama met die toetrede van ’n vakbondbaas tot die presidentstryd.
Denver Kisting
Denver Kisting – Pogings om werkers in die land se lot te verbeter, sal nie slaag sonder die uitvoerende mag in hul hande nie.

So sê Namibië se mees onlangse presidentskandidaat, mnr. Evilastus Kaaronda.

Dié vuurvretervakbondleier het Sondag onthul hy gaan onder meer teen pres. Hage Geingob en die Popular Democratic Movement (PDM) se mnr. McHenry Venaani meeding om die land te lei.

DIE GEWRAAKTE 2%

Hy sê die regering speel nie oop kaarte met Namibiërs nie.

“Kyk, vir my is die grootste probleem: Hoe eerlik is die regering oor die stand van die land se ekonomie? Hoe sleg is die situasie en wat het daartoe gelei?”

Kaaronda waarsku “’n mens kan nie net geld teen probleme gooi nie en aan die einde van die dag kry jy niks uit die hele proses nie”.

Namibiërs moet hulle teen dié bedelplan verset, sê hy. “My mening is dit moenie gebeur nie. Moenie so iets verwelkom nie – selfs al is dit vrywillig. Die feit dat die regering dit gevra het, is opsigself onverantwoordelik. Dit is baie onverantwoordelik.”

Volgens hom is dit ’n belediging vir alle hardwerkende Namibiërs dat die regering by hulle bakhand staan vir ’n gedeelte van hul lone. “Kyk, as die hulpbronne wat ons het goed gebruik is, (sou ’n mens kon sê) oraait, miskien moet ons iets doen om te help, maar jy sien mense mors asof daar geen môre is nie.”

VAAR UIT TEEN CHINA

Een van die land se grootste probleme spruit uit die land se verwelkoming van Chinese burgers in Namibië, sê Kaaronda.

Volgens hom vee baie maatskappye uit dié Oosterse moondheid hulle af aan Namibië se wette – veral wat die indiensneming van plaaslike vakleerlinge betref.

Hiernaas, het hy gister in ’n aanlyn onderhoud met Republikein uitgevaar, kom Chinese burgers met kennis na Namibië terwyl die land self oor dié kennis beskik. “Nou kan ’n mens wonder hoe kry hulle dan die papiere om hier te kan kom werk.”

Hy sê kultuurverskille is ’n ander doring in die vlees wat samewerking bemoeilik. “Hulle sê ons verstaan nie mekaar nie, maar dit het niks daarmee te doen dat ons nie van mekaar hou nie.”

Kaaronda het voorts uitgevaar teen Chinese maatskappye “wat alles wil koop”. Hangende transaksies rondom die verkoop van ’n uraanmyn en sementfabrieke is volgens hom voorbeelde hiervan. “Dan wonder jy net hoe word alles gedoen en in wie se guns is al hierdie goed?”

Namibiese politici wek die indruk hulle luister, “maar as jy jou rug omdraai, dan kry jy die eintlike waarheid dat hulle eintlik nooit geluister het nie”.

Kaaronda het gemaan “daar gaan niks verander nie tot ons gaan opstaan en iets daaraan doen, en die enigste manier om dit te doen, is om uitvoerende magte te bekom”.

Hy beskuldig voorts regeringshoëlui daarvan dat hulle nie in belang van werkers optree nie omdat hulle self belange het in die instellings wat die werkers uitbuit. Een voorbeeld hiervan is vismaatskappye, sê hy.

KYK WEER NA GRONDHERVORMING

Volgens Kaaronda het meer as 80% van alle hervestigingsplase in die hande van mense beland wat nie daarvoor gekwalifiseer het nie, omdat hulle nie voorheen of tans benadeel is nie.

“Net omdat jy swart is, beteken nie jy kwalifiseer daarvoor nie.”

Hy voer aan die meerderheid plase het in die hande van politieke elite, soos ministers of hul vriende, beland.

Dit mag so wees dat wit Namibiërs nie gunstig jeens nasionale vraagstukke gereageer het nie, sê hy. “Maar hoe sal jy voel as daar elke vyf jaar voor verkiesings na jou as hierdie wit mens verwys word, maar andersins is jy ’n oukei burger wat belasting betaal en aangaan met jou lewe?”

Op ’n vraag of ’n Namibië moontlik is waar ras en stamverband nie saak maak nie, sê hy: “Dit is moontlik. Dit moet moontlik wees. Ons moet in staat wees om daarna te streef.”

Hy is etlike jaar gelede ontsetel as die sekretaris-generaal van die Nasionale Unie van Namibiese Werkers (NUNW) en is tans betrokke by die Namibia National Labour Organisation (Nanlo).

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.93 | EUR to NAD 20.5 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.97 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.21 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 207.21/OZ UP +0.75% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 443.40/T DOWN -0.53% | Brent Crude Oil US$ 87.13/BBP UP +0.86% | Platinum US$ 903.17/OZ UP +0.93% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.93 | EUR to NAD 20.5 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.97 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.21 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 207.21/OZ UP +0.75% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 443.40/T DOWN -0.53% | Brent Crude Oil US$ 87.13/BBP UP +0.86% | Platinum US$ 903.17/OZ UP +0.93%