Kaapstad-lughawe teen R7 miljard uitgebrei

08 February 2019 | Sakenuus
James de Villiers – Teen 2023 gaan die Kaapstadse Internasionale Lughawe spog met R7 miljard se opgraderings, wat ’n nuwe aanloopbaan en ontspanningsareas insluit.

Die konstruksiewerk begin vroeg in 2020 en sal vier jaar duur.

Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) het die planne in ’n voorlegging uiteengesit en verduidelik dat die nuwe projek noodsaaklik is weens die toenemende aanvraag vir die lughawe se dienste.

In die afgelope drie jaar het die aantal passasiers wat by dié lughawe aandoen met 9% gestyg tot 2,4 miljoen, ten spyte van die erge droogte wat die plaaslike toerismebedryf erg geraak het.

Acsa sê dat die nuwe aanloopbaan van 3 500 meter nie parallel met die huidige een sal loop nie, en groot genoeg sal wees om die wêreld se grootste passasiersvliegtuig, die Airbus A380, te kan akkommodeer.

Dié deel van die projek gaan sowat R3,9 miljard kos, maar sal ook die lughawe se terminusse in staat stel om in die toekoms te kan uitbrei in die rigting van die aanloopbane, wat meer vliegtuie by die lughawe sal kan akkommodeer.

Volgens Acsa is die hoogtepunt van die projek wel die R688 miljoen wat aan die uitbreiding van die binnelandse aankomssaal bestee sal word.

Die bagasie-saal sal beduidend uitgebrei word om bykomende bagasievervoerbande te akkommodeer, en die ontmoeting-en-groete-area sal hersaamgestel word.

Met die groei wat die lughawe beleef het, sê Acsa dat ook die internasionale terminaal binnekort sy volle kapasiteit sal bereik. ’n Tweede terminaal sal dus teen ’n koste van R2,8 miljard gebou word.

Deidre Davids, woordvoerder van Acsa, sê maatreëls sal in plek gestel word om te verseker dat passasiers nie verontrief word tydens die konstruksieprojek nie en dat vliegtuie ongehinderd sal kan land en opstyg soos gewoonlik.

“Terwyl ons ons bes doen om die ontwrigting en impak op passasiers te beperk, vra ons byvoorbaat dat die lughawe-gebruikers asseblief geduldig sal wees – enige ongemak wat ervaar word, sal uiteindelik die moeite werd wees,” sê sy.

In 2018 is daar met die Wes-Kaapse regering se Air Access-projek, in samewerking met die Kaapstad-metro en Acsa, drie nuwe lugdienste gevoeg tot die lughawe se dienste, en toegesien dat die bestaande lugdienste hul dienste kon uitbrei. Daar is nou vier nuwe bestemmings wat vanaf die lughawe bereik kan word.

Beverley Schäfer, Wes-Kaapse LUR vir ekonomiese geleenthede, sê dat hierdie lugdiens-uitbreiding nog R620 miljoen se toerismebesteding sal voeg tot die provinsiale toerismebedryf – ’n bedryf wat reeds 300 000 werksgeleenthede ondersteun. – Business Insider SA – Netwerk24

Soortgelyk

 

NSFAF sluit ooreenkoms met Bank Windhoek

4 ure gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) en Bank Windhoek het vandag ʼn ooreenkoms aangegaan vir ʼn nuwe stelsel waardeur geld aan kwalifiserende studente gestuur...

Chinees Dinsdag in hof ná werker se skietdood

4 ure gelede | Misdaad

Die man wat gister na bewering deur sy Chinese werknemer in die Andara-nedersetting doodgeskiet is, is as mnr. Andreas Hausiku (32) geïdentifiseer.Hausiku was ‘n inwoner...

Twintig jaar tronkstraf vir verkragter

5 ure gelede | Howe

‘n 34-jarige man van Otjiwarongo is gister 20 jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n minderjarige. Die dogter was...

Taking charge

16 ure gelede | Mense

Mariselle Stofberg Anthea van Heerden decided to take a leap of faith to start her own company in Windhoek.She is the managing director and...

Moontlike deurbraak

16 ure gelede | Misdaad

Denver KistingDie man wat gisteroggend weens Maandag se bloedbad op Arandis aangekeer is, het glo vir etlike ure geweier om met die polisie saam te...

Só staan sake in die Namibiese huis

16 ure gelede | Regering

Denver KistingPres. Hage Geingob het gistermiddag gesê sy boodskap van “welvaart vir almal” moenie verkeerd verstaan word nie.Volgens hom was die bedoeling nooit om oordaad...

Kabajani blossoms at GIPF

16 ure gelede | Mense

Michelline Nawatises Annette Likeleli Kabajani is a holder of a bachelor’s degree from the University of Namibia (Unam). She has also attained several management and...

Baking a name for herself!

16 ure gelede | Mense

Ester Kamati At the age of 28, Alma Tangi Nakanduungileh is climbing the entrepreneurial ladder and adding sweetness to her clients’ lives. A qualified...

A passion to unlock potential

16 ure gelede | Mense

Ester KamatiJustina Mulokoshi is a chartered accountant (CA) at PwC who has big dreams and is constantly on the lookout for new ways to improve...