Juwele soos klei in Hendri se hande

10 November 2005 | Kollig
\nDIE 24-jarige Hendri Heyman van Windhoek is pas aangewys as \'n volwaardige goudsmit en is nou voltyds werksaam onder Ewald Gann van Gold Ideas.
\nWat sy kwalifikasie indrukwekkend maak, is die feit dat Hendri sy studies as juweelontwerper en vervaardiger in twee en \'n half jaar voltooi instede van die vier jaar wat dit normaalweg neem. \"Dit het \'n paar slapelose nagte gekos,\" sê Hendri, \"maar dit was tog aan die einde van die dag die moeite werd!\"
\nHendri het, nadat hy sy skoolloopbaan aan die Hoër Tegniese Skool voltooi het, na Johannesburg getrek om sy horison te verbreed. Dit is juis hier waar sy belangstelling in \'n loopbaan as goudsmit posgevat het. \"Dit het eintlik gevoel asof ek in die beroep ingeval het!\"
\nHoewel sy ywer ná \'n paar maande gekwyn het en hy sy studies daar opgeskop het, het hy met sy terugkoms in Windhoek onmiddellik geweet dat dit werklik is wat hy wil doen. Toe neem die bekende goudsmit Ewald Gann hom onder sy vlerk.
\n\"Ek geniet hierdie werk vreeslik. Jy kry regtig uitstekende geleenthede om jou skeppende energie te laat vloei en daar is elke dag iets nuut wat jy kan aanpak.
\n\"Dit is vreeslik interessant om met jou hande te werk,\" vertel Hendri.
\nIn teenstelling met die werk wat hy in Suid-Afrika gedoen het - hoofsaaklik massaproduksie van meer as 20 van dieselfde item - kry hy nou die geleentheid om met individuele stukke te werk.
\n\"Ek is mal daaroor om met groot stene te werk en is dit lekker om te weet dat Ewald my toelaat om kreatief te wees as wat ek wil.\"\n

Soortgelyk

 

Hardap-sluise nóg groter getrek

16 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Die Hardapdam se sluise is om 10:30 nóg groter oopgetrek sodat dit nou 300 m³ water per sekonde uitlaat – ‘n aanpassing...

La Niña skop dalk nóú in

16 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl die weerkantoor ‘n weerwaak vir vandag vir wydverspreide donderbuie oor die westelike helfte van die binneland uitgereik het, meen ‘n weerkenner...

Selfdegeslaghuwelike ly neerlaag … vir nou

16 ure gelede | Howe

Jana-Mari Smith – Drie hoërhofregters het hulle gister sterk ten gunste van die wetlike erkenning van selfdegeslaghuwelike in Namibië uitgespreek, maar het nietemin die aansoeke...

Elisenheimrivier sleep motors weg

16 ure gelede | Weer

Augetto Graig – Die Elisenheimrivier het Woensdagaand motorvoertuie saamgesleep toe dit verby die Farmers Kitchen restaurant by Gastefarm Elisenheim oorstroom het. Me. Rentia van der...

Hardap loop gou vol

16 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Die Hardapdam sou na verwagting laat gisteraand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sou oopgetrek moes word....

kykNET se ‘Wat Dit Vat’: Hier’s die kunstenaars

16 ure gelede | Byvoegsels

Dit was pret, dit was plesier en dit was ’n malligheid op note. Toe die briljante musikant en musiekvervaardiger Loki Rothman gesê het hy gaan...

Fees van klassieke musiek ten bate van kanker

16 ure gelede | Byvoegsels

Een van die mees begaafde pianiste in Namibië, Johann van der Merwe, bied môre (22 Januarie) 'n uitvoering aan om geld in te samel om...

Working with high standards of technology

16 ure gelede | Mense

Wetumwene Shikage Not expecting to find a smooth and easy way of work, Romario Arnat describes his working experience as an eye-opener as to how...

Taking steady growing curves

16 ure gelede | Mense

Wetumwene Shikage Timothy Olivier’s passion and dedication has been a key driver in his success not only within Old Mutual, but throughout his...