‘Jy hoef nie atleet te wees’
Oopwaterswem
Andrew Poolman – Michael Gaweseb van Windhoek het aan homself bewys dat hy die uitdaging te bowe kan kom wat 1.9 kilometer se swem in rowwe seewater inhou.
Gaweseb erken openlik dat hy op 44-jarige leeftyd geen besondere geskiedenis van atletiese prestasie het nie, maar dat hy kan getuig dat as jy ’n doelwit stel en vasberade daaraan bly werk, jy dit wel kan bereik.
By die Pupkewitz Jetty Myl swembyeenkoms op Swakopmund net voor Nuwejaar was Gaweseb heel laaste van die 143 swemmers wat die volle afstand voltooi het.
Dit het hom een uur 29 minute 54 sekondes geneem – ’n volle halfuur stadiger as die swemmer in die 142ste posisie, maar hy het het vasgebyt om sy tempo te handhaaf en klaar te maak.
Hy het hom geensins van stryk laat bring deur die gebeure voor hom, waar die mans- en vrouewenners Phillip Seidler en Amica de Jager onderskeidelik ná 20 minute en 22:27 die eindstreep bereik het nie.
Die hele vrouegroep van 44 swemmers het afsonderlik weggespring, tien minute ná die mans, en een vir een het almal by hom verbygeseil.
Hy vertel: “Dit was die eerste keer dat ek ’n swembyeenkoms in seewater aangepak het. Ek het eintlik ’n tyd tevore begin swem net om gesond te bly. In Oktober het ek in die media van die Jetty Myl gelees en het besluit om in te skryf,” vertel hy.
“Ek was vooraf bietjie onseker hoe die rowwe see my sou hanteer, maar ek was seker dat ek vir twee-en-’n-half ure sou kon swem as dit nodig sou wees. Ek het geweet ek kan ’n uur aaneen in die swembad swem. Ek het vryslag geswem, al was ek ook daarvan bewus dat ek laasjaar in ’n stadium skouerpyn ondervind het.
“Ek sal sonder twyfel weer vir die volgende Jetty Myl inskryf. Ek het my liggaam gedruk, maar ek voel dat ek selfs nog ’n ekstra kilometer sou kon geswem het. Ons was seker net omtrent agt swemmers wat nie lyfpakke gedra het nie.
“Dit was werklik ’n wonderlike ervaring en ek sal dit aanbeveel.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie