Kaapse humor met 'n Namibiese kinkel
Die komediant Dalin Oliver was opgewonde om uit sy pandemiepakkie (pajamas) en weer op die Namibië Toerisme Ekspo (NTE) se verhoog te klim. Hy vier vanjaar sy tiende jaar in die komediebedryf, en hoewel 2020 verskeie onvoorsiene uitdagings ingehou het, sê hy dit is belangrik om nie vertroue in die mensdom te verloor nie.
Dalin sê die krag van humor moet nie onderskat word nie, veral in moeilike tye soos dié.
“Komedie help jou om van die wrede werklikheid te ontsnap, al is dit vir 'n kort rukkie. Hulle sê immers mos lag is die beste medisyne.”
Anders as van die ander kunstenaars wat dringend na die buurland moes terugkeer om ander verpligtinge na te kom, het Dalin die NTE-ervaring ten volle geniet, en sê hy het heerlik saam met sy vriende en medekomediante Mel Jones en Kurt Schoonraad gekuier, sowel as met die plaaslike ekspogangers.
“Die regte magic gebeur nie op die verhoog nie, maar eerder wanneer jy tussen die régte mense is,” vertel hy.
“Dit het my baie gehelp om die gehoor tydens Kurt en Mel se optredes dop te hou. Hulle reaksies is baie belangrik, want elke groep se humorsin verskil. Dít wat in die Kaap snaaks is, kan dalk hier as vervelig beskou word.”
Hy het vertel 'n komediant moet in voeling met die gehoor wees.
“Ek is mal daaroor om met die locals te gesels en my materiaal te bou rondom kwessies wat vir hulle én vir my relevant is.”
Volgens Dalin is komedie gegrond in identiteit.
Hy het net lof vir Namibiërs se gasvryheid. “Die kos was wonderlik, die drankies was wonderlik, die atmosfeer was fantasties en die mense was lekker,” het hy gesê.
“Welgedaan, Namibië!”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie