Kaap wil u2018dringendu2019 in hof vir krag veg
Kaap wil u2018dringendu2019 in hof vir krag veg

Kaap wil ‘dringend’ in hof vir krag veg

Malherbe Nienaber – Die Kaapstad-metro wil hê sy hofsaak teen die minister van energie en die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) oor die gebruik van onafhanklike kragverskaffers (IPP’s) moet as dringend aangehoor word.

Phindile Maxiti, burgemeesterskomiteelid vir energie en klimaatsverandering, het Dinsdag gesê die metro eis dat Kaapstad en ander munisipaliteite krag van IPP’s mag koop. Dié aansoek is by die hooggeregshof in Pretoria ingedien.

“Die metro veg vir sy reg om skoner krag regstreeks van dié verskaffers te koop,” sê Maxiti in ’n verklaring.

“Ons doen alles moontlik om weg te beweeg van ons afhanklikheid van Eskom as die enigste kragverskaffer en terselfdertyd om veerkragtiger en meer volhoubaar te word deur die gebruik van hernubare kragbronne en aardgas.”

Die metro vra dat ’n bepaling ingevolge art. 34 van die Wet op die Regulering van Elektrisiteit gemaak word, in pas met die nuwe regulasies oor kragopwekkingsvermoë, sodat 400 MW se hernubare krag van onafhanklike verskaffers gekoop kan word.

Volgens Maxiti sal die prys van die krag afhang van die tegnologie wat gebruik word en kan wind- en sonkrag van nuwe aanlegte onder 80c per kilowattuur kos.

“Dit is mededingend met die prys van steenkoolkrag, maar is steeds effens hoër as die gemiddelde kragkoste wat die huidige steenkoolkragstasies bied.”

Indien die metro krag van IPP’s kan aankoop, kan inwoners se kragkoste op lang termyn afgebring word omdat 65% van die huidige tariewe gebruik word om krag van Eskom te koop, voer die metro aan.

“Dit is nie net Kaapstad se stryd nie,” sê Maxiti.

“As metro moedig ons alle ander stede aan, as die land se groeienjins, om by ons aan te sluit en aktief deel te neem om die uitwerking van die kragtekort veral op ondernemings te versag. Ons as ’n stad en as ’n land kan eenvoudig nie die verwoesting van die ekonomie weens beurtkrag bekostig nie.”

Die metro sê hy samel bewyse in vir beplanning om teen 2050 koolstofneutraal te word deur die vrystelling van kweekhuisgasse te verminder.

Projekte om die metaangas van vullishope te verbrand om krag op te wek word ontwikkel en Kaapstad het ook ’n beleid en tariewe vir kragopwekking op kleinskaal ingestel.

Die metro het die aansoek al in Julie 2017 teen die minister van energie en Nersa ingedien.

Daar is toe berig dat Tina Joemat-Pettersson, voormalige minister van energie, kragtens wetgewing bepaal het dat slegs Eskom, of ’n entiteit wat deur die minister aangewys is, krag regstreeks van onafhanklike verskaffers mag koop.

Die metro het destyds gesê hy betwis dit dat ’n ministeriële bepaling nodig is voordat ’n IPP krag aan ’n munisipaliteit mag verkoop. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!