'Jy kan moraliteit nie reguleer'
'Jy kan moraliteit nie reguleer'

'Jy kan moraliteit nie reguleer'

Politici kan nie namens jongmense oor aborsie besluit nie, sê die adjunkminister.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Meer as die helfte van die sowat 7 000 miskrame wat vanjaar in gesondheidsgeriewe dwarsoor die land behandel is, is self teweeg gebring.

Volgens die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste, me. Juliet Kavetuna, word baie gevalle ook nie aangemeld nie.

“Hoeveel jong vroue kan nooit weer swanger raak as gevolg van 'n onbehandelde infeksie wat deur 'n ­onveilige aborsie veroorsaak is nie? Hoeveel pasiënte is daar met geestes­siektes of –afwykings wat veroorsaak is deur die sielkundige impak van aborsie?” het die adjunkminister tydens 'n paneelbespreking oor aborsie en babastorting by die Universiteit van Namibië (Unam) gevra.

Sy het 'n beroep op jongmense gedoen om te leef volgens die beginsel “niks vir jou sonder jou nie”.

“Moenie hierdie belangrike kwessie vir ons as politici los om oor te praat en namens julle te besluit nie. Meer as 85% van ons is lankal verby ons tyd om kinders te hê,” het sy gesê.

“Doen julself 'n guns en begin 'n nasionale debat oor hierdie aktuele onderwerp. Lei ons as jul verteenwoordigers in wat vir julle die beste is. Moenie wag om 'n statistiek te word nie, staan op vir wat joune is.”

Volgens Kavetuna is aborsie 'n persoonlike keuse en iets wat ­intensiewe debat regverdig.

Met verwysing na babastorting het sy gesê hoewel sy empatie met hierdie ma's het, moet enigiemand wat hulself hieraan skuldig maak, vervolg en gestraf word.

“As daar enige aanduiding is van 'n geestesongesteldheid maak die reg voorsiening vir evaluering en ­rehabilitasie.”

Volgens Kavetuna is aanneming nie 'n alternatief vir aborsie nie.

“Dit bly die vrou se keuse of sy haar kind vir aanneming wil opgee of nie. Statistieke wys baie min vroue wat geboorte skenk, kies om hul babas op te gee.”

Aborsie is 'n veilige mediese ­prosedure, met 88% van vroue wêreldwyd wat die prosedure in hul eerste ­trimester ondergaan.

“Die risiko van ernstige komplikasies met mediese aborsies is minder as 0,5%. Dit beïnvloed nie 'n vrou se gesondheid of toekomstige vermoë om swanger te raak of geboorte te skenk nie.”

Volgens Kavetuna het slegs 8% van vroue wat aborsies ondergaan nie voorbehoedmiddels gebruik nie. Dit is meer te wyte aan “individuele nalatigheid” as die beskikbaarheid van aborsie, het sy gesê.

“Die vermoë van 'n vrou om beheer oor haar liggaam te hê, is kritiek tot burgerregte. Neem haar keuse oor voortplanting weg en jy is op 'n glybaan. As die regering 'n vrou kan dwing om met 'n swangerskap voort te gaan, wat 'n vrou dwing om voor­behoeding te gebruik of om ­sterilisasie te ondergaan?”

Kavetuna het voorts gesê belastingbetalers se geld stel arm vroue in staat om toegang tot dieselfde mediese dienste as ryk vroue te hê.

“Vir dié wat daarteen is, is die plek om dit te wys die verkiesingslokaal.”

Sy het voorts verwys na die menseregtekomitee wat nog nie kon ooreenkom of aborsie 'n mensereg is of nie.

“Aborsie druis direk in teen die algemeen aanvaarde idee dat lewe heilig is. Geen beskaafde samelewing laat 'n mens toe om bewustelik die lewe van 'n ander sonder straf te neem nie. Aborsie is nie anders as dit nie.”

Kavetuna het gemaan aborsie moenie as 'n vorm van voorbehoeding gebruik word nie.

“Vroue wat op totale beheer oor hul liggaam aandring, moet besef beheer sluit ook die voorkoming van die risiko van 'n ongewenste swangerskap in - hetsy deur die verantwoordelike gebruik van voorbehoedmiddels of onthouding,” het sy gesê.

Volgens haar is diegene wat aborsies kies, dikwels minderjarig of jong vroue wat nie genoeg lewenservaring het om die volle impak van hul besluit te verstaan nie.

Aartsbiskop Miriam Omonigbehin het die land gemaan om na God terug te keer.

“Maak nie saak wat jou kleur, geloof of ekonomiese status is nie, ons sal 'n oplossing vir jou en jou baba vind. Kom ons staan saam en keer die storting van onskuldige bloed,” het sy gesê.

Me. Eileen Rakow, van die ombudsman se kantoor, het gesê om aborsie te wettig, gaan die probleem nie oplos nie.

“Jy kan nie moraliteit reguleer nie. Daar is 'n behoefte om holisties na die voor- en nadele van die proses te kyk, maar dit bly 'n persoonlike besluit.”

Volgens me. Yvonne Dausab van die Namibiese regshervormings- en ontwikkelingskommissie los die reg nie alle probleme op nie.

Sy het voorts gesê babastorting en aborsie weerspieël 'n samelewing se maatskaplike en sielkundige land­skap.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.84 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.94 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.94 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 219.03/OZ UP +1.29% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.06% | Zinc US$ 2 451.00/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 87.59/BBP UP +1.39% | Platinum US$ 907.28/OZ UP +1.39% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.84 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.94 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.94 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 219.03/OZ UP +1.29% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.06% | Zinc US$ 2 451.00/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 87.59/BBP UP +1.39% | Platinum US$ 907.28/OZ UP +1.39%